Die Rally-Raid Dagboek

3 Episodes
Subscribe

By: Izaac Beytell & Stompie Mynhardt

Die Rally-Raid Dagboek is ’n weeklikse potgooi wat toegewy is aan rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt – twee passievolle manne wat self diep in die sport leef. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, terwyl Stompie ’n boer en ervare renjaer is met jare se eerstehandse stof, sweet en adrenalien agter die stuur.Saam het hulle Die Rally-Raid Dagboek gestig om ’n platform te skep waar die regte mense kan praat: die ryers, spanne, ondersteuners en legends wat rally-raid so ’n unieke en rou sport maak. Deur hul aangrypende stories, wedr...

Buks Carolin (Deel 2 van 2)
#2
Today at 4:00 AM

In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons verder met die sesmalige Nasionale Kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika, Buks Carolin. Hy deel onder meer:

Die “oorlog” tussen die spesiale voertuie en die fabriekspanne.Die uitdagings van navigasie in die era voor GPS.Sy gunsteling wedrenne en die “Groot Een” wat hy nooit kon wen nie.Sy oorgang as navigator en die belofte aan sy goeie vriend, die wyle Abdul Variawa.Sy ervaring as navigator vir Neil Woolridge tydens die 1998 Paris-Granada-Dakar.Sy indrukke van vandag se voertuie en bestuurders.’n Interessante storie van ’n motor wat...


Buks Carolin (Deel 1 van 2)
#1
05/18/2026

In hierdie episode van Die Rally-Raid Dagboek gesels ons met Buks (Bruce) Carolin, 6-malige nasionale kampioen en een van die legendes van rally-raid in Suid-Afrika.

Begin sy loopbaan in 1983 as navigator saam met Kenny Skjoldhammer.3 Nasionale kampioenskappe as bestuurder (1989, 1990, 1991).3 Nasionale kampioenskappe as navigator (1994, 2000, 2004).Wedren oorwinnings in beide enkel sitplek en dubbel sitplek voertuie.In 1998 deelgeneem aan die Parys-Granada-Dakar Rally as navigator vir Neil Woolridge in ‘n Mitsubishi Pajero.


Die Rally-Raid Dagboek - Voorskou
05/17/2026

Welkom by Die Rally-Raid Dagboek – ’n weeklikse potgooi oor rally-raid in Suid-Afrika en die res van die wêreld.

Aangebied deur Izaac Beytell en Stompie Mynhardt, twee passievolle aanhangers van hierdie besonderse sport. Izaac is ’n aktuaris en deeltydse joernalis, en Stompie ’n boer en ervare renjaer en navigator.

Saam bring ons elke week nuwe en interessante stories en gebeure uit die rally-raid wêreld – van stof, adrenalien en eerstehandse wedren-ervarings tot die mense wat die sport werklik besonders maak.

Geskiedenis, avontuur en rou passie. As rally-raid in jou bloed is, is hierdie jou nuwe gun...