God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord...
Staak Jou Besig-wees Sindroom
Send us a text
Prediker 4:5,6 Hulle sê dit is dwaas om met jou hande gevou te sit en niks te werk nie, want jy sal van die honger doodgaan. Maar ek sê: Wees eerder met minder tevrede as om heeltyd agter wind aan te hardloop. (DB)
Ek wonder of jy met my sal saamstem dat die ewige besig-wees baie lewens verwoes. “Besig, besig, besig,” klink so belangrik; dit het amper ’n tipe van ‘n status simbool geword. Maar wat gaan in die proses verlore? Watter tol eis hierdie onophoudelike besig-wees op jóú lewe?
Ek was n...
Wanneer Tevredenheid Buite Bereik Lyk
Send us a text
Hebreërs 13:5 Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”
Voordat ons vandag afskop, wil ek jou ’n vragie vra: op 'n skaal van 0 tot 10, hoe tevrede is jy met jou lot in die lewe?
Gedurende die 1ste eeu n.C. het Nero, die Romeinse keiser, geweldige mag gehad. Hy het in ongelooflike luuksheid geleef en was die rykste man op aarde ... tog was hy nooit...
Van Aangesig tot Aangesig met God
Send us a text
Openbaring 22: 3-4 Daar sal niks meer wees wat deur God vervloek is nie. Die troon van God en van die Lam sal in die stad wees, en sy dienaars sal Hom dien. Hulle sal Hom sien, en sy Naam sal op hulle voorkoppe wees.
Dis Sondag. Ek weet nooit of dit vandag die einde van jou week, of die begin van jou nuwe week is nie! Ek hou daarvan om aan Sondag te dink as die laaste dag van my week, voordat ek Maandag weer met ‘n splinternuwe week beg...
Wag Net en Kyk!
Send us a text
1 Korintiërs 2:9 Maar soos daar geskrywe staan: “Wat die oog nie gesien en die oor nie gehoor het nie,” en wat in die hart van 'n mens nie opgekom het nie, dit het God gereed gemaak vir dié wat Hom liefhet.
Dit is glad nie snaaks om deur tye te gaan waar jy in 'n groef van ontevredenheid vasgevang voel nie. Ek het beslis al so gevoel. Wat dit so verwarrend maak, is dat jy nie heeltemal jou vinger op enige één ding kan plaas, wat die oorsaak van hierdie b...
Wat Beteken Dit Alles?
Send us a text
Deuteronomium 6:5 Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart, met jou hele siel en met al jou krag. (NLV)
Daar is deesdae soveel verskillende vlakke waarop mense hulleself identifiseer: godsdiens, omgewing, politiek, sosiaal, wat ook al. Ons is geneig om ons eie idees, aan een tipe raamwerk vas te pen en met daardie groep te identifiseer. Maar wat beteken dit alles?
Volgens Statista.com identifiseer ongeveer 31.6% van die wêreldbevolking hulself met die een of ander Christelike stelsel. Dit is ongeveer 2.6 miljard men...
Ons Moet Almal Gereeld Herinner Word
Send us a text
Psalm 86:5 U is goed, Here, U vergewe altyd weer, U is getrou teenoor dié wat na U roep om hulp.
Hoe ons onsself sien, het 'n massiewe impak op ons lewens. Dink net aan die stories wat ons vir onsself vertel oor waar ons in die groter prentjie inpas; die vergelykings wat ons tussen onsself en ander tref en hoe ons oor ons vorige mislukkings en huidige swakhede dink. Ja, dit beïnvloed ons vlak van geluk, dit is deurslaggewend in ons verhoudings en dit bepaal ook in watter mat...
Ag Here, Dis Moeilik om Nederig te Wees!
Send us a text
Efesiërs 4:2 Wees altyd beskeie, vriendelik en geduldig, en verdra mekaar in liefde.
Nederigheid, sagmoedigheid en geduld is heel bo-aan ons lysie van wonderlike eienskappe wat ons wil hê dat ander mense teenoor ons moet betoon. Ja, dis darem die minste wat hulle aan ons verskuldig is! Maar kom ons wees eerlik; dit is ongelukkig eienskappe wat soms in óns houding en gedrag teenoor ander, beslis afwesig is.
Mac Davis, ‘n country-sanger van Texas, het in 1980 'n trefferliedjie oor nederigheid vrygestel – ek spot net – ons kan dit eerder as...
‘n Besondere Transformasie
Send us a text
Markus 9:35 Jesus het gaan sit en die twaalf geroep. Hy sê toe vir hulle: “As iemand die eerste wil wees, moet hy die heel laaste en almal se dienaar wees.”
Kom ons kyk vandag na die verskil tussen arrogansie en nederigheid. Hulle is wêrelde van mekaar verwyder, nè? Dink ‘n bietjie mooi – hoe sien ander jou? Is jy arrogant of nederig of êrens tussenin?
Dis moeilik om in ons moderne tyd aan 'n meer dramatiese transformasie van arrogansie na nederigheid, as in die lewe van Nelson Mandela, te d...
Probleme wat jou Geloof Toets
Send us a text
1 Petrus 1:7 Die doel met die beproewings is om die egtheid van julle geloof duidelik te laat word. Julle geloof word getoets soos goud met vuur getoets en daardeur gesuiwer word; en onthou: Julle geloof is vir God baie kosbaarder as goud wat vergaan. As die toetse die egtheid van julle geloof uitwys, loop dit uit op lof en heerlikheid en eer op die dag wanneer Jesus Christus aan die wêreld geopenbaar word. (NLV)
Kan ek jou vandag vra om terug te dink aan die mees uitdagende tyd wat jy...
God se Krag om jou te Beskerm
Send us a text
1 Petrus 1:5-6 En omdat julle glo, word ook julle deur die krag van God veilig bewaar vir die saligheid wat reeds gereed is om aan die einde van die tyd geopenbaar te word. Verheug julle hieroor, selfs al is dit nodig dat julle 'n kort tydjie bedroef gemaak word deur allerhande beproewings
Mag ek jou vandag vra, wat hou jou dag na dag aan die gang; ja, ek praat van die sonnige dae, die bewolkte dae, die stormagtige dae ... die dae wat jy regtig sou wou oorslaan as jy k...
Jou Ewige Hoop
Send us a text
1 Petrus 1:3-4 Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe! In sy groot ontferming het Hy ons die nuwe lewe geskenk deur die opstanding van Jesus Christus uit die dood. Nou het ons 'n lewende hoop op die onverganklike, onbesmette en onverwelklike erfenis wat in die hemel ook vir julle in bewaring gehou word.
Terwyl ons dag vir dag voortploeter, dink ek dis alte maklik vir ons om die lewe as vanselfsprekend te aanvaar. Of dit nou goed gaan, of sleg gaan; ons l...
Waarop Vertrou Jy?
Send us a text
Filippense 3:18-20 Ek het dikwels vir julle gesê en tot my verdriet moet ek dit nou herhaal: Daar is baie wat as vyande van die kruis van Christus lewe. Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god; hulle skande is hulle trots; hulle is aardsgesind. Maar ons is burgers van die hemel, van waar af ons ook die Here Jesus Christus as Verlosser verwag.
Sou dit nie wonderlik wees as jy met oorwinning en 'n stil, rotsvaste, sterk vertroue deur al die lewe se hoogte- en laagtepunte ka...
God se Perfekte Plan vir Jou
Send us a text
Johannes 17:15-18 Ek bid nie dat U hulle uit die wêreld moet wegneem nie, maar dat U hulle van die Bose moet bewaar. Hulle behoort nie tot die wêreld nie, net soos Ek ook nie tot die wêreld behoort nie. Laat hulle aan U toegewy wees deur die waarheid. U woord is die waarheid.
Ek dink ons almal ervaar dat daar gedurig iets besig is om in ons lewens te gebeur; iets wat ons eerder sou wou weg wens. Dis waar, nè? Dit voel gereeld asof daar...
‘n Besliste Plan
Send us a text
1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy.(NLV)
Ek weet nie van jou nie, maar ek hou nie daarvan om te ly nie. Ek hou nie eens daarvan om effens ongemaklik of benoud te voel nie. Wat van jou?
Jy weet hoe dit voel as jy vers...
Voel Jy soos ‘n Vlugteling?
Send us a text
1 Petrus 1:1-2 Hierdie brief kom van Petrus, ’n apostel van Jesus Christus. Ek skryf aan God se uitverkore volk wat as uitlanders verstrooid leef in Pontus, Galasië, Kappadosië, die provinsie Asië en Bitinië. God die Vader het julle lank gelede al uitgekies en deur die Gees aan Homself toegewy. Die gevolg is dat julle gehoorsaam is aan Hom en deur die bloed van Jesus Christus skoongemaak is. Mag God se genade en vrede steeds meer en meer julle deel wees. (NLV)
Dit is glad nie ongewoon vir mense om te voel...
Onregverdig Gestraf
Send us a text
Romeine 8:35-37 Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.
In ‘n volmaakte wêreld sal alles regverdig wees. Goeie mense sal vir goeie dade beloon word. Slegte mense sal vir slegte dade gestraf word. Alles sal wees soos dit beho...
Die Gawe van Vrygewigheid
Send us a text
Hebreërs 10:24-25 Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom. (NLV)
Ek hoop jy sal my vergewe as ek jou vandag 'n netelige vraag vra, maar … hoe vrygewig is jy? Nee, ek is ernstig, hoeveel van wat jy het en wie...
Die Vrou se Plig Teenoor Haar Gesin
Send us a text
Spreuke 31: 25 – 29 Sy het innerlike krag en waardigheid. Sy is nie bekommerd oor die toekoms nie. Sy praat met wysheid, sy gee raad saam met liefde. Sy hou toesig oor alles wat in haar huis gebeur. Sy verdra nie luiheid nie. Haar kinders staan op en prys haar. Haar man spog met haar: “Daar is baie knap vroue, maar jy is die beste van almal!” (NLV)
Jare gelede het vroue geen regte gehad nie. Hulle was bloot die besittings van hulle vaders en later van hul mans. Gelukkig is daar groot v...
Die Man se Plig Teenoor Sy Gesin
Send us a text
1 Petrus 3: En julle, mans, behandel julle vroue met respek. Leef saam met jou vrou in die besef dat, al is sy fisiek swakker as jy, sy saam met jou deel in die lewe wat God as geskenk gee. As jy haar só behandel, sal jou gebede nie geblokkeer word nie. (NLV)
Dwarsdeur die wêreld, verbrokkel gesinne. Nouja, ons erken dat daar ook nog gelukkige gesinne is, maar hulle word al hoe skaarser, nè? Ons sien almal hoe die invloed van tegnologie en die ek-gesentreerde lewenstyl ‘n ontsettende negatiewe impak...
Op pad na Vernietiging
Send us a text
Matteus 7:13-14 “Gaan die koninkryk deur die nou poort binne. Want wyd is die poort, en breed is die pad wat na ondergang lei, en daar is massas mense wat daar ingaan. Hoe nou is die poort, en hoe smal is die pad na die lewe nie! Min is die mense wat dit kry!” (NLV)
Die verhouding tussen werk en rus is interessant. Baie mense werk so hard dat dit hulle vernietig. Ander mense ly weer aan ‘n ander siekte, naamlik: ‘te min werk en te veel rus’, wat hulle tot v...
Wees Bereid om Leerbaar te Wees
Send us a text
2 Korintiërs 12:8,9 Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.”.
Hou jy daarvan om uitgedaag te word? So ‘n bietjie, solank dit my net nie ongemaklik laat voel nie. Ons gee nie om vir so 'n bietjie fisiese, intellektuele of emosionele uitdaging nie … solank dit ons nie onseker maak nie. Ek dink dis hoekom die meeste mense sommer vinnig die makliker uitweg kies.
<...Jou Stoutste Verwagtinge Oortref
Send us a text
Spreuke 16:9 ’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.(NLV)
Elkeen van ons het soveel potensiaal. Selfvoldaanheid, oftewel selftevredenheid, is die hartseerste gesindheid van alle menslike gesindhede, want dit het die nare gewoonte om ons van ons potensiaal te beroof. Wie wil nou aan die einde van hul lewe kom en wonder … hoe anders kon my lewe nie gewees het nie?
Richard Branson is 'n huishoudelike naam. Hy is 'n buitengewone entrepreneur, 'n avonturier en, volgens alle verslae, 'n redelik ordentlike ou. Sy eerste sakeo...
Hoe Nader Jy Kom …
Send us a text
Matteus 7:3-5 “Waarom sien jy die splinter raak wat in jou broer se oog is, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie? Of hoe kan jy vir jou broer sê: ‘Wag, laat ek die splinter uit jou oog uithaal,’ en intussen is daar 'n balk in jou eie oog? Huigelaar! Haal eers die balk uit jou eie oog uit, dan sal jy goed kan sien om die splinter uit jou broer se oog uit te haal.
Mense is darem snaakse wesens, nè? Aan die eenkant s...
Ervaar God se Heerlikheid
Send us a text
Johannes 11:40 Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?” (NLV)
Gebeur wonderwerke nog steeds? Sê my, wanneer laas het jy iets so buitengewoons, so buitengewoons ervaar, dat jy dit as niks anders as ‘n wonderwerk kan beskou nie? Of het sommige mense net 'n ooraktiewe verbeelding om iets wat sommer net toevallig was, as ‘n "wonderwerk" te bestempel?
Ek het self nog nooit gesien hoe iemand 'n nuwe ledemaat kry waar een geamputeer i...
Die Beste Plan
Send us a text
Jeremia 29:11-13 Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting! Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor. Julle sal vra na my wil en julle sal dan my wil ken as julle met julle hele hart daarna vra.
Elkeen van ons, het sekerlik al op een of ander stadium, op verskillende vlakke, onrus beleef. Dinge werk nie uit soos jy dit beplan het nie; of di...
God se Tydsberekening is Altyd Perfek
Send us a text
Habakuk 2:3 Die openbaring geld vir 'n bepaalde tyd; dit sal gou kom want dit kom beslis. Jy moet net geduldig bly wag as dit nie gou kom nie, want dit kom beslis, dit sal nie uitbly nie.
Het jy al, terwyl jy wag op 'n deurbraak, jouself tussen 'n hamer en ‘n aambeeld vasgevang gevind... en jy wag, en jy wag, en jy wag... Sal daardie deurbraak betyds kom, of sal alles tot niet gaan? Ek is seker jy het dit al meer as een keer ervaar. En wanneer din...
God Sal Jou Nooit Verlaat Nie
Send us a text
Psalm 27:10 Selfs al sou my pa en ma my verlaat, die Here sal my styf vashou. (NLV)
'n Baie slegte ding wat met jou kan gebeur, is as iemand op wie jy staatmaak, jou in die steek laat. Daar is baie mense in hierdie wêreld wat deur hul ouers versaak is. Ons sien ook soms hoe baie intieme verhoudings verbreek word, waar die een party, op pad na groener weivelde, sy sielsgenoot weggooi. Om verwerp te word, is 'n verskriklike ding. Jy kan selfs omring wees deur mense wa...
Bekommernis is ‘n Teken om te Bid
Send us a text
Filippense 4:6-7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.
As jy eerlik met jouself wil wees, moet jy erken dat dit regtig baie natuurlik vir ons is om ons oor dinge te bekommer. Soveel van die belangrike dinge in die lewe is buite ons beheer; so wanneer daardie een "ding" wat...
Verstaan Jy of Vertrou Jy?
Send us a text
Spreuke 3:5-6 Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.
Ek is seker jy het al baie slim mense langs jou lewenspad ontmoet. Ek het ook. Hul briljantheid het net stof in ons oë geskop, nè? Sommige is akademies begaafd. Ander lyk asof hulle 'n vlak van emosionele intelligensie en wysheid het, wat ek en jy sekerlik nooit sal kan bereik nie.
Dit maak nie saak hoe...
Spring Aan Die Werk!
Send us a text
Efesiërs 2:10 Nee, God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.
Ek is seker ons het almal al op ‘n stadium gedink: "Wel, ek is niks besonders nie. Ek het geen spesifieke vaardighede wat my bo ander laat uitstaan nie. Ek is redelik seker ek sal nooit iets wonderliks in die lewe bereik nie." Ja, soos hulle sê: Ék was ook daar, ek het dit ook gedoen; ek het oo...
Die Rykdom van Genade
Send us a text
Efesiërs 2:7-9 So sal God ook in die tye wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien. Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, (NLV)
Stel jou voor jy kry 'n geskenk van iemand wat jy seergemaak het...
Hier Kom die Goeie Nuus!
Send us a text
Efesiërs 2:4,5 Maar God is ryk in barmhartigheid en het ons innig lief. Deur sy groot liefde het Hy ons wat dood was as gevolg van ons oortredings, saam met Christus lewend gemaak. Uit genade is julle gered!
Ek is redelik seker daarvan dat daar nie een van ons is, wat nie al onder in 'n put, wat ons vir onsself gegrawe het, was nie; ja, ek praat van 'n ramp wat ons eie ondergang veroorsaak het. In sommige gevalle kan ons onsself daaruit kry. In ander, is dit ni...
Geskei van God
Send us a text
Genesis 3:23,24 Die Here God het daarom die mens uit die Tuin van Eden weggestuur om die grond te gaan bewerk waaruit hy geneem is. Nadat die Here God hulle uit die tuin verban het, het Hy gerubs oos van Eden aangestel om met ’n vlammende swaard, wat heen en weer beweeg, die toegang tot die boom van die lewe te bewaak. (NLV)
Om vyande te maak, is nooit 'n goeie idee nie. Dit maak nie saak hoe kwaad jy vir iemand is oor hoe hulle jou behandel het nie; dit...
Gevolge – Altyd Gevolge
Send us a text
Genesis 3:17-19 Vir die mens sê Hy: “Jy het jou deur jou vrou laat ompraat en van die vrugte geëet wat Ek jou verbied het om te doen. Daarom vervloek Ek die grond. Jou hele lewe lank sal jy met swaarkry sukkel om ’n bestaan daaruit te maak. Dit sal vir jou dorings en dissels oplewer en jy sal van die plante van die veld eet. Jou hele lewe lank, tot die einde van jou dae, sal jy met moeite werk om iets te hê om te eet. Aan die einde va...
Bang Vir God
Send us a text
Genesis 3:8-10 Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: “Waar is jy? En die mens antwoord: “Ek het U hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is kaal. Toe het ek weggekruip.”
Vrees is ‘n normale menslike emosie. Dit is ‘n kritieke beskermings...
Pasop: Bedrieër in die Omgewing
Send us a text
Genesis 3:6-7 Dit het die vrou oortuig. Wanneer sy na die boom kyk, lyk die vrugte mooi en aanloklik, geskik om ’n mens verstandig en slim te maak. Sy pluk ’n vrug van die boom, eet daarvan en gee vir haar man by haar; en hy het ook geëet. Toe gaan hulle oë werklik oop en besef hulle dat hulle sonder klere is. Hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle omgehang om hulleself toe te maak. (NLV)
Selfkennis is so noodsaaklik om jou veilig te hou; om te keer da...
Loop Lig vir Aanlynslenters en Kuberkrakers!
Send us a text
Genesis 3:4,5 Julle sal nie sterf nie!” sê die slang. “God weet dat julle oë sal oopgaan wanneer julle daarvan eet. Julle sal dan net soos God wees en weet van goed en kwaad.” (NLV)
Nie een van ons van hou daarvan om mislei, bedrieg of gekul te word nie. Dis aaklig, nè? Tog, volgens die Global Anti-Scam Alliance, het kuberkrakers en bedrieërs verlede jaar wêreldwyd meer as een triljoen Amerikaanse dollar van gewone mense, soos ek en jy, gesteel.
Nouja, as jy sukkel om daardie be...
September nuusbrief
Send us a text
Die teks inhoud is beskikbaar in die "transcript" en ook beskikbaar in PDF hier.
Support the show
Enjoying The Content?
For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus!
DONATE R50 MONTHLY
Huwelikstrou
Send us a text
Hebreërs 13:4 Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom.
Wat dink jy van die huwelik as instelling? Ek dink jou reaksie sal wissel na gelang van jou kulturele agtergrond, jou lewenservaring en waarskynlik ook jou ouderdom. Daar bestaan absoluut geen twyfel dat die aantal huwelike wat gesluit word wêreldwyd skerp daal nie.
In die Verenigde State, byvoorbeeld, het huwelike sedert 1972 met byna 50% gedaal. Dieselfde geld vir baie Wes...
Daar Bestaan Geen Twyfel Nie
Send us a text
1 Timoteus 3:4-5 Hy moet sy eie huisgesin goed kan beheer en in alle opsigte op waardige wyse gesag oor sy kinders kan uitoefen. Immers, as iemand nie weet om sy eie huisgesin te beheer nie, hoe kan hy dan die sorg vir die gemeente van God op hom neem?
Die rolle van mans en vroue in die bestuur van 'n huishouding en die grootmaak van die kinders het die afgelope paar generasies nogal baie verander. Die idee dat alle ma’s tuisbly-ma’s moet wees, het 'n historiese begrip gewor...