Radioteater
Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.
SEESKULP deur Marius de Bruyn
Seeskulp ondersoek ’n onverwagse vriendskap en die geheime wat mense van mekaar weerhou. Die gedruis van die see, alledaagse klanke, musiek en stilte skep ’n luisterwêreld waarin werklikheid en verbeelding inmekaarvloei. Dit is ’n verhaal oor broosheid, aanvaarding en wat gebeur wanneer ons werklik na mekaar luister. Eleanor, ’n letterkundedosent met ’n terminale breingewas, ontmoet Jonathan, ’n eksentrieke jong student, wat ’n roman skryf. ’n Komplekse vriendskap ontwikkel. Hy vertel haar van sy boek, en sy maak oop oor haar onsekere toekoms. Dan rig Eleanor ’n vreemde versoek aan Jonathan wat albei se lewe ingrypend verander... Die regisseur is Luan Jacobs. Die sp...
Stinkhout deur Philip Rademeyer (Deel 2)
Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op dié lappie familiegrond gebeur het. Dit is ‘n storie oor ‘n pa en seun wat sukkel om mekaar te vind terwyl hulle bestek opneem van hulle verlede. Die regisseur is Joanie Combrink. Di...
Stinkhout deur Philip Rademeyer (Deel 1)
Wat gebeur wanneer ’n terugkeer huis toe jou weer met die verlede konfronteer? Ná sy broer se dood, keer Louw terug na die kleinhoewe van sy kinderjare, waar hy met sy pa Gert herenig word. Ou wonde word oopgekrap soos hulle die waarheid probeer vermy deur mekaar te toets, te blameer en te beledig. Maar die waarheid bruis binne ‘n enorme witstinkhoutboom, ‘n dekadeslange getuie van alles wat op dié lappie familiegrond gebeur het. Dit is ‘n storie oor ‘n pa en seun wat sukkel om mekaar te vind terwyl hulle bestek opneem van hulle verlede. Die regisseur is Joanie Combr...
PIETER SE PA deur Niel Steenkamp
Herman is in sy skik dat sy dogter met Pieter wil trou. Sy vrou twyfel egter oor Pieter se herkoms. Wanneer sy met foto’s van meisies uit Herman se jong dae te voorskyn kom, moet hy vinnig verduidelik dat al daardie romantiese afsprake op fiasko’s uitgeloop het. Die regisseur is Thomas van Niekerk, en die rolverdeling sluit in Dirk Stolz, Esther van Waltsleben, Mila Guy, Chloe van Rooyen, Ane Fourie, Estelle Grobler en De Klerk Oelofse.
TUIMELDUIF deur Morné Malan
'n Tweeling broer en suster van Mosselbaai word ná jare herenig om hulle ma se sewentigste verjaardag te vier. Saam word die Van Rensburgs gekonfronteer deur nuwe familie-uitdagings soos progressiewe Alzheimer se siekte, ou verwyte wat weer kop uitsteek en onverwerkte verlies wat hulle dwing om moeilike waarhede in die oë te kyk. Die verhaal is 'n herontdekking van die krag van vergifnis en aanvaarding, en wat dit beteken om mekaar regtig nodig te hê. Die regisseur is Amor Tredoux. Die rolverdeling sluit in Jacques Bessenger, Karli Heine, Johan Nel, Joanie Combrink en Zenobia Kloppers. TUIMELDUIF is ‘n merietepryswenner van die 2...
JOSHLIN – MEER AS ’N NAAM deur Herschelle Benjamin
Vir die radio verwerk deur Henriëtta Gryffenberg. ’n Ma word, gekonfronteer met die verdwyning van haar elfjarige seun tydens ‘n hofsaak wat in die kollektiewe gewete aangehoor word. In hierdie vreemde hofsaal van openbare mening en oordeel is daar ’n groep kinders wat soos ’n spookagtige koor uit ’n tussenwêreld die verrigtinge bywoon. Joshlin se opspraakwekkende verhaal dreig egter om die verrigtinge te ontspoor, want almal wil steeds weet wat van Joshlin geword het. Die regisseur is Johan Rademan. Die stemme van Zenobia Kloppers, Kay Smith, Miche van Wyk, Dean Balie en Denver Vraagom kan gehoor word. Nuwe stemme uit d...
LIESBET deur Leon van Nierop
Liesbet (die naam van ‘n lokomotief waarin Koningin Elizabeth volgens oorlewering ook gery het en die fluit getrek het) word van vergange se dae teruggebring, wanneer ‘n ou stoker, Absolom, deur ‘n hotelgroep aangesê word om ‘n lokomotief te restoureer, en toeriste gereeld na ‘n stasie te vervoer waar ‘n hotel pas gebou is. Hy ontmoet ‘n skoolseun, Gieljan, wat disleksies is, en wat saam met hom gaan ry. Dié twee het ‘n lewensveranderende invloed op mekaar. Die spelers is Deon Lotz, Rico Immelman en Ria Smit. Leon van Nierop het die regie behartig.
DIE POTPLANT deur Karli Heine
‘n Klompie verwaarloosde plante in ’n kantoor is ongelukkig met hulle omstandighede. Hulle besef hulle kom al hoe nader daaraan om te vrek, en probeer onmiddellik planne beraam om te oorleef. Met ’n paar verwikkelinge en struikelblokke, soos Ontvangs se haarsproei, wonder hulle oor ’n paar goed: Wie is nou eintlik die vyand - Vismot, die grommige-gogga wat aan alles knaag, óf die ledematiges wat in die kantoor werk en klaarblyklik nie na hulle omsien nie. En die belangrikste - Is die gras werklik groener aan die ander kant? Die spelers is Joanie Combrink, Karli Heine, Lochner de Kock, Marion Holm en E...
AMADEUS deur sir Peter Shaffer (Vertaal en verwerk deur Nerina Ferreira)
Antonio Salieri is die afgetrede hofkomponis van die keiser Josef II, maar nou sit hy in sy blyplek in Wene en besluit om iets te bely... Hy vertel van sy eerste ontmoeting met 'n ander komponis, Wolfgang Amadeus Mozart. Mozart was 'n wonderkind en van jongs in aanvraag regoor Europa. Salierie, daarenteen, was 'n bra gemiddelde komponis en die tweestryd tussen hom en Mozart is iets wat nou nog by hom spook. Net voor sy finale belydenis speel die werklikheid hier reg voor hom af... André Rossouw vertolk Salieri, en die gevierde verhoogregisseur, Marthinus Basson, Mozart. Ander spelers is S...
FRANK & GLADYS deur Tom Stoppard (vertaal deur Roy Niemann)
Frank skakel die telefoondiens wat die korrekte tyd aandui, maar herken dadelik die vrouestem aan die ander kant van die lyn. Dis sy oorlede vrou, Gladys! Hy besluit om die gebou wat hierdie diens lewer, binne te vaar, en te eis dat die owerhede sy vrou vrylaat. Die spelers is Lourens Cillié, Leona Rich, Dawie Ackerman, Trudie du Plessis, Louw Verwey, Kitty Albertyn, Amanda Muller, Paul Malherbe, Limpie Basson, Christine Liebenberg, Johan Rademan en Roy Niemann. Margot Luyt het die regie behartig.
EEN, TWEE, DRIE, BLOK MYSELF deur Karen Wessels
Wanneer ’n aantreklike vreemdeling, Walter, opdaag en haar wêreld stadig begin ontwrig, word dit duidelik dat alles nie pluis is nie. Soos Monika se werklikheid begin verbrokkel, word die jy meegesleur in ’n spanningsvolle onthulling van verborge geheime, skuldgevoel, en ’n verlede wat weier om begrawe te bly. Die drama word gedra deur intense dialoog, atmosferiese klankontwerp en musiek wat as emosionele leitmotief dien. Die rolverdeling sluit sterk karakteruitbeeldings in deur Amanda Strydom, Pierre Breytenbach, Natasja Jacobs, Pietie Beyers, Zane Meas en Jakkie Groenewald. Elke karakter is ’n draer van hulle eie pyn, geheime en morele grys areas. Dis ’n rou en ee...
HARTSAKE deur Joe Kleinhans
In die wêreld van sepies en skyn, is daar soms net een storie wat te na aan die hart lê. Wanneer ’n akteur, wat ’n dokter in ’n sepie speel, in die hospitaal beland, vervaag die grense tussen fiksie en werklikheid. HARTSAKE is ’n moderne tragedie wat diep delf in die psige van liefde, verlies en die stille brutaliteit van alledaagse verhoudings. Met Robbie Wessels, Renske Jacobs, Kaz McFadden, Imarie Oberholzer, Antowan Nothling en Elzabé Zietsman. Luan Jacobs is die regisseur.
SLANG IN DIE GRAS deur Chris Madjiet
Slang en sy groepie helpers tel kosbaarhede by die asgate op om te verkoop. Hulle stel veral belang in koper en aluminium. Hulle was almal in die tronk, en lede van die tronkbendes. Die hiërargie op die asgate is duidelik: Slang sê… en die res moet luister. En daar is min genade vir dislojaliteit. Die spelers is Chris Madjiedt, Charlton George, Marlo Minnaar, Rayston Stoffels en André Samuels.
GROETE VAN TANT MARTJIE deur Paula Hartzenberg
Martjie en Bruwer Groenewald (Rika Sennett en Anton Dekker) het nie 'n maklike lewe agter die rug nie. Daar is 'n leemte in Martjie se bestaan, wat sy hoop om uiteindelik te kan vul. Sy weet egter dit sal nie maklik wees nie. Haar man doen alles in sy vermoë om die hartseer wat sy nog altyd in haar ronddra, uiteindelik te verlig. Dit sluit in om Thomas Smit (Sean Brebnor) om te haal om haar op hulle plaas te besoek - oënskynlik om geldelike hulp by haar te kry. Thomas het 'n bevoorregte lewe gely. Hy is geheg aa...
‘N ONVERWAGSE KRISMISBOKS deur Christo Davids
Margie, ’n toegewyde verpleegster by Tygerberg Hospital, werk lang en uitputtende skofte om haar twee kinders, Zelda en Zak, te onderhou nadat haar man, Henry, haar jare tevore verlaat het. Zelda raak swanger ná ’n verhouding met George, ’n getroude man, wat druk op haar plaas. Zak word gearresteer vir die aanranding van ’n vrou aan wie hy dwelms verkoop het. In ’n ironiese wending word Henry, Zak se afwesige pa, sy prokureur wat intussen deur sy tweede huwelik is, en nou alleen is. Hierdie omstandighede dwing die gesin om weer bymekaar te kom oor Kersfees, waar ou wonde, skuld en mo...
BLOED VAN MY deur JJ Roberts
Meyer is Simeon se ouer broer. 18 Maande tevore is hulle ouers in ’n motorongeluk dood, en Meyer moes sy studies staak en as Simeon se voog optree terwyl hy sy laaste twee jaar op skool voltooi. Simeon worstel met ’n skuldgevoel omdat hy ná ’n partytjie gearresteer is en sy ouers hom by die polisiestasie moes gaan haal, maar onderweg daarheen het hulle verongeluk. Dit lei tot allerlei probleme tussen die twee broers, totdat hulle openlik oor hulle ouers se dood praat en hulle verhouding herstel word. Die spelers is Casper Lourens, Wiandré du Plessis, Claudia Jones, Rico Immelman en Blyde Sc...
KALAHARI STERRE deur Adam Willemse
Drie vriende en hulle jong bestuurder vertrek op ‘n reis na die dorpie Askam. Dit blyk nie net ‘n gewone reis te wees nie, maar ook ‘n ontdekkingsreis, ‘n reis na self, na identiteit en aanvaarding. Boeta, Benji, Lulu en Paul bied ʼn vertoning aan, wat dit waag om die ander sy van menswees uit te beeld vir ʼn konserwatiewe landelike gehoor. Ten spyte van veral Boeta en Paul se kommer, is die vertoning ʼn reuse sukses, en is daar ook sprake van vergifnis en herstel van ʼn onseker verhouding tussen Boeta en sy weerbarstige pa, Ruben. Die spelers is Dean Balie, André Samuels, Wessel Pretor...
SUIKERBEK deur Ingrid Penzhorn
Carolien is ’n mediese student wat finansieel noustrop trek. ’n Medestudent, Saskia, vertel haar hoe sy maklik geld kan verdien deur ’n gesellin vir ’n welgestelde man te wees. Aanvanklik is sy baie bang, maar heel gou geniet sy Chris Claassen se geselskap en wat sy saam met hom beleef. Totdat sy ’n besope prof. Albertyn op ’n partytjie raakloop, en hy hom onbetaamlik gedra. Nadat sy afgestudeer is, sien sy en Josua in die koerant dat die professor van sy amp onthef is en dat die Gesondheidsberoepsraad begin ondersoek instel het na klagtes van vroulike pasiënte van dekades gelede. Toe J...
GEBAKTE PERE deur Karin du Toit
Marnus se eerste dag op universiteit kon nie met ’n groter skok begin het nie. Emma daag ná maande se stilswye skielik by die woonstelblok waarin hy sal tuisgaan op met die nuus dat hy die pa van ’n kind is. Sy laat die baba in die drie woonstelmaats se sorg, en sê sy het die fopspeen in haar motor vergeet. Sy kies die hasepad. Vyf dae lank het die drie probeer huishou met klein Peertjie, en uiteindelik bel Adriaan sy tante Magda om te vertel van Marnus se gebakte pere. Magda kom haal die kind, en vier jaar later by die...
DIE HERBERGIER deur Esta Steyn
Die herbergier van Betlehem wat vir Maria en Josef skuilplek gegee het en saam met sy gesin die geboorte van Jesus meegemaak het, woon in Jerusalem by sy oudste seun toe Jesus 33 jaar later gekruisig word. Hulle word gekonfronteer met die onvermydelike van sy teregstelling, maar ook met konflik in der midde as hulle jongste seun saam met die tempelwag optrek om Jesus gevange te neem. Die regisseur is Helena Hugo met Cobus Visser, Gigi Strydom, Martin Jansen, Bertha le Roux-Wahl, Eswé Bruwer en Anrich Herbst in die rolverdeling.
MEEU-RUS deur Jana Nortier
Stefan, Dawid de Kock se buite-egtelike kind, erf die familieplaas ná sy afsterwe. Elna en Hein, Dawid se kinders uit sy huwelik, betwis die testament, en roep die hulp in van Landi Arendse. Landi het egter ‘n geheim van haar eie. Die spelers is Ryno Hattingh, Kim Cloete, De Waal Stemmet, Stephanie Baartman, Christine Voorendyk en Francois van Rensburg. Die regisseurs is Christelle Webb-Joubert en Juanita de Villiers. Die drama is derde plek-wenner in die 2025 RSG Radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV.
'N WONDERWERK VIR KERSFEES deur Riana Scheepers
Die “wonderwerk” in hierdie drama is gebasseer op 'n werklike gebeurtenis. Dit het regtig so gebeur dat tannie Bettie Nysschen, 'n bekende en geliefde figuur van buite Wildernis, haar huisdeur se sleutel gebruik het om haar bakkie oop te sluit en weg te ry nadat haar huis aan die brand geslaan het. (Egter nie tydens Kersfees nie.) Die res van die gebeure en karakters is fiktief. Tannie Sara is ’n weduwee, Sy bedryf ‘n padwinkel wat groente, vrugte, tuisgemaakte produkte, melk en eiers verkoop. Wilhelm, haar seun, help haar op die plot. Sy ideaal is om eendag sy ma te onder...
PENDORING (EDMS) BEPERK deur Ampie van Straten
Die eksentrieke kopieskrywer, Gert Klopper se passie, Afrikaans, wat hy liefderik as sy “meisie” beskryf, bots met konvensionele taalreëls. Sarie, ’n jong vrou wat by Gert kom werk, is geboei deur sy ongekunstelde, avontuurlike taalgebruik, en sy sjarmante uitlatings oor sy taalliefde én haar gemmerkoekies!. Hulle humoristiese en hartlike verhouding is die hooffokus van die verhaal. Die rolverdeling is Katinka Heyns, Matthys du Toit, Arno Kotze, Martie Lee, Paul Eloff, Francois Nel, Hennie Oosthuizen, Will Bernard, Francois de Bruin, Willie Pretorius, en Allewyn Lee. Roelf Jacobs het die regie behartig. Die klankbaan is opgeneem met ‘n lewendige orkes onder leiding va...
MISVERSTAND deur Anene Loots
Elna probeer haar wankelrige huwelik red deur vir haar man, Bert, ‘n verrassingspartytjie te reël om sy 60ste te vier. Bert raak agterdogtig, en kom tot sy eie gevolgtrekkings... Die spelers is Joanie Combrinck, Albert Maritz, Nic de Jager en Ané Fourie. Thomas van Niekerk debuteer as regisseur.
VLUGVOOS deur Ronel Mostert
Die weduwee Cumi was maar vir enkele maande met André getroud voor sy hom dood op die sitkamervloer aangetref het. Hulle het mekaar in Viëtnam ontmoet waar sy op vakansie was, en is ná ‘n blitsromanse getroud. Skielik is daar verskeie geheime wat nou op die lappe kom, soos dat haar oorlede man ‘n broer en ‘n ouma het waarvan sy nie geweet het nie. Hulle was ook nie van haar bestaan bewus nie. Sy weet ook nie eintlik wat André vir ‘n lewe gedoen het nie... En nou is sy die hoofverdagte in die moord. Wat het André weggesteek, e...
VERMIS, OPHELIA deur Maria Vos
Nella kuier op ’n klein kusdorp om haar ouers te help intrek, maar nadat sy met die uitpakslag ’n klompie glase breek, besluit haar ma sy wat Nella is moet eerder die plaaslike kerkbasaar se reëlings oorneem. Dié eenvoudige guns ontaard in ’n besonder stresvolle geleentheid toe ’n boer met die verkeerde soort skenking opdaag, en die buurdorp se oorbedrywige polisiesersant die kleinvee aan die stert beetkry. Met Lizelle Pike, Pietie Beyers, Elzette Maarschalk, Hannes Brümmer, Nana Stapelberg en DeWaal Stemmet. Juanita de Villiers het die regie behartig.
EINDFLUITJIE deur Albert Short
Waar was jy tydens die 1995 Rugby Wêreldbeker-eindstryd? Onthou jy nog Stransky se skepskop? Regisseur Johan Rademan was saam met Heinrich Marnitz 30 jaar gelede in die kommentaarspan, en al die aksie en drama word verweef in Albert Short se radioteater, EINDFLUITJIE. ‘n Seun wie se droom om eendag die groen-en-goud te dra, het nie kaartjies vir die eindstryd nie, maar beland langs die Ellispark-rugbystadion waar hy wonderwerke beleef en ‘n liefde ontdek in ondernemende geselskap. Die drie skoliere word vertolk deur Stefan Vermaak, Jane de Wet en Eloff Snyman. Wilhelm van der Walt, Roeline Daneel en Deon Lotz verteenwoordig die ouer...
DESEMBERSTERRE deur Helena Hugo
Die lewe van bekende sepiesterre prikkel die verbeelding van Jan Alleman. Voorblaaie vertel die stories van hulle lewe agter die kameras. Deesdae neem sterre die storie in hulle eie hande, en deel dit op sosiale media. Dit vertel steeds net geselekteerde en soms gepoetste weergawes van wat die sterre en die vervaardigers met ons wil deel. DESEMBERSTERRE bied ‘n humoristiese kyk op die regte lewe van ‘n paar sepiesterre, en ons leer meer oor hulle persoonlike en professionele uitdagings. Die spelers is Lizelle Pike, Dihan Keun, Botha Enslin, Mia-Anne O’Kennedy, Sean Brebnor en Rian Terblanche. Estel de Beer het die re...
DAAR LEEF MENSE DAAR deur Athol Fugard
Die drama speel af in ‘n vervalle losieshuis in Johannesburg. Millie, die middeljarige eienaar van die losieshuis, wat afgesonder en onvergenoegd voel, probeer tevergeefs die aandag van ‘n lang verlore kennis trek. Sy beraam planne om vir die buitewêreld te wys dat haar lewe en haar huis nog ‘n plek is waar mense kan leef. Die loseerders word opgekommandeer om haar met hierdie planne by te staan. Don is ‘n filosoof van aard, wat sy intellektuele vermoë laat geld deur gedurig Millie se geestestoestand te ontleed. Shorty, ‘n ongeskoolde posbode, loseer saam met sy vrou, Sissy, by Millie. Op die vooraand...
TWEE GRAFGRAWERS EN ‘N MELKHOUT deur Jaco Versveld
Bruce en Brendan grawe saam grafte. Albei om verskillende redes. Bruce spaar vir ‘n operasie sodat sy siek kind weer kan loop. Brendan dien gemeenskapsdiens uit vir bedrog. Of só sê hy... Wanneer Brendan skielik agterdogtige vrae begin vra oor die begraafplaas en hoe dinge daar werk, begin Bruce wonder of daar meer as net ‘n kis en ‘n kluit by Brendan se belangstelling betrokke is. Die drama is die wenner van die merieteprys in die 2024 RSG-radiodramaskryfkompetisie in samewerking met die ATKV. Die spelers is Phillru van Achterbergh, Mortimer Williams, Kevin Smith, Francois Stemmet en Izette Blignaut. Die regisseur is Renske J
GENADE, PROFESSOOR! deur Nico Luwes
Die Rachmaninoff-liefhebbende professor Weiss is peinsend besig met die taak om sy geliefde musiekdepartement te probeer red. Met die soeke na oplossings word dit baie duidelik dat nie alles in sy departement se kluis pluis is nie: kontant-kaartjieverkope by konserte verdwyn spoorloos. Dit word sy en sy kollega, mev. Schimper, se taak om die raaisel op te los, maar daar is ‘n moontlikheid dat hulle twee dalk meer as net romantiese vonke met mekaar deel. So word ons heldin, mej. Stamper, ook in die misterieuse sage ingetrek. Sy is die lojale sekretaresse van prof. Weiss, maar kan sy haarself neutraal ho...
‘N STASIE IN DIE NIET deur Chris Barnard
Chris Barnard het hierdie radiodrama in 1970 geskryf. ’n Man se huwelik is op die rotse. Hy knoop ‘n verhouding aan met ‘n veel jonger vrou. Dit speel af in ‘n hotel langs die see, met deurlopende terugflitse. Die trein word ingespan as leitmotief en bindende metafoor. Die akteurs in hierdie “herverbeelde” radiodrama is: Anrich Herbst, Karli Heine en Neels van Jaarsveld. Frieda van den Heever het die regie behartig.
DIE BESOEKER deur Herman Cronjé
‘n Dertienjarige meisie is dood in ’n tref-en-trap-ongeluk in die jare 90. Die ongeluk het naby Truida en Karel Conradie se huis plaasgevind. Die twee moet iets van die ongeluk weet, want Karel neem sy eie lewe, en Truida word jare later gediagnoseer met ’n erge geestessiekte. Marko, hulle seun, vind die waarheid uit wanneer hy en ’n vriend ‘n toegeboude agterdeur in die kombuis ontdek. Hierdie deur laat hom teruggaan in tyd, en so vind hy uit hoekom sy pa sy eie lewe geneem het, en waarom sy ma opeindig in Neurobergh, die psigiatriese hospitaal op die dorp. En ook wie verant...
DIE DAMHUIS deur Reinet en Dirk Nagtegaal
Wat deesdae die Damhuis-restaurant op Melkbosstrand aan die Weskus is, was nagenoeg 240 jaar gelede deel van die plaasopstal van ene kaptein Christiaan Brand. Toe die kaptein, sy vrou Gesina, en twee slawe, Kassien April en ’n jong vrou genaamd Mali, n die laat 1700’s daar aangekom het, was daar niks. Net melkbosse. Hulle het jare lank aan ’n woonhuis en ’n visskuur gebou waarin die Brands soutvis gedroog het – net soos wat daar vandag nog aan die Weskus bokkoms gemaak word. Die verhaal strek oor etlike dekades – van Christiaan en Gesina se troudag, tot ver verby hulle afsterwe. Dit speel af teen die...
DIE LAASTE ONTSNAPPING deur Stefaans Coetzee en Annerle Barnard
Lupin, ʼn gewese restauranteienaar (65), hou die rekord vir die meeste ontsnappings uit Suid-Afrikaanse tronke. Hy wil nie in die tronk sterf nie, maar is te oud om te ontsnap. Hy vra vir Roux Steyn, die antiheld van Sel 6, om hom dood te steek. Roux weier – hy is immers ‘n bendelid en dwelmsmous, nie ’n moordenaar nie. Hy besluit om eerder vir Lupin te help ontsnap. Maar, gevangenes kan tot twee jaar af kry as hulle ‘n ontsnapping rapporteer. Sal Lupin daarin slaag om te ontsnap, of sal Roux sy vriend doodsteek? Die spelers is André Odendaal, JJ Roberts, Phillru van Achterberg, Donoven Pi...
BROODLYN deur Hein Poole
As kind het Franklyn die besluit gemaak om nooit weer onder die broodlyn te lewe nie. Hy sal self bepaal waar die broodlyn lê. Maar regverdig die doel altyd die middele? As enkelouer het hy altyd sy seuns eerste geplaas, maar dié twee het hulle eie agendas. Hoe gemaak as jou gesag skielik bevraagteken word, jou naastes jou verraai, en dit lyk asof jy nie eers op jou eie geheue kan staatmaak nie? Hierdie vrae maal in Franklyn se kop... Die spelers is André Samuels, Hein Poole, Angelo Bergh, Ingrid Vraagom, Lee Roodt en Karli Heine. Die regie is behartig deu...
HOSPITAALSAAL IN BLOEM deur Albert Maritz
Die drama speel af in ‘n psigiatriese saal van ‘n hospitaal, waar ‘n klompie dienspligtiges tydens die apartheidsjare hulle bevind. Die jong mans se ervaring van die grensoorlog en die posttraumatiese stres wat dit tot gevolg gehad het, word belig. Sommiges was recces, 32 bataljon geharde soldate, en sommiges wou graag grens toe gaan, maar is medies ongeskik verklaar. Die drama bevat volwasse inhoud en taalgebruik wat sensitiewe luisteraars kan ontstel. Die spelers is Viljee Maritz, Wessel Pretorius, Pieter van Zyl, Carel Nel, André Terblanche, Pedro Camara en Tanja Franzen. Die regisseur is Joanie Combrink.
ROOI PAPAWER deur SD Fourie
Thea en haar suster Anna se verhouding is problematies. Thea verstaan nie hoekom Anna oorbeskermend teenoor haar optree nie, en sy kom in opstand daarteen. Sy glo Anna het haar te jonk in ‘n huwelik ingedwing. Thea ervaar trauma en sy beland in ‘n senukliniek. Om haar te help herstel, neem Anna haar Ciprus toe vir ‘n vakansie. Daar ontmoet sy iemand wat uiteindelik verstaan hoe sy voel. Sy sien ook wat volgens die Griekse mitologie die geboorteplek van Afrodite, godin van skoonheid en liefde, is. Sy het nog altyd gevoel asof sy ‘n spirituele band met Afrodite het. Wanneer sy vier...
MY JAPAN deur Schalk Schoombie
Op 11 Maart 2011 het ʼn verwoestende tsoenami Japan getref. ʼn Onderwyseres wat Engels in Japan gee, Angelique Naudé, het die ramp eerstehands meegemaak. Sy het haar ervarings en indrukke met die bekende joernalis, Schalk Schoombie, gedeel. Schalk het dit in ʼn pryswennende jeugdrama verwerk, en toe as radiodrama. Die verwoestende gebeure word deur verskeie karakters se oë uitgebeeld. Die spelers is Donna-Lee Roberts, Rolanda Marais, Melt Sieberhagen, Stefan Vermaak, Christine Voorendyk en Ursula Vorster. Die regisseur is Leon van Nierop.
AS KLUISE KON PRAAT deur Marion Erskine
Die verhaal is losweg gebaseer op die 1977 Krugersdorp-bankroof, wat tot vandag toe nog nie opgelos is nie. Vier mynwerkers besluit hulle gaan die grootste bankroof in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uitvoer. Hulle beplanning was so fyn dat geen spoor agtergelaat is nie - net ‘n paar rooi gesigte en vier Elvis-maskers. Charlie Bouguenon, Karen Wessels, Kaz McFadden, Estelle Grobler, Kevin Smith, Christopher van der Westhuizen en Hannes Brümmer is te hoor in hierdie raaiselagtige drama. Leon van Nierop is die regisseur.