Rapport Praat Sport

40 Episodes
Subscribe

By: Netwerk24 Klankgolwe

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.

Heyneke: ‘SA Beker selfs sterker as Curriebeker’
Today at 10:03 AM

Heyneke Meyer sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die herlewing by die SWD-Arende.

Die span het net-net kwalifikasie vir die Curriebeker-Premierliga misgeloop, maar hulself uitstekend van hul taak gekwyt in vanjaar se SA Beker-reeks.

Meyer sê daar loop ’n paar toekomstige Springbokke in die SWD rond.

Hy reken ook die gehalte van vanjaar se reeks was skitterend – “dalk selfs sterker as die Curriebeker”.

Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport


Gunsie vir die bure? Aikôna, Griekwas onthou hoe Vrystaat hul byt
05/06/2026

Die Cheetahs moet g’n gunste van Griekwas verwag wanneer dié spanne mekaar Vrydagaand in Bloemfontein in die laaste ronde van SA Beker-ligawedstryde pak nie.

Die Poubloues sal maar al te goed onthou hoe die Vrystaters hulle gebyt het in die raadsale voor vanjaar se toernooi.

Die Vrystaat moet Vrydagaand wen om hul deelname in vanjaar se Curriebeker-Premierliga te bevestig.

In dié week se Rapport Praat Sport praat ons oor die verreikende gevolge as die Cheetahs nie kwalifiseer nie.

Ons gesels ook oor Jan Serfontein se skokuittrede uit rugby, en die Junior Spri...


Lappies oor suksevolle Ludeke: ‘Hy lei van voor en het kultuur in Japan geskep’
04/29/2026

Die losvoorspeler Lappies Labuschagné, wat al Japan in toetsrugby aangevoer het, sluit hom vandeesweek by ‘Rapport Praat Sport’ aan om oor sy uittrede en lang loopbaan te gesels. Sport | Rapport


Francke Horn: ‘Swaar lesse van laas jaar pantser Leeus vir sukses’
04/22/2026

Die Leeus speel skitterende rugby in vanjaar se Verenigde Rugbykampioenskap, en het nou vyf wedstryde agtereenvolgens gewen.

Die span is in die vierde plek op die punteleer en met drie wedstryde oor, wink die uitklopfase. Francke Horn, die Leeus se agtsteman en kaptein, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogseisoen te gesels.

“Ons groep is nou al ’n hele paar jaar saam en die samehorigheid is goed, ons weet wat elke ander ou op die veld gaan doen. Ons was al saam deur groot laagtepunte verlede jaar en hierdie jaar...


Francois van Coke: ‘Ek is nou verslaaf aan hardloop’
04/15/2026

Rugby, krieket, boks … die rockster Francois van Coke was nog altyd lief vir sport, maar nou is hardloop een van sy grootste stokperdjies.

Van Coke het pas sy tweede Twee Oseane-ultramarathon voltooi, in ’n tyd van 5 uur en 49 minute.

Hy sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy hardloop-reis en sy liefde vir sport.

Van Coke was in sy o. 13-jaar die WP se Cravenweek-skrumskakel, en het ook vyf jaar gelede die voormalige Springbok-losskakel Derick Hougaard in ’n boksgeveg geklop.

“Ek spot altyd dat dit naas my kinders se g...


Faul: ‘SA20 selfs gewilder as sekere Protea-wedstryde’
04/08/2026

Die week sluit een van die land se beste sportadministrateurs, Jacques Faul, hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die sakekant van sport. 
Faul, die Titans se uitvoerende hoof, sê daar is deesdae soveel opsies vir sportaanhangers dat sekere reekse en toernooie erg sukkel om aandag te trek. 
Faul verklap ook dat SA20-wedstryde by SuperSport-park in Januarie beter bygewoon is as die Proteas se T20-kragmeting daar met die Wes-Indiese Eilande. 
Hy gesels ook oor Krieket Suid-Afrika se nuwe lys van nasionaal gekontrakteerde spelers.
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboods...


Stellenberg skud 2 reuse: ‘Ons koop nie, ons ontwikkel’
04/01/2026

Die Hoërskool Stellenberg word nie as ’n tradisionele rugbyskool gesien nie, maar het vanjaar reeds twee reuse neergevel: Paarl Gimnasium en Grey Kollege.

Dié skool se sporthoof, Andras Molnar, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor hul sukses te gesels.

Hy vertel onder meer dat die skool ’n voltydse sportsielkundige in diens het.

• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport


Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’
03/25/2026

Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan.
Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het. Sport | Rapport


JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg?
03/18/2026

Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon.
Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste wedstryd in die Sesnasies-reeks, en die Blitsbokke se sukses in New York. 
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur ’n stemboodskap na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport


Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres?
03/11/2026

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke daaruit neem met die oog op die komende Nasiesbeker-toernooi? Rapport se rugbyskrywers Hendrik Cronjé en Albert Heenop gesels met Marizanne Kok. Sport | Rapport


Griekwas-afrigter: Ons wil beste SA span buite VRK wees
03/04/2026

Pieter Bergh, Griekwas se hoofafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan voor die SA Beker die naweek begin. Sport | Rapport


Proteas gaan nie ‘choke’ nie
02/25/2026

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie. Sport | Rapport


Sesnasies-sukses: Italië het geen prima donnas in span, sê Goosen
02/18/2026

Marius Goosen, wat jare lank ’n hulpafrigter van Italië se nasionale rugbyspan was, sluit hom vandeesweek uit Japan by Rapport Praat Sport aan. Hy vertel waarom die Azzurri se Sesnasies-sukses nie vir hom so ’n groot verrassing is nie. Sport | Rapport


Protea-drama: Skare in stadion spring op en af oor foutbal
02/11/2026

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vandeesweek uit Indië by Rapport Praat Sport aan waar hy Suid-Afrika se senutergende T20-Wêreldbeker-sege oor Afganistan regstreeks beleef het. Sport | Rapport


Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde
02/04/2026

Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal. Sport | Rapport


Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’
01/28/2026

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld.

Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak en waarom Handré Pollard nie nét ’n skopmasjien is nie.

De Bruin gesels ook oor alles wat hy by sy pa, Swys, geleer het.

• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rappo


Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’
01/21/2026

In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê.

Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir ’n toekomstige All Black-rol.

Oberholzer gesels ook oor die Greatest Rivalry-reeks wat voorlê, Suid-Afrika se deelname in Europa en talle ander Springbok-onderwerpe.

• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport


2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê
12/10/2025

In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie.
Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek sekere fokusareas wat uitstaan. Sport | Rapport


Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd
12/03/2025

Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . .
Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie.
Daarna raak dinge egter rof . . .
Dié week in Rapport Praat Sport speel ons die Wêreldbeker op papier. Hendrik Cronjé sê ook Eben Etzebeth is beskikbaar om dié naweek vir die Haaie te speel.
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 sodat ons dit in die volgende episo


Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’
11/26/2025

Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld.
Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die Springbokke se oorheersing in die rugbywêreld.
Delport, voormalige Bok-vleuel en -heelagter, praat oor Suid-Afrika se skrumoorheersing en die toets teen Wallis wat voorlê. Hy woon deesdae in Engeland en tree gereeld op as rugbykommentator in wedstryde in die Verenigde Rugbykampioenskap.
• Ons wil baie graa...


Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’
11/19/2025

Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel.
“Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit.
Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager, oor Jan-Hendrik Wessels se skorsing en oor die algehele stand van sake in die blaserswêreld.
Hy is ook keelvol vir die talle “berade” wat die skeidsregter, sy assistente en die TV-blaser op die veld het wanneer beslissings gemaak word.
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur...


Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’
11/12/2025

Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith.
Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê.
Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n paar Italiaanse spelers wat die Bokke Saterdag probleme kan besorg. 
Hy lug ook sy mening oor Lood de Jager se omstrede rooi kaart . . .
• Ons wil baie graag van...


Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’
11/05/2025

Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter. 
Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne. 
“Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer. 
Hy is egter besig om innoverende planne te beraam.
Meyer gesels ook oor die Bokke se groot toets teen Frankryk Saterdag, en lug sy mening oor Suid-Afrika se losskakel-rykdom.
• Ons wil...


Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’
10/29/2025

Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend. 
Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het.
Die Bokke pak Saterdag weer Japan in Engeland.
Alberts sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om daaroor te gesels en ook terug te kyk oor sy loopbaan van twee dekades.
• Ons wil baie graag van jou hoor. Stuur stemboodskappe na...


Willie honger vir nóg Bok-rugby...
10/22/2025

Al is hy in die winter van sy loopbaan, het die Springbok-heelagter Willie le Roux steeds ’n groot honger om vir sy land uit te draf. Sport | Rapport


Bullet 2.0: ‘Dit vat ’n ware man of vrou om te sê jy’s nie oukei nie’
10/15/2025

Die voormalige Springbok-haker James Dalton praat oor sy boksgeveg teen Ollie le Roux in Bloemfontein, sy nuwe lewe ná drank en waarom hy die bynaam Bullet het.  Sport | Rapport


Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . .
10/08/2025

Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap.
Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het elkeen van ons se topdrielys vir die beste Bok van die reeks gehaal. Kan jy raai wie dit is?
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sp


Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’
10/01/2025

Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu.
Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas.
“Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik swak punte nie. Ons het op die oomblik drie van die wêreld se beste losskakels in die groep – laat staan nog net Suid-Afrika,” sê Botha.
Hy praat ook oor Libbok se verbeterde stelskopwerk en deel ’n paar staaltjies uit sy speeldae.
• Ons wil baie graag van jou ho...


Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue
09/24/2025

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland.
“Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin.
As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gesels oor die Curriebeker-eindstryd van die afgelope naweek. Hy deel ook sy mening oor die Springbokke in aanloop tot Saterdag se groot toets teen Argentinië.
• O...


Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’
09/17/2025

Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels.
“Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek nie, die ouens was nie lus nie,” sê dié oudslot.
Dit het egter alles verander toe Fabien Galthié as hoofafrigter oorgeneem het. Willemse gesels ook oor sy interessante grootwordjare, sy tyd saam met die Junior Springbok-span wat die Wêreldtoernooi in 2012 gewen het en hoe hy gevoel het tydens die...


Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’
09/10/2025

Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland.
“Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet. 
Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaanse blasers op die grootste verhoog is.
Ons bespreek ook die agterlyn wat Rassie Erasmus vir Saterdag se tweede toets in Wellington gekies het. 
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons i...


Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’
09/03/2025

Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud
“Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe.
Hy gesels ook oor die Springbokke se toets teen die All Blacks Saterdag op Eden Park – ’n veld waar hy self 12 jaar gelede teen Nieu-Seeland uitgedraf het. Hy praat ook o...


‘Dricus het Khamzat jellie-bene gegee’
08/27/2025

Niel Geyser, Dricus du Plessis se grond-en-greepwerk-ghoeroe, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan en verduidelik in diepte wat in Stillknocks se geveg met Khamzat Chimaev gebeur het.“Khamzat het die kompetisie gewen, maar hy het nie die geveg gewen nie,” sê Geyser.Hy verklap ook Dricus se denkrigting rondom sy toekomsplanne.In dié week se episode gesels ons ook oor die Springbokke se sege oor die Wallabies, die All Blacks se nederlaag teen Argentinië en Asenathi Ntlabakanye se positiewe toets vir die gebruik van ’n verbode middel.Ons het ook ’n stemnota van die 75-jarige Pex van Greunen ontvang...


Gesoek: Meer Rassie-rugby, minder Tony-rugby
08/20/2025

Dié week sluit Jody Hendricks hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se vernederende nederlaag teen die Wallabies die afgelope Saterdag op Ellispark.
“Dit is die grootste Bok-skok sedert die Japan-wedstryd in 2015,” sê Jody.
Ons praat oor alles wat verkeed geloop het: Die lynstane, afbreekpunte en die Bokke se versuim om ná hul groot voorsprong, terug te keer na tradisionele Bok-rugby. Ons glo wel sake sal dié naweek veel beter verloop.
• Ons wil baie graag van jou hoor! Stuur stemboodskappe na 076 878 1787 wat ons in die volgende episode kan speel. Sport | Rapport


Wat is mense se probleem met Manie?
08/13/2025

’n Reusesportnaweek lê vir Suid-Afrikaanse ondersteuners voor: Die Bokke pak die Wallabies, die Proteas sê die Aussies die stryd aan en Sondagoggend baklei Dricus du Plessis teen Khamzat Chimaev.
In vandeesweek se Rapport Praat Sport gesels ons daaroor en hoor ook wat sê Dewald Brevis van sy spogbeurt teen die Aussies.
Du Plessis praat ook oor sy groot geveg.
Hy sê hy weet hy kan sterf in die agthoek.
“En dit sal my glad nie pla nie. As dít die laaste ding is wat ek doen, sal dit ongelooflik wees. Ek sien nog nie ’n lewe ná dié...


Boishaai-breier: ‘Ons Bomb Squad gee deurslag in derby’
08/06/2025

Met 10 minute se speeltyd oor was Boishaai Saterdag met 12 punte agter teen Paarl Gimnasium. Maar toe kom hulle met ’n reuse-terugvegpoging vorendag en wen met 35-33.
Sean Erasmus, Boishaai se breier, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy span se spogsege te gesels.
Hy sê hy was maar effens gespanne met 10 minute se speeltyd oor, maar het heeltyd geweet sy span kan die knoop deurhak.
Erasmus vertel hoe hy vanjaar sy span se diepte bestuur het met ’n slim Bomb Squad-plan. Hy deel ook insigte oor hoe hulle by Boishaai te werk gaan om te verse...


Biduur en bier in Boland: Kavaliers-baas verklap CB-planne
07/30/2025

By die Boland-Kavaliers kan jy nou ’n jaar se voorraad bier of hoender wen. Jy kan ook ’n geloofsdiens by wedstryde op Sondae bywoon.
Dié week op Rapport Praat Sport sluit Quintin van Rooyen, die uitvoerende hoof van die Boland-Kavaliers, hom by ons aan om te gesels oor al dié unie se innoverende planne.
“Ons wil die mense van die Boland trots maak,” sê Van Rooyen.
Die Kavaliers lyk nie net weg van die speelveld goed nie, maar ook tussen die vier wit lyne. Hulle het die Vrystaat-Cheetahs Sondag in ’n dramatiese kragmeting met ’n drie in die 88ste minuu...


Johan Ackermann: ‘Bulle se sukses maak dié pos ’n taai toffie’
07/23/2025

Die vorige keer wat Johan Ackermann ’n groot Suid-Afrikaanse rugbyspan afgerig het, het hy ’n sukkelende Leeus-span terug op die wenpad gekry.
Nou wag ’n ander tipe uitdaging op hom. Die Bulle het in drie van die vorige vier VRK-eindstryde gespeel, en het enorme spelersdiepte. Ackermann, wat verlede week as die Ligbloues se nuwe breier aangestel is, sê in dié week se episode van Rapport Praat Sport sy nuwe pos is daarom uiters uitdagend.
Ackermann praat ook oor die Junior Bokke se sukses in Italië, en vertel oor die keer wat hy ’n paar koelbokse vol verversings in die Leeus s...


Die brein agter Rassie se middelveld-lynstane: PRG se DeWet Marais
07/16/2025

DeWet Marais, tweedespan-afrigter van Paul Roos Gimnasium, kon sy oë nie glo toe hy Saterdag sien die Springbokke doen ’n beweging wat hy en sy mede-afrigter Erhardt Muth vroeër vanjaar vir skolerugby uitgedink het nie.
DeWet, ’n voormalige SA Skole-afrigter, sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan en vertel hoe hy en Erhardt dié beweging een aand by ’n voorseisoense kamp in Hermanus uitgedink het.
Dit is vir hom ’n groot voorreg dat die Springbokke ook nou dié beweging gebruik.
“Rassie (Erasmus, Bok-breier) het die hek oopgemaak vir skoleafrigters om ook innoverend te probeer wees,” sê hy.


Franco Smith: ‘Dis ’n voorreg om in Bul-gesprek genoem te word’
07/09/2025

Franco Smith sluit hom dié week op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy loopbaan, die sukses wat hy by die Glasgow Warriors behaal het, en die moontlikheid dat hy by Jake White kan oorneem as afrigter van die Bulle.
“Ek is nog onder kontrak in Skotland, maar daar is baie uitdagings in Skotse rugby tans. Dit is ’n voorreg om in die gesprek genoem te word (as kandidaat vir Bulle-breier) en ons sal sien hoe speel sake uit,” sê Smith.
Hy werp meer lig op die uitdagings by die Warriors, en gesels ook oor Italiaanse rugby na...