God se Woord VARS vir jou Vandag

10 Episodes
Subscribe

By: Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet

JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord...

Watter Soort Buurman is Jy?
#2608
Today at 1:00 AM

Deuteronomium 22:1,2 Jy mag jou nie blind hou wanneer jy 'n verdwaalde bees of skaap van jou volksgenoot sien nie. Jy moet dit na hom toe terugvat. As hy nie naby jou bly nie of as jy hom nie ken nie, moet jy die dier na jou huis toe vat, en dit moet daar bly tot hy dit kom soek. Dan moet jy dit vir hom teruggee. 

Bure het 'n snaakse manier om jou geduld te beproef. Of dit nou 'n blaffende hond, boomwortels onder die heining, sigaretrook of 'n grensgeskil is, om 'n goeie buurman t...


God se Tydsberekening is Perfek
#2607
Yesterday at 1:00 AM

Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie. 

Ek moet ‘n bekentenis maak: ek was nie altyd so in my noppies oor God se tydsberekening nie. Daar was te veel kere wat my lyding te lank aangehou het. En eerlikwaar, daar was te veel kere wat Hy sy seëninge ook te lank teruggehou het! Wat van jou?

Ek het 'n jong vriend wie se v...


Wie is Jesus? Episode 2
Last Tuesday at 1:00 AM

Een van die dinge wat ek regtig haat, is wanneer mense vir my preek. Jesus het baie gepreek, maar dit was heeltemal anders. Dit was opreg en diep. Dit het mense geraak. Hoekom?

Support the show

Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY


Die Wêreld se Grootste Ponzi Skema
#2606
Last Tuesday at 1:00 AM

Johannes 8:44 Julle is kinders van die duiwel; hy is julle vader, en julle wil doen wat julle vader wil hê julle moet doen. Hy was van die begin af 'n moordenaar. En hy staan nie aan die kant van die waarheid nie, omdat daar geen waarheid in hom is nie. Wanneer hy leuentaal praat, is dit volgens sy aard, want hy is 'n leuenaar en die vader van die leuen. 

'n Man met die naam van Bernie Madoff, 'n voormalige voorsitter van die Nasdaq-aandelebeurs, kan spog met die bedryf van die grootste Ponzi-skema in die ge...


Die Eenvoudige Krag van Liefde
#2605
Last Monday at 1:00 AM

Romeine 13:8-10 Betaal alles wat julle verskuldig is, maar die een rekening wat julle altyd verskuldig sal bly, is om mekaar lief te hê. As jy jou naaste liefhet, vervul jy die wet. Want elke verbod, dié teen egbreuk, teen moord, teen diefstal, teen verkeerde begeertes – en watter ander een daar ook mag wees – word opgesom in hierdie een groot opdrag: “Jy moet jou medemens net so liefhê soos jouself.” Die liefde doen niemand kwaad aan nie. Daarom voldoen die liefde aan al God se vereistes. (NLV) 

Is daar ‘n oplossing vir al die nare goed in die wê...


Hoe Behandel Jy Jou Personeel?
#2604
Last Sunday at 1:00 AM

Kolossense 4:1 Base, behandel julle werkers regverdig en eerlik. Julle besef natuurlik dat julle ook ’n Baas in die hemel het. (DB) 

Enigiemand wat al ooit in 'n leiersposisie was, sal weet dat dit nie maklik is nie. Mense voldoen dikwels nie aan jou verwagtinge nie. En jy raak soms geneig om krities te raak.

Nee, my maat, om 'n leier te wees, is nie maklik nie. Soos Steve Jobs, die stigter van Apple, eenkeer gesê het, moenie 'n leier word as jy almal tevrede wil stel nie. Gaan verkoop dan maar eerder roomys!


Onthou Jou Beloning
#2603
Last Saturday at 1:00 AM

Kolossense 3:23,24 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. Weet dat die Here julle met ’n erfdeel sal beloon. Die Eienaar vir wie julle werk, is Christus! (NLV) 

Dit kan jou vir ‘n kort rukkie laat goed voel wanneer jy ander mense beïndruk. As jy jou baas beïndruk, kan jy dalk 'n verhoging, en of, 'n bevordering kry. Maar daar is iets baie belangriker, iets baie groter hier op die spel.

Ons het gister in Kolossense 3 gesien dat daar 'n fyn balans bestaan...


Probeer Jy Steeds Mense Beïndruk?
#2602
Last Friday at 1:00 AM

Kolossense 3:23 Pak alles gemotiveerd aan. Werk soos vir die Here en nie soos vir mense nie. (NLV) 

Dit maak nie saak hoe nederig ons dink ons al geword het nie, daar is altyd 'n versoeking wat iewers diep binne-in skuil, wat vir ons vertel hoe wonderlik dit sal wees, as ons ander mense kan beïndruk.

Die oomblik as ons aan onsself dink as nederig - ek is nederig! – is ons allesbehalwe nederig. Dit laat my altyd stilletjies lag kry vir myself. Wanneer ons in nederigheid groei; ervaar ons 'n geseënde b...


Duiwelse Trots
#2601
04/11/2024

Lukas 4:5-7 Daarna bring die duiwel Hom op 'n hoogte en wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wêreld. Toe sê die duiwel vir Hom: “Aan U sal ek al hierdie mag en majesteit gee, want dit is aan my oorgegee, en ek gee dit aan wie ek wil. Dit sal alles aan U behoort as U maar net voor my buig en my aanbid.” 

Het die duiwel al ooit 'n hoek, gelaai met die aas van versoeking voor jou neus rondgeswaai om jou uit te lok? Daardie aas van hoe suksesv...


Trots is Vernietigend
#2600
04/10/2024

Filippense 2:3,4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (NLV) 

Sê my, geniet jy dit om saam met 'n trotse persoon te woon of te werk, of om deur ‘n paar van hulle omring te word? Dit is nie baie pret nie, is dit?

Een van die mees vernietigende van alle denkwyses is beslis een wat gewortel is in trots, want vir die...