Middagvervolgverhaal

40 Episodes
Subscribe

By: RSG

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

✂️ Turn this podcast into clips
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 8
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 8 episode artwork
Today at 12:45 PM

Lienkie, ‘n voormalige kelnerin by die restaurant, Suikerbossie, daag by die vulstasie op waar Jorrie diens doen, en wys hom op ‘n paar foute. Jorrie spring in en besluit om restourasie vir Lienkie te doen.


KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 7
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 7 episode artwork
Last Friday at 12:45 PM

Daar is ‘n groot partytjie in Schoemanskloof, en almal, insluitend Neels en Klara, daag op. Hulle trek baie aandag. Ironies genoeg is die partytjie die oorsaak dat hulle opnuut hulle gevoelens vir mekaar besef, en agterkom dat hulle by die dag meer van mekaar hou.


KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 6
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 6 episode artwork
Last Thursday at 12:45 PM

Elzebet waarsku Klara teen Xander wat skielik verdwyn het. Hulle vermoed dat hy met skelmsstreke besig is. Klare doen navorsing oor hom op die internet en kry ‘n paar skokke.


KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 5
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 5 episode artwork
Last Wednesday at 12:45 PM

Elzebet se huis word verbreek, en sy vat dit maar sleg. Dit was haar ouers se trots, met ‘n paar versteekte geheime. Xander verras Klara in die kloof, en dit lyk of hulle gevoelens vir mekaar begin kry.


KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 4
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 4 episode artwork
Last Tuesday at 12:45 PM

Neels verduidelik hoe hy dit regkry om koffie in die vallei te kweek en nuwe boompies te bestel om aan te plant. Hy bots trompop met die verwaande Xander, terwyl hy aan sy nuwe koffieplek beplan.


KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 3
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 3 episode artwork
09/21/2026

Elzebet neem afskei van haar huis waarvan die mure nou uitgebreek gaan word. Xander sorg dat hy indruk maak in die vallei, maar dit is nie noodwendig positief nie. Hy ontstig die hele gemeenskap.


KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 2
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 2 episode artwork
09/18/2026

’n Vreemdeling, Xander, daag op ’n motorfiets in die kloof op, en krap die hele wêreld om. Neels, die koffieboer, en Xander op sy motorfiets, ontmoet in ‘n ou fabriek, en die vonke spat. Xander raak deeglik bewus van Klara.


KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 1
KLOOFKIND deur Leon van Nierop – Episode 1 episode artwork
09/17/2026

Die pad in Schoemanskloof in Mpumalanga word verbreed om die verkeer meer geredelik te laat vloei. Dít raak ’n restaurant in ’n geskiedkundige huis nadelig. Die pad sal nou te naby die eienares, Elzebet Coetzee, se eiendom wees. Die dubbelpad bring dus baie verandering in lewens wat stagneer het, en verskeie mense raak ontwortel.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot)
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 60 (slot) episode artwork
09/16/2026

Rachel neem afskeid van Sannie, en Pieter en vertrek na Port Elizabeth. Frans eindig op by Giel se Gat en begin weer drink. Klets ontvang 'n brief van die SAUK na aanleiding van haar inskrywing vir die Sewende Laan cameo-rol kompetisie.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 59
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 59 episode artwork
09/15/2026

Pieter weier om na Sannie te luister toe sy hom vra om nie voort te gaan met sy storie dat hy vir Moolman geskiet het nie. Frans gaan vir sy werksonderhoud. Gerda en Klets kry goeie nuus van Louw Visagie oor die moordklag teen Rachel.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 58
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 58 episode artwork
09/14/2026

Pieter gaan vra raad by die pastoor oor wat hy moet doen oor Moolman se skietery. Rachel besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum. Klets is woedend toe sy hoor Pieter het pastoor vertel dat hy vir Moolman geskiet het. Sannie besluit om huis toe te gaan, en verras vir Pieter en Rachel.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 57
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 57 episode artwork
09/11/2026

Gerda gaan haal vir Rachel by die polisieselle en probeer haar gerusstel. Frans besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum. Klets is bekommerd dat Pieter vir Louw die waarheid sal vertel oor Moolman se dood.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 56
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 56 episode artwork
09/10/2026

Klets besoek vir Sannie by die rehabilitasiesentrum om uit te vind of sy gaan terugkom nadat Rachel vir Moolman geskiet het. Frans en pastoor woon Rachel se eerste verhoor by, waar sy borgtog kry. Pieter wil nie hê Rachel moet namens hom die skuld dra vir Moolman se dood nie.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 55
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 55 episode artwork
09/09/2026

Moolman is woedend vir Rachel nadat sy die kliënt, vir wie sy 'n private dans moes doen, met sy drankie in die gesig gooi. Rachel vlug toe Moolman haar wil aanval, en daag by die karavaan op terwyl Pieter gereed maak om kerk toe te gaan. Klets hoor 'n rewolwerskoot in die agterplaas…


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 54
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 54 episode artwork
09/08/2026

Louw bring Frans se rewolwer terug, en beloof hy sal 'n ogie oor Rachel hou. Klets skaf 'n stel tweerigtingradios aan, en laat Pieter een van die radios by hom dra vir veiligheid. Moolman reël dat Rachel 'n private dans vir een van sy belangrike kliënte doen.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 53
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 53 episode artwork
09/07/2026

Frans dreig vir Moolman, wat in reaksie vir Louw Visagie bel om hom te kom haal. Rachel het nie meer geld vir die hotelkamer waar sy en Pieter wegkruip nie, en besluit om terug te gaan na Moolman toe. Sannie vertel vir Frans sy wil vir alkoholverslawing-rehabilitasie gaan.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 52
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 52 episode artwork
09/04/2026

Klets merk dat Pieter nie die vorige aand in sy kamer geslaap het nie, en is bekommerd oor hom. Louw besoek vir Moolman by die nagklub om uit te vind of hy weet waar Rachel haar bevind.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 51
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 51 episode artwork
09/03/2026

Klets vertel vir Louw Visagie dat Moolman vir Rachel kom soek het. Frans is bekommerd oor Sannie wat al meer teruggetrokke raak, en is bang sy drink weer skelm. Rachel bel vir Pieter uit die bloute.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 50 episode artwork
09/02/2026

Klets en Sannie loop die akteur raak by die supermark, en Sannie nooi hom na Pieter se verjaarsdagpartytjie. Pieter vertel vir Frans dat Rachel by hom was en 'n blou oog het nadat Moolman haar geslaan het. Moolman daag onverwags op by Pieter se verjaardag en soek vir Rachel.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 49
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 49 episode artwork
09/01/2026

Moolman wil sy geld terughê ná die fiasko by die rampartytjie. Rachel daag in die middel van die nag by Pieter op met 'n blou oog nadat sy en Moolman rusie gehad het. Sannie besluit om terug te gaan.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 48 episode artwork
08/31/2026

Moolman wil hê Rachel moet gaan dans by 'n rampartytjie, maar sy weier. Frans besoek vir Sannie by die plek vir haweloses en smeek haar om huis toe te kom. Sannie aanvaar Gerda se aanbod om tydelik by haar te gaan woon.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 47
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 47 episode artwork
08/28/2026

Frans soek vir Sannie, en vind haar by Giel se Gat. Klets vra vir Gerda om te help om Sannie te vind. Gerda gaan soek vir Sannie, en vind haar by 'n plek vir haweloses. Sy probeer haar oortuig om huis toe te kom.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 46
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 46 episode artwork
08/27/2026

Frans is woedend vir Sannie wat skelm drink, en sluit haar in die karavaan toe. Pieter besoek Rachel by haar woonstel, en sy vra hom om haar nie weer te kontak nie. Klets dreig om die Welsyn te bel toe Frans en Sannie weer baklei.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 45
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 45 episode artwork
08/26/2026

Klets neem vir Pieter na Louw Visagie om hom te vertel van die geheimsinnige pakkie wat Rachel vir Moolman in Durban gaan aflewer. Louw keer Rachel voor by die lughawe en onderskep die pakkie.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 44
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 44 episode artwork
08/25/2026

Pieter doen aërobiese oefeninge saam met Klets, en kla dat sy besig is om sy lewe oor te neem. Frans besoek vir Moolman en vertel hom die polisie het kom navraag doen oor Nico se verdwyning. Rachel stem in om die pakkie vir Moolman in Durban saam met Natasja af te lewer.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 43
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 43 episode artwork
08/24/2026

Frans wys sy nuwe klere vir Sannie, en sy en Klets dink hy lyk meer soos 'n rugbyondersteuner as iemand wat werk soek. Moolman neem Rachel op 'n verrassingsuitstappie en maak haar 'n aanbod om meer geld te verdien as wat sy met die dansery by die nagklub verdien.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 42
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 42 episode artwork
08/21/2026

Pieter is geskok wanneer hy die tydrooster sien wat Klets vir hom uitgewerk het. Louw Visagie besoek Rachel by Moolman se nagklub om uit te vind wanneer laas sy vir Nico gesien het, en deel haar die nuus mee dat hulle Nico se lyk op 'n mynhoop gevind het.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 41
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 41 episode artwork
08/20/2026

Frans besluit hy gaan sy hare laat sny en vir hom klere koop, maar is geheimsinnig oor hoekom hy dit wil doen. Sannie konfronteer Klets omdat Klets kwansuis besig is om Pieter van Sannie te vervreem. Visagie lê besoek af by Frans om hom te ondervra oor Nico se verdwyning.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 40
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 40 episode artwork
08/19/2026

Blikkies se begrafnis word gehou, en Klets bly agter by Blikkies se graf. Frans is ontsteld as hy vir Sannie vang wat skelm drink. Klets besluit sy gaan voortaan Pieter se roetine vir hom reël.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 39
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 39 episode artwork
08/18/2026

Gerda ontmoet Rachel om met haar te gesels oor haar dansery by Moolman se nagklub. Klets is emosioneel oor Blikkies se begrafnis wat op hande is. Frans vra die pastoor om saam met hom na die nagklub te gaan waar Rachel dans, en is geskok as hy sy dogter voor almal sien ontklee.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 38
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 38 episode artwork
08/17/2026

Klets besluit sy gaan Blikkies se buitekamer vir Pieter inrig sodat hy daar kan bly. Pieter vertel vir Frans dat Nico spoorloos verdwyn het en dat sy ouers hom as vermis by die polisie gaan aangee het. Frans verras Sannie met 'n romantiese ete en alkohol-vrye sjampanje.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 37
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 37 episode artwork
08/14/2026

Klets gaan maak reëlings met pastoor Fredericks vir Blikkies se begrafnis. Gerda besoek Sannie en is geskok om haar in so 'n toestand te sien. Sannie gaan soek Frans op by Giel se Gat, en hulle herenig.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 36
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 36 episode artwork
08/13/2026

Klets wil by Sannie weet hoe sy pastoor Fredericks kan kontak om Blikkies se begrafnis te reël. Pieter daag by Rachel se woonstel op en vertel haar dat oom Blikkies oorlede is. Klets besluit om die vrou van die kostent te vra om met Sannie te kom praat omdat sy weer begin drink het.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 35
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 35 episode artwork
08/12/2026

Klets is histeries as sy verneem dat Blikkies die vorige aand oorlede is, en vra Sannie om haar hospitaal toe te vergesel. Louw is verbaas as hy hoor Blikkies se seun het vir Blikkies kom kuier by die hospitaal. Moolman neem Nico weer na die ou inryteater by die mynhoop, met ander planne.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 34
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 34 episode artwork
08/11/2026

Nico vra Pieter om verskoning oor die bakleiery met Dewald, en lei Pieter in 'n lokval om Moolman te ontmoet. Pieter betrap sy ma met 'n bottel wyn, en Sannie bieg sy het moed opgegee. Moolman besoek Blikkies by die hospitaal.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 33
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 33 episode artwork
08/10/2026

Louw lig Blikkies in dat Rachel blykbaar teruggetrek in die woonstel waar sy en Alet voorheen gewoon het. Klets verneem dat Blikkies 'n brief vir sy seun geskryf het, en besluit sy gaan sorg dat Blikkies en sy seun herenig. Pieter word aangerand by die skool deur Dewald.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 32
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 32 episode artwork
08/07/2026

Klets en Sannie kry amper 'n boete wanneer hulle die tweedehandse klere by die taxihalte gaan verkoop. Blikkies gee vir Louw 'n brief om aan Blikkies se seun te gee waarin hy vergifnis vra. Klets verneem by Blikkies dat die dokters hom minder as 'n maand gegee het om te leef.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 31
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 31 episode artwork
08/06/2026

Klets kom met 'n plan vorendag om Sannie te help om haar huur betaal. Pieter laat glip aan Sannie dat hy vir Blikkies bloed sien hoes het. Moolman vra Nico om sy oë en ore te wees, en uit te vind wat die polisie soek.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 30
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 30 episode artwork
08/05/2026

Sannie konfronteer Blikkies oor hoekom hy sy vriend Louw Visagie in die polisie genader het. Visagie lê besoek af by Frans en vra hom uit oor die selfone wat hy by die Nigeriër gekoop het. Blikkies bieg teenoor Pieter dat hy bloed hoes en vra hom om nie vir Klets te vertel nie.


AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 29
AGTERPLAAS deur Charles J. Fourie - Episode 29 episode artwork
08/04/2026

Sannie bieg teenoor Pieter dat sy bekommerd is oor Frans, en vra Pieter om 'n kombers vir Frans te vat. Klets vertel vir Sannie dat speurder Louw Visagie by Blikkies kom kuier het. Sy dink dit het iets te make met Frans. Louw maak kontak met Pieter, en vra hom uit oor die selfone.