God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord...
Wen of Verloor Jy?
Send us Fan Mail
Romeine12:21 Moet jou nie deur die kwaad laat oorwin nie, maar oorwin die kwaad deur die goeie.
Wat doen jy wanneer iemand jou te na kom? Ek bedoel... jou régtig te na kom? Instinktief wil ons hulle in gelyke munt terugbetaal. Ons wil wys ons is reg, ons wil ons trots beskerm, nè? Maar op daardie oomblik het jy 'n keuse: óf jy slaan terug... óf jy stop die kwaad.
Dink aan Corrie ten Boom. Sy het die hel van 'n Nazi-konsentrasiekamp oorleef, maar haar suster het d...
Gemak of Roeping?
Send us Fan Mail
Haggai 1:4 Is dit nou die tyd vir julle om in pragtige huise te woon terwyl my huis in puin lê?
Jy ken daardie gevoel wanneer die lewe regtig besig raak – sperdatums, rekeninge, familie, projekte, en voor jy jou kon kry, het God van jou lys afgegly. Nou-ja, jy sê vir jouself dit is net tydelik … dat jy na Hom sal terugkeer sodra dinge bedaar. Maar op een of ander manier gebeur dit nooit nie.
Dis presies wat in Israel gebeur het. Hulle het uit ballingskap in Babilon terugg...
Geduldig Maar Magtig
Send us Fan Mail
Nahum 1:3 "Die Here is lankmoedig, maar Sy krag is groot, en Hy laat geen skuldige ongestraf nie. Hy kom in rukwind en storm, wolke is die stof onder sy voete.
Dit is snaaks hoe graag ons reg en geregtigheid wil sien - maar net nie wanneer ons fouteer nie. Wanneer mense óns te na kom, wil ons hê God moet dadelik ingryp. Maar wanneer óns droogmaak, wil ons hê Hy moet wag. Hy moet verstaan. Hy moet ons ’n bietjie kans gee. Dit is nogal selfsugtig, nè?
Hierdie...
Moenie Afgode van jou Drome Maak Nie
Send us Fan Mail
Jona 2:8 Dié wat op nuttelose afgode vertrou, verlaat Hom wat liefde aan hulle betoon.
Ons het almal drome. ‘n Huis, ‘n goeie loopbaan - die suksesverhaal wat ons stilletjies in ons gedagtes bou. En niks daarvan is verkeerd nie … totdat die droom ons begin besit. Totdat jou eie strewe na geluk stil-stil God se plek in jou lewe inneem.
Lank, lank gelede het Jona ook sy eie planne gehad. Maar toe vra God hom om iets moeiliks te doen. Hy moes die mense van Nineve -’n rowwe vya...
Wanneer Vertroue te Veel Kos
Send us Fan Mail
Maleagi 3:10 Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige.Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie.
Het jy al ooit op ‘n punt gekom waar dit net nie vir jou moontlik gevoel het om die regte ding te doen nie? Jy weet presies wat God vra—om te gee, te verge...
Die Onsigbare Werk van God
Send us Fan Mail
Job 23:10 Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud.
Daar is seisoene in elkeen se lewe wanneer dit voel asof God ver weg is - nou praat ek nie van in teorie nie... maar van die wrede realiteit van die lewe. Jy hou aan om die regte dinge te doen. Jy bid, jy dien, jy druk deur - en tog val alles uitmekaar. Jy kan nie sy hand raaksien nie, jy kan nie sy teenwoordigheid voel nie. En die stilte ...voel soos verlatenheid.
Skuilplek en Rekenskap
Send us Fan Mail
Nahum 1:7-8 Die Here is goed, Hy is 'n toevlug in tyd van nood, Hy sorg vir dié wat by Hom skuil. Maar met 'n vloed wat alles meesleur, vee Hy die plek weg waar Nineve lê, jaag Hy sy vyande die duisternis in.
Chaos, oorloë, korrupsie en onreg. Dis die wêreld waarin ons leef. Hoeveel glo jy vandag nog in God se goedheid op ’n skaal van nul tot tien?
In die laat 1940's, ná die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog, het stede in puin gelê...
Die Krag om God in Alles te Eer
Send us Fan Mail
1 Samuel 12:24 Wees net gehoorsaam aan die Here en dien Hom opreg en met julle hele hart. Let op die groot dinge wat Hy vir julle gedoen het.
Voel jy soms asof dinge net nie wil uitwerk nie? Daardie tye toe jy gebid het, gehoorsaam was… en niks verander het nie. Wanneer ’n kompromie makliker lyk, stilte veiliger voel, en om moed op te gee aanloklik klink. Jou hart fluister: Waarom moet ek nog aanhou?
In 1555 is Hugh Latimer, die voormalige biskop van Worcester in Engeland, in die tron...
Deur Harde Grond Breek
Send us Fan Mail
Hosea 10:12 Ek het gesê: “Saai volgens my wil, en julle sal my liefde oes. Ploeg vir julle 'n nuwe land! Dit is nou die tyd om na my wil te vra sodat Ek kan kom en weldade oor julle uitgiet.”
Wat doen jy wanneer jy agterkom dat jou hart begin hard word? Dit gebeur nie sommer oornag nie, maar so bietjie vir bietjie. Wat doen jy wanneer bitterheid jou hoop steel; wanneer gebed heeltemal nutteloos voel, en wanneer jy wéét iets is fout, maar jy kan nie presies jou ving...
Die Krag van Kalmte
Send us Fan Mail
Jesaja 30:15 So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê.”
Ons leef in ’n wêreld wat heeltyd skree dat ons meer moet doen, harder moet probeer en dinge nóú moet uitsorteer. En ons val elke keer in daardie strik! Wanneer dinge skeefloop, wil ons dadelik oorgaan tot aksie. Ons begin e-posse stuur, oproepe maak en planne beraam. Maar het jy al agtergekom dat hoe meer jy rondskar...
‘n Geskenk vir Elke Seisoen
Send us Fan Mail
Prediker 3:1-4 Elke ding het sy vaste tyd, elke ding in hierdie wêreld het sy tyd: daar is 'n tyd om gebore te word, 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant, 'n tyd om plante uit te trek, 'n tyd om 'n lewe te neem, 'n tyd om 'n lewe te red, 'n tyd om af te breek, 'n tyd om te bou, 'n tyd om te huil, 'n tyd om te lag, 'n tyd om te treur, 'n tyd om van blydskap te dans,
...da...
Die Outomaat-god
Send us Fan Mail
Psalm 37:4 Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.
Was jy al ooit in die versoeking om God soos ’n koeldrankoutomaat te behandel? Jy gooi ’n gebed in, druk die regte knoppie – gesondheid, sukses of geluk – en wag dat jou seën uitval. Maar wanneer dit nie gebeur nie, raak jy sommer gefrustreerd. Is dit regtig waaroor geloof gaan?
Charles Colson, destyds een van die magtigste manne in die Nixon-Withuis, was bekend as die president se "laksman" – die meedoënlose politieke han...
Die Leuens wat Ons vir Onsself Vertel
Send us Fan Mail
Psalm 50:21 “Moet Ek stilbly as jy sulke dinge doen? Dan sal jy dink Ek het soos jy geword! Nee, Ek eis rekenskap van jou, Ek kla jou aan!
Waarom is ons sulke ‘experts’ as dit kom by verskonings om ons eie slegte gedrag te regverdig? Ons verloor ons humeur – wel, ‘dis hulle skuld.’ Ons skinder – wel, net omdat ons ‘besorg’ is. Ons ignoreer iemand se hulpkreet – net omdat ons ‘te besig’ is. Dis verstommend hoe maklik ons dinge, wat ons in ons harte weet verkeerd is, kan probeer regverdig.
Dis 'n bietjie soos...
Die Vreugde daarvan om ‘Ja’ te sê vir God
Send us Fan Mail
Psalm 40:8 Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe
Wat gebeur wanneer jy uiteindelik ophou om teë te stribbel? Ja, dis reg - dit is asof daar sommer ‘n nuwe vrede oor jou kom. Of dit nou is om iemand, wat jy gesweer het jy nóóit sou vergewe nie, te vergewe, en of dit nou is om uiteindelik daardie stap te neem wat jy so lank al uitstel. Gehoorsaamheid is moeilik, totdat dit die einste ding word wat jou vrymaa...
Wanneer Stilbly nie Goed is Nie
Send us Fan Mail
Spreuke 15:23 Daar is vreugde daarin om die regte antwoord te hê. Wat is beter as die regte woord op die regte tyd? (NLV)
Het jy al opgemerk hoe maklik dit is om stil te bly wanneer jy sien iets loop verkeerd? Jy sien die fout raak; voel die gevaar; jy ervaar daardie drang om iets te sê – maar die makliker uitweg is om stil te bly. Kyk maar anderkant toe, sê jy vir jouself. Maar diep binne weet jy dit is nie reg nie.
Toe president Abraham Lincol...
Wanneer iemand anders se gemors jou verantwoordelikheid word
Send us Fan Mail
Galasiërs 6:2 Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus. (20)
Wat is jou instinktiewe reaksie wanneer jy gekonfronteer word met die rou, morsige realiteite van iemand anders se lewe? Die vriend wie se huwelik besig is om uitmekaar te val. Die ouer wat in verslawing verval. Die kollega wie se bitterheid elke kamer waarin hy loop, vergiftig. Wanneer sy pyn joune begin raak – leun jy nader … of staan jy terug?
Tydens die Amerikaanse Burgeroorlog het Clara Barton, 'n jong meisie, gewonde soldate verpleeg. Aanvanklik het sy ter...
Dink Groot
Send us Fan Mail
Romeine 1:20 Van die skepping van die wêreld af kan 'n mens uit die werke van God duidelik aflei dat sy krag ewigdurend is en dat Hy waarlik God is, hoewel dit dinge is wat 'n mens nie met die oog kan sien nie. Vir hierdie mense is daar dus geen verontskuldiging nie.
Ons bekommer ons so baie oor ons werk en die dinge wat nou vir ons swaar is. Al voel hierdie dinge op die oomblik groot, is dit klein binne die groter prentjie van God se verhaal.
...Pasteur se Ontdekking
Send us Fan Mail
Psalm 19:2 Die hemelruim verkondig die eer van God en die hemelkoepel maak die werk van sy hande bekend.(AFR20)
Dit is glad nie ongewoon om te hoor hoe mense die wetenskap en geloof teen mekaar afspeel nie - asof jy tussen die twee moet kies. Maar sê nou dit is ’n vals keuse? Sê nou die waarheid in die skepping en die waarheid van Christus is deel van dieselfde storie?
Louis Pasteur was ’n bekende wetenskaplike uit die 1800's. Hy het die mediese wêreld verander met sy werk...
Sien Verder as Jouself
Send us Fan Mail
Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, dan sal ook julle beslis nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, dan sal julle ook nie veroordeel word nie. Vergeef, dan sal julle ook vergewe word.”(AFR20)
Ons dink dikwels ons verstaan ander mense. Maar die waarheid is, ons kyk gewoonlik deur ons eie bril - ons eie kultuur, ons agtergrond en die dinge waarmee ons gemaklik is, na hulle. En as dit al is wat ons weet, mis ons heeltemal hoe die lewe lyk vir mense wat ’n totaal ander pad as ons gestap...
Die Hoflikheid van Luister
Send us Fan Mail
Jakobus 1:19 My liewe broers, dít moet julle in gedagte hou: elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie.
Het jy al agtergekom hoe min mense deesdae nog regtig na jou luister? Iemand wat jou eintlik net 'verstaan'? Gesprekke voel deesdae amper soos 'n kompetisie van wie die hardste en die vinnigste kan praat, of die slimste dinge kan sê. Maar as niemand luister nie, verloor almal. Geraas vervang respek, en mense hou nét nie...
September Nuusbrief 1
Send us Fan Mail
Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Eerste Nuusbrief vir September.
Kan jy onthou wat staan in Jakobus 5:17? Ja, Elia was 'n mens net soos ons. Hy het ernstig gebid dat dit nie moet reën nie, en in die land het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie."
Kom ons kyk sommer net na twee voorbeelde van Elia se gemoedstoestand: Hy het op ‘n kol so bang geword toe koningin Isebel gedreig het om hom...
Christus op Straatvlak
Send us Fan Mail
Matteus 25:45 En Hy sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.’’
So baie Christene verlang vandag daarna dat Jesus in heerlikheid moet terugkeer, en dis wonderlik. Ons sing daaroor. Ons preek daaroor. Halleluja! En tog, stap ons baie keer by die arme, die sieke, die vlugteling, die vergetene by Hóm verby, sonder dat ons dit besef. Kyk jy net op na die lug en wag op Jesus se koms...
Wat Vorm Jou?
Send us Fan Mail
Jakobus 1:2-3 My broers, julle moet baie bly wees wanneer allerlei beproewings oor julle kom, want, soos julle weet, as julle geloof die toets deurstaan het, stel dit julle in staat om te volhard.
Het jy al ooit voor ’n uitdaging te staan gekom wat so groot was dat dit gevoel het of dit jou gaan platvee? ’n Siekte. ’n Verlies. ’n Mislukking. Verraad. ’n Finansiële krisis. ’n Verhouding wat skipbreuk gely het. Dit voel asof ‘n gevaarlike reus reg voor jou staan; jou pad versper en alles binne-in jou wil...
Hier is ek Here
Send us Fan Mail
Lukas 5:10-11 Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.” Nadat hulle die bote op die strand getrek het, het hulle alles gelos en Hom gevolg. (AFR20)
Het jy al agtergekom hoe ander mense se opinies geneig is om jou terug te hou? Wanneer hulle jou ignoreer, jou talente minderwaardig laat klink, of glad nie raaksien wat jou bydrae is nie… is dit so maklik o...
Hou Op om die Stomp Byl te Swaai
Send us Fan Mail
Lukas 5:16 Maar Hy het Hom altyd weer in eensame plekke afgesonder om daar te bid.
Het jy al gesien hoe ons soms sommer sonder planne in dinge kan instorm? Ons dink op die een of ander manier dat ons harde werk alleen genoeg sal wees. Maar dan sit ons na die tyd doodmoeg en moedeloos, en wonder hoekom alles so swaar en vrugteloos voel.
Abraham Lincoln het eenkeer gesê: Gee my ses uur om ’n boom af te kap, dan sal ek die eerste vier uur gebruik om d...
Deur Christus se Oë
Send us Fan Mail
Jakobus 4:11 Moenie van mekaar kwaadpraat nie, broers. Hy wat van sy broer kwaadpraat of sy broer veroordeel, praat kwaad van die wet en veroordeel die wet. En as jy die wet veroordeel, handel jy nie meer volgens die wet nie, maar speel jy regter daaroor.
Die meeste van ons is vinnig om ander mense se foute raak te sien – hulle tekortkominge, hulle verkeerde besluite, hulle mislukkings. Maar ons staan selde stil om te vra: wat sal gebeur as ek kies om eerder die mooi en die goeie in hulle raa...
Jou Toekoms Hoef Nie soos jou Verlede te Lyk Nie
Send us Fan Mail
Jakobus 1:5 As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee, want God gee aan almal sonder voorbehoud en sonder verwyt.
Wanneer jy bietjie stilstaan en dink, besef jy dat die meeste van ons probleme nie sommer net uit die bloute kom nie. Dit begin amper altyd by ’n besluit. ‘n Besluit wat ons geneem het, ‘n besluit wat ons probeer ontduik, of ’n grens wat ons net nie wil stel nie. Al is dit dalk ’n bitter pil om te sluk, mo...
Christus is By die Hek
Send us Fan Mail
Deuteronomium 27:19 “Daar rus 'n vloek op elkeen wat nie reg laat geskied aan 'n vreemdeling, 'n weeskind of 'n weduwee nie! Dan moet die hele volk antwoord: ‘Amen!’”
Wanneer dinge om ons te vinnig verander, voel dit soms of ons ou tradisies wegraak. Ek dink dis heeltemal natuurlik om dan bang te wees. Politici stry en mense kies kante. Intussen worstel gewone mense soos ek en jy met moeilike vrae: Hoeveel verandering kan ons eintlik hanteer? Waar ontmoet deernis en gesonde verstand mekaar?
Terwyl jy oor hierdie vrae dink...
Moenie Wag Nie
Send us Fan Mail
Romeine 5:8 Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.
Het jy al ooit gevoel dat jy net nie goed genoeg is om na God toe te gaan nie? Asof jou sondes te veel is; jou mislukkings te groot; jou gebede te oppervlakkig? Ons almal het al so gevoel. Ons het gevoel dat ons onwaardig is om selfs ons oë na die hemel toe op te lig.
Charles Spurgeon het eenkeer gesê: God ken jou situasie so...
Hou Aan om sy Lig te Dra
Send us Fan Mail
Matteus 5:14-16 “Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.”
Het jy al agtergekom hoe vinnig ons wil argumenteer; iemand van ons standpunt wil oortuig of die...
Watter Prys sal Jy Betaal?
Send us Fan Mail
Matteus 5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg,
Ons leef in ’n wêreld wat behep is met eie belang. Sorg vir jouself. Beskerm jou eie belange. Moenie toelaat dat enigiemand jou misbruik nie. Is dit nie maar hoe die meeste van ons van dag tot dag leef nie?
In die vyftien-honderds het Dirk Wilhelms, 'n Nederlander wat weens sy Christelike geloof die doodstraf gekry het, uit die tronk ontsnap. Terwyl hy besig was om oor...
Moenie Ophou Nie
Send us Fan Mail
Jeremia 33:1-3 Die woord van die Here het weer tot Jeremia gekom. Hy was toe nog ingeperk in die binneplaas van die paleiswag. So sê die Here, Hy wat die aarde gemaak en so gevorm het dat dit nie wankel nie, wie se Naam Here is: Roep My aan, Ek sal jou antwoord en jou vertel van groot en onverstaanbare dinge waarvan jy nie weet nie.
Die lewe is vol dinge wat ons nie verstaan nie en hoewel ons duidelikheid soek, is God se grootste lesse dikwels reg voor on...
Net Een Gebedjie Ver
Send us Fan Mail
Psalm 116:1-2 Ek het die Here lief, want Hy antwoord my smeekgebed. Omdat Hy na my geluister het, sal ek Hom aanroep solank ek lewe. (NLV)
Almal bid wanneer die nood druk — selfs die ateïs in ’n dokter se wagkamer, of die skeptikus in ’n vliegtuig vol turbulensie. Ons almal roep op ’n manier uit na bo. Maar hoe gereeld voel dit nie of jou gebede nêrens heen gaan nie? Asof God net nie tuis is nie en jy begin wonder of Hy jou selfs kan hoor.
Geduren...
Die Vryheid van Gehoorsaamheid
Send us Fan Mail
Romeine 14:8 As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.
Gehoorsaamheid en vryheid is twee idees wat voel asof hulle aan teenoorgestelde kante van die straat bly. Gehoorsaamheid klink na reëls, beperkings en "jy mag nie," terwyl vryheid klink na oop velde en "doen wat jy wil." Maar om die waarheid te sê, lei die een sonder die ander altyd na slawerny, na son...
Wanneer Dissipline Genade Word
Send us Fan Mail
Openbaring 3:19-20 Ek bestraf en tug elkeen wat Ek liefhet. Laat dit dan vir julle erns wees en bekeer julle. Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek by hom ingaan en saam met hom die feesmaal hou, en hy saam met My.
Liefde en dissipline - ons bring die twee amper nooit bymekaar uit nie. Ons wil die liefde hê, maar ons is bang vir die pyn van om vasgevat te word. Ware liefde is egter ni...
Augustus Nuusbrief 2
Send us Fan Mail
Goeiedag aan al ons VARS-vriende. Ek is Jokkie Gauché en hier is VARSVANDAG se Tweede Nuusbrief vir Augustus.
In moeilike tye soos dié waarin ons vandag leef, wil God hê sy kinders – dis nou ek en jy – moet lewens leef wat betekenisvol is, nè?
Hy wil hê ons moet in oorwinning leef. Hy wil hê ons moet dapper opstaan vir Christus. Wanneer ek en jy ons geloof met krag en doelgerigtheid uitleef, gebeur iets wonderliks…
God werk déúr ons om ander mense nader aan Hom te bring.
Di...
Skoon Huis; Skoon Hart
Send us Fan Mail
2 Korintiërs 7:1 Geliefdes, hierdie beloftes is ook vir ons. Laat ons ons dan reinig van alles wat liggaam en gees verontreinig, en ons in gehoorsaamheid aan God volkome aan Hom toewy.
Daar is niks soos die gevoel wanneer jy by ’n huis instap wat vars skoongemaak is nie - die vloere blink, die lug is skoon en alles is op sy plek. Jy kan weer asemhaal. Die chaos is weg. Dit voel goed, nè? Maar ’n skoon huis gaan nie net oor netheid nie; dit wys liefde vir die mense...
Verlore Maar Nie Vergete Nie
Send us Fan Mail
Jeremia 29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
Het jy al ooit gevoel asof jy; sonder ’n kaart, ’n kompas of enige idee van hoe om by die huis te kom, in die middel van nêrens is? Sover het jy die lewe nog heel goed hanteer - maar skielik lyk niks meer bekend nie. Dit is presies hoe dit voel wanneer planne in duie stort, wanneer verhoudings verander of wanneer die toekoms...
Hoe die Alledaagse Iets Besonders Raak
Send us Fan Mail
Romeine 12:2 Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.
Kry jy ook soms die gevoel dat jy net nie inpas nie; dat almal se lewens, behalwe joune, jou gesin s'n of jou situasie, normaal lyk? Wel; jy hoef nie alleen so te voel nie!
Daar is iets asemrowends aan ’n pêrel. Dit word gebo...
‘n Teësinnige Bekeerling
Send us Fan Mail
2 Samuel 7:22 Daarom is U groot, oppermagtige Here! Daar is niemand soos U nie. Ons het nog nooit gehoor van enige God soos U nie
Wat vat dit om ’n lewe te verander? Vir sommige mense is dit nie slim argumente of lang debatte nie – dis ’n ontmoeting met die lewende God wat jy eenvoudig nie kan ignoreer nie.
Een van die bekendste ateïste van die 20ste eeu, die skrywer van die Narnia-reeks, C.S. Lewis, het homself eenkeer beskryf as die mees teësinnige bekeerling in die hele...