RSG Dokumentêr

40 Episodes
Subscribe

By: RSG

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

✂️ Turn this podcast into clips
’N PADDA IS ‘N DING WAT SPRING, OF NIE? deur Kobus Rudolph
’N PADDA IS ‘N DING WAT SPRING, OF NIE? deur Kobus Rudolph episode artwork
Today at 6:00 PM

Hoekom kry mens paddas in jou huis? Kan ‘n padda muurklim? Hoekom verdrink paddas as hulle amfibieërs is? Kry mens vratjies van paddas? Is paddas giftig? Reën dit paddas as daar dan so baie paddas is wanneer dit reën? Hoekom kwaak ‘n padda? Hoe lank slaap ‘n padda in die winter? Waar bly paddas? Prof. Louis du Preez van die Departement Dierkunde aan die Noordwes-Universiteit doen al vir langer as 30 jaar navorsing op parasiete en paddas. Tydens sy navorsing het hy besef dat van die parasiete in die blase van paddas voorkom. Dit het gelei tot sy intense n...


WAT LAG JY? deur Ina Strydom
WAT LAG JY? deur Ina Strydom episode artwork
03/26/2026

Humor is so oud soos die berge – en deel van die menslike bestaan. Daar is ook talle genres van humor, en dit word in talle vorme aangebied. Verskeie kenners praat oor lag en humor: waarvoor en hoekom lag mense; wat gebeur in die brein as ‘n mens lag; en hoe word humor deur die tydsgees beïnvloed.


IN DIE SKADU VAN VERSLAWING deur Jaco de Waal
IN DIE SKADU VAN VERSLAWING deur Jaco de Waal episode artwork
03/19/2026

Verslawing begin nie altyd met ’n groot besluit nie. Soms begin dit stil, en voor jy dit besef, het dit jou hele lewe oorgeneem. Jaco de Waal kyk na wat werklik gebeur wanneer iemand verslaaf raak – van die brein se reaksie tot die emosionele en persoonlike stories daaragter. Ons hoor van kenners, mense in herstel en families wat saam die pad stap.


O, VLOEK! OM TE SWETS OF NIE? deur Esté de Klerk
O, VLOEK! OM TE SWETS OF NIE? deur Esté de Klerk episode artwork
03/12/2026

Is jy ‘n chroniese vloeker? Vloek jy nét wanneer jy tussen jou vriende is, en glad nie wanneer jy by jou ma is nie? Swets jy meestal in Afrikaans, of in Engels? Wat bewys die navorsing hieroor? Wat is die kraswoord wat Suid-Afrikaners die meeste gebruik? Gebruik mense vloekwoorde in verskillende sosiale omstandighede om ‘n identiteit aan te neem? Wat presies gebeur in jou brein wanneer jy ‘n vloekwoord uiter? Was daar kraswoorde in die Bybel, wat oor die jare uitvertaal is? En kan die sê van ‘n vloekwoord jou pyn verlig? Esté de Klerk krap so klein bietjie die...


VRYLOOP: IS DIT WAARLIK “VRY”? deur Martelize Brink
VRYLOOP: IS DIT WAARLIK “VRY”? deur Martelize Brink episode artwork
03/05/2026

Jy koop vryloop, of te wel “free range”-produkte, want jy wil die gesondste moontlike produk eet, of jy gee om vir die lewenskwaliteit van die dier en hulle welsyn. Maar, weet jy wat daardie etiket op die produk waarlik aandui? Beteken vryloop altyd gelukkige diere wat vrylik beweeg? Indien dit wel die geval is, is die diere waarlik gesonder? Is dit gesonder vir jou as verbruiker? Hoe pas hierdie boerderypraktyke in by volhoubare voedselverskaffing?


DIE SOEKTOG NA LUITENANT MULLER MEIRING SE RATEL deur Kobus Rudolph
DIE SOEKTOG NA LUITENANT MULLER MEIRING SE RATEL deur Kobus Rudolph episode artwork
02/26/2026

Honderd en vyf oudsoldate en ouddienspligtes het in 2018 na Angola gereis op die ou paaie van slagvelde en gevegte. Dié toer is aangebied deur 61 Gemeganiseerde Bataljon se Militêre Veteranevereniging. Baie van die mans wroeg al vir jare oor die hartseer en pyn wat hulle as jong seuns ervaar het. Skaars 18 en 19 jaar oud, en hulle moes gaan veg, die dood in die oë staar en ‘n vyand doodmaak. Nog ‘n belangrike rede hoekom sommige op die toer gekom het, was om te gaan soek na Luitenant Muller Meiring se Ratel 72, iewers in die bosse in Angola. Muller se Ratel is op 2...


ROGER SEDRES WÊRELDKLAS-SPORTFOTOGRAAF SONDER AANSIT deur Haidee Muller-Isaacs
ROGER SEDRES WÊRELDKLAS-SPORTFOTOGRAAF SONDER AANSIT deur Haidee Muller-Isaacs episode artwork
02/19/2026

Met verskeie Olimpiese Spele en ander internasionale sportbyeenkomste agter die blad, het Roger baie belangrike oomblikke in Suid-Afrikaanse sportgeskiedenis vasgevang. Hy is tans Span SA se amptelike sportfotograaf. Roger het ikoniese foto’s geneem van Suid-Afrikaanse sportsterre soos Chad le Clos en Wayde van Niekerk by die Olimpiese Spele en ander groot sportbyeenkomste. In 2025 het hy die Sport Visual Journalist of the Year-toekenning by die Suid-Afrikaanse Sporttoekennings gewen, en hy het in 2022 ook die Fotograaf van die Jaar-toekenning ontvang. Hierdie dokumentêr bied 'n intieme kykie na Sedres se loopbaan, sy benadering tot sportfotografie, en die rol wat sy unieke fot...


HET ONS NOG GROEN VINGERS? deur Tharien Oosthuizen
HET ONS NOG GROEN VINGERS? deur Tharien Oosthuizen episode artwork
02/05/2026

Het jy geweet die krag van groen vingers lê nie net in wat ons kan kweek nie, maar in hoe die praktyk van tuinmaak ons psige voed. Om ’n tuin te beplan, plante te versorg, en te sien hoe saadjies lewe bring, het ’n terapeutiese waarde wat fokus, rus en emosionele stabiliteit bevorder. Tharien Oosthuizrn kry ook praktiese wenke vir tuinmaak in beperkte ruimtes, en hoor wat die waarde van plaaslike kwekerye is vir regte advies en ondersteuning.


AGTER DIE MUSIEK: VAN SKOUSPEL TOT GROOT deur Wihann Nel
AGTER DIE MUSIEK: VAN SKOUSPEL TOT GROOT deur Wihann Nel episode artwork
01/29/2026

Van Huisgenoot Skouspel se glansdae tot Afrikaans is Groot se twee naweke van uitverkoopte vertonings – hierdie dokumentêr neem jou op ’n klankgedrewe reis deur die ontwikkeling van Afrikaanse musiekkonserte in Suid-Afrika. Wihann Nel ondersoek hoe hierdie groot produksies nie net kunstenaars se loopbane gevorm het nie, maar ook ’n hele kultuur van saamwees, trots en emosie met Afrikaanse musiek geskep het. Dié verhaal word vertel met onderhoude, argiefmateriaal en persoonlike stories van hoe die verhoog die hartklop van Afrikaans geword het.


REUSE WAT REKORDS LAAT SPAT deur Flip Loots
REUSE WAT REKORDS LAAT SPAT deur Flip Loots episode artwork
01/22/2026

Die prestasies van entrepreneur Billy Cowley en haarkapper André Green het hulle elk twee Guinness Book of Records laat behaal. Billy het eers 420 g Marmite binne een uur geëet, en toe ‘n kar vol kankerstrikkies geplak. André het eers binne 24 uur die meeste vroue se hare gesny, en toe onderwater die meeste vroue se hare binne een uur gesny.


OOM HANNES COETZEE: LEPEL EN SNAAR deur Johan Rademan
OOM HANNES COETZEE: LEPEL EN SNAAR deur Johan Rademan episode artwork
01/15/2026

Oom Hannes Coetzee het die verbeelding van menige Suid-Afrikaner aangegryp met sy unieke optel-en-knyp kitaarspeelstyl. Hy het in Amerika selfs meestersklasse aangebied by 'n glykitaar-byeenkoms. Die unieke lepel-en-snaar metode is ongekend in die wêreld. Wat min mense egter weet is dat hy ongeletterd is en nie kan lees of skryf nie. Hierdie program is 'n laaste poging van RSG om iets te verewig uit 'n geslag plaaswerkers wat ontneem is van skoling en blootstelling omdat die swerwersbestaan so uitdagend was. Troostelose en droefgeestige wêrelde word dikwels opgehef deur kuns en musiek, en dit is wat Hannes Coetzee gered he...


ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard
ADAM EN JAKES: GESPREKSGENOTE IN EN OOR AFRIKAANS deur Heindrich Wyngaard episode artwork
01/08/2026

Die digter-filosoof, Adam Small, en die letterkundige en UWK-rektor, Jakes Gerwel, se rolle as Afrikaanse ikone word in hierdie dokumentêre program belig. Die stemme van onder andere digter Antjie Krog, teoloog Allan Boesak en musikant Frazer Barry word gehoor.


DIE BAAI SE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker
DIE BAAI SE HONDEMAN deur Mariska Spoormaker episode artwork
01/01/2026

Dis eintlik jammer dat honde nie kan praat nie, want as dít die geval was, sou Port Elizabeth se honde jou alles van Johnson Ndlakuza, hulle pamperlanger, kan vertel. Hy gee al nagenoeg 50 jaar lank baie Baaise honde alles wat hulle nodig het om pure perfekte hond van toonnael tot tand te lyk. En dis ook nie sommer enigiemand wat al diep in sy sewentigs soos 'n entrepreneur in 'n noodsituasie sal kan dink nie. Mariska Spoormaker het tydens drie huisbesoeke oor Johnson se skouer geloer.


STYL SONDER 'N HAP UIT JOU BEURSIE deur Sue Pyler-Slabbert
STYL SONDER 'N HAP UIT JOU BEURSIE deur Sue Pyler-Slabbert episode artwork
09/25/2025

Jy sal veel eerder 'n motor tweedehands aanskaf as wat jy enige iets anders sommer sal koop, maar hier is 'n wêreld wat jou twee keer sal laat dink. Thrifting of snuffelkoop is 'n florerende, globale verskynsel met 'n mark ter waarde van miljarde, gedryf deur die begeerte na bekostigbare, unieke items, 'n verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en 'n kulturele verskuiwing weg van kitsmode. Thrifting omvat 'n verskeidenheid praktyke, van liefdadigheidswinkels en vlooimarkte tot saamgestelde vintage-boetieks en aanlyn herverkoopplatforms.


CHRISTO VAN DER RHEEDE: GOEDGEMAAK OP GOEDVERWACHT deur Haidee Muller-Isaacs
CHRISTO VAN DER RHEEDE: GOEDGEMAAK OP GOEDVERWACHT deur Haidee Muller-Isaacs episode artwork
09/18/2025

Christo van der Rheede is gebore op Goedverwacht, anderkant Piketberg in die Wes-Kaap. Desjare was hy eers ‘n musiekonderwyser en later skoolhoof. Toe beland hy by die Stigting vir Bemagtiging Deur Afrikaans (SBA) as uitvoerende hoof. Later het Christo homself geanker as sleutelfiguur in Suid-Afrika se landbougemeenskap as bestuurshoof van AgriSA, waar hy agt jaar lank betrokke was. Deesdae is hy 'n besoekende professor aan die Universiteit van die Vrystaat, en aan die stuur van sake by die FW de Klerk-stigting. Hy is vanjaar aangestel as voorsitter van die ABSA KKNK. Haidee Muller-Isaacs het saam met hom deur sy geboorteplek, Go...


EK MIS MY KIND deur Esté de Klerk
EK MIS MY KIND deur Esté de Klerk episode artwork
09/11/2025

Ouervervreemding is die ergste vorm van emosionele kindermishandeling wat toegepas kan word, omdat die kind - wat doelbewus deur sy een ouer van sy ander ouer vervreem word - tot só ‘n mate geïndoktroneer word, dat hy of sy gevoelens van haat teenoor die teikenouer begin koester. In die meeste gevalle is hierdie gevoelens ongegrond. Die kort- en langtermyn impak op die kind wat vervreem word, kan verwoestende gevolge hê, en litigasie in die hof is dikwels vir die teikenouer emosioneel en finansieël uitmergelend.


LAURIKA: LIED VAN ’N LEWE deur Jacqui January
LAURIKA: LIED VAN ’N LEWE deur Jacqui January episode artwork
09/04/2025

’n Dokumentêre program oor die lewe en werk van Laurika Rauch. Van “Kinders van die Wind” tot die hartklop van die land, volg ons haar reis deur musiek, herinnering en menswees. Dis ’n eerbetoon aan ’n ikoon, wat nie net gesing het nie, maar ons laat voel het.


MATIES-RUGBY 150: ‘N NALATENSKAP WAT INSPIREER deur Jody Hendricks
MATIES-RUGBY 150: ‘N NALATENSKAP WAT INSPIREER deur Jody Hendricks episode artwork
08/28/2025

Die bekende Maties-rugbyklub is vanjaar 150 jaar oud - ’n beduidende mylpaal in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis. Sedert die klub se ontstaan in 1875 met ’n wedstryd op Die Braak (gespeel met ’n ronde bal) het die klub gegroei tot een van die mees gedugte instellings in die geskiedenis van die spel.


Bonuspotgooi: DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK
Bonuspotgooi: DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK episode artwork
08/21/2025

Tydens die maak van JEFFREYSBAAI: DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK het Ilse Salzwedel ook gaan inloer by die Jbay Recycling Project, ‘n nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om die omgewing rommelvry te hou. Hulle doen dit op ‘n manier wat ook die kinders van Jeffreysbaai bemagtig. Die kinders kry “moolah” in ruil vir alle herwinbare rommel wat hulle insamel. Die “moolah” kan dan by die projek se winkeltjie verruil word vir alles van skoolklere en skryfbehoeftes tot toiletware, kos, speelgoed en klere. Ilse het met die projekhoof, Tanya Lategan, en van die kinders gesels.


DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK deur Ilse Salzwedel
DORP VAN DROME, DORP VAN SAAMWERK deur Ilse Salzwedel episode artwork
08/21/2025

Jeffreysbaai is een van die die top-10 branderry-bestemmings ter wêreld, maar ‘n bankrot munisipaliteit het byna veroorsaak dat toeriste die dorp begin vermy het. Toe spring die inwoners self in... Deesdae is dit weer een van die drie gewildste kusdorpe in die land, en ‘n model vir goeie samewerking tussen inwoners en die plaaslike munisipaliteit.


DURBANVILLE 200: VAN PAMPOENKRAAL TOT DURBANVILLE deur Johan Rademan
DURBANVILLE 200: VAN PAMPOENKRAAL TOT DURBANVILLE deur Johan Rademan episode artwork
08/14/2025

Durbanville is ‘n landelike dorpie, skaars 25 km van Kaapstad af, wat al die Suiwelboer van die Jaar, Die Graanboer van die Jaar en driemalige Generaal Smutstrofee neffens die betonoerwoud verower het. Die kerk en skool het, soos in baie Suid-Afrikaanse dorpe, ‘n groot rol gespeel in die vorming van die gemeenskappe. In 2026 is dit die 200-tal vir die Durbanville NG gemeente. Die 200ste bestaansjaar van Hoërskool Durbanville sal in 2027 gevier word. Johan Rademan ontrafel ‘n paar geheime uit Durbanville se geskiedenis.


VAN POOL TOT POOL: ARKTIESE EN ANTARKTIESE SEE-YS deur Martelize Brink
VAN POOL TOT POOL: ARKTIESE EN ANTARKTIESE SEE-YS deur Martelize Brink episode artwork
08/07/2025

See-ys is vir die oseaan se ekostelsel soos grond vir die woud. Wanneer seewater koud genoeg word om te vries, verdryf dit sout, wat veroorsaak dat kanale in die ys vorm. Alge groei binne hierdie kanale, en vorm ‘n integrale basis van die voedselketting. Satellietdata-opnames van see-ys het in 1978 begin. Dit wys groot veranderinge oor die afgelope paar dekades. Watter rol speel see-ys in seestrome, ekostelsels en klimaat?


MARIA’S MANOR: DIE KUNS EN LEWE VAN PORTCHIE deur Carla MacKenzie
MARIA’S MANOR: DIE KUNS EN LEWE VAN PORTCHIE deur Carla MacKenzie episode artwork
07/31/2025

Hy is die seun van ‘n groenteboer van die Vrystaat. Sy opgang in die kunswêreld is opspraakwekkend. Carla McKenzie vind uit hoekom Portchie se kuns tot soveel mense spreek. Sy kunswerke is 'n handelsmerk van helder kleure, vorms, fietse, hoenders en blou bome. Die vleulklavier, beelde en skilderye skep ‘n alomteenwoordigheid van vrede in Maria’s Manor. Portchie vier vanjaar 35 jaar as skilder.


AGTER GESLOTE DEURE deur Heindrich Wyngaard
AGTER GESLOTE DEURE deur Heindrich Wyngaard episode artwork
07/24/2025

Die pandemie van geslagsgeweld in Suid-Afrika word in hierdie dokumentêr deur Heindrich Wyngaard ondersoek. Hy stel ’n aantal vroue aan die woord – ’n politieke wetenskaplike, aktiviste, ’n regsgeleerde, ’n sangeres en ’n oorlewende van GBV. Die joernalis, Julian Jansen, skrywer van Die moord op Deveney Nel, neem ook deel. Heindrich waarsku dat van die vertellings moontlik sensitiewe luisteraars mag pla, maar hy sê dit was nodig om dit in te sluit sodat die harde werklikheid van geslagsgeweld deur die luisteraars ervaar kan word. Hy hoop dit sal luisteraars – veral mans – tot aksie dryf.


VEELSYDIGE VAKMEESTER: WOUTRINE THERON deur Ina Strydom
VEELSYDIGE VAKMEESTER: WOUTRINE THERON deur Ina Strydom episode artwork
07/17/2025

Aktrise, dosent, skrywer, teaterbeoordelaar, en stigter van die Nasionale Toneelkompetisie is maar net ván die beskrywings wat van Woutrine Theron gegee kan word. Sy het algemene bekendheid verwerf as Grieta in die destydse televisiereeks, Nommer Asseblief; was vir 30 jaar as dosent verbonde aan die destydse Pretoria Technikon, vandag TUT, en het twee boeke op haar kerfstok. Sy het verlede jaar 80 geword, en beplan om nog ‘n boek te skryf en om weer ‘n stuk op die verhoog, haar voorkeurmedium, te doen. Ina Strydom belig enkele van die vele aspekte van haar loopbaan.


OP ELKE STRAATHOEK: IS DAGGA DIE NUWE WONDERKUUR? deur Jaco de Waal
OP ELKE STRAATHOEK: IS DAGGA DIE NUWE WONDERKUUR? deur Jaco de Waal episode artwork
07/10/2025

Dagga, vir jare ’n taboe, is nou ’n alledaagse gesprekspunt. Van pynverligting tot geestesgesondheid word cannabis toenemend as ’n natuurlike alternatief voorgestel. Maar hoeveel daarvan is medies geregverdig, en hoeveel is bloot bemarking? Jaco de Waal ondersoek die opkoms van mediese cannabis in Suid-Afrika, en die spanning tussen verwagting, navorsing en werklikheid.


TACO KAMSTRA: OP SY EIE WERF deur Kobus Rudolph
TACO KAMSTRA: OP SY EIE WERF deur Kobus Rudolph episode artwork
07/03/2025

In Taco Kamstra se werf is daar ‘n kerktoring en kerkklok, wat uittroon bo sy vliegtuig in sy voorplaas! ‘n 1919 Model T-Ford, wat nog met ‘n slinger aangedraai word, en vele ander voertuie, begroet die mense wat verby sy huis/museum in Pretoria ry of besoek aflê. Taco moes leer om die miniatuur Sentinel-stoomenjin te stook en te dryf – en in die proses het hy sy broer se woonwa beskadig! Hy het 27 veteraanmotors, waarvan die oudste ‘n 1910 High Wheeler (Elektriese perdekoets) is. Die musiek van ‘n vrolike Westerse Cowboy-kroeg begroet jou as jy in die woonkamer instap, met Taco wat sy Steck Pian...


DIE KLEUR VAN LAKENS deur Tharien Oosthuizen
DIE KLEUR VAN LAKENS deur Tharien Oosthuizen episode artwork
03/27/2025

Persone wat trauma beleef is bang en onseker, en het ondersteuning nodig om hulle deur hierdie donker tyd te neem. Dit is hier waar traumaberaders ‘n baie belangrike rol speel. Hulle is die spreekbuis tussen die familie, die pasiënt, en die traumachirurg. Tharien Oosthuizen het tyd spandeer met Rian Steenkamp, ‘n traumaberader by Netcare Milpark in Johannesburg, en met drie mense wat deur trauma geraak is.


TAFELBERG SE KABELKAR deur Johan Rademan
TAFELBERG SE KABELKAR deur Johan Rademan episode artwork
03/20/2025

Die afgelope 96 jaar word Tafelberg se kabelkar ingespan om mense en goedere op en af te laat ry. Johan Rademan het in die skadu van ou Tafelberg gaan kuier.


LIEDJIEBOER: DIE ANTON GOOSEN-VERHAAL deur Ettienne Ludick
LIEDJIEBOER: DIE ANTON GOOSEN-VERHAAL deur Ettienne Ludick episode artwork
03/06/2025

Ettienne Ludick vat die pad Gansbaai toe, waar hy delf in die ryk geskiedenis van 'n lewende legende. Van sy dae op skool toe 'n sielkundige vir hom gesê het musiek is nie vir hom beskore is, tot sy jongste album, Sirkels, met 'n 49 jaar lange reis tussen in. Anton Goosen vertel sy storie nes 'n liedjieboer kan.


DIE PROBLEMATIEK VAN PAROOL deur Ilse Salzwedel
DIE PROBLEMATIEK VAN PAROOL deur Ilse Salzwedel episode artwork
02/27/2025

Ilse Salzwedel ondersoek ‘n kwessie wat die laaste paar maande dikwels voorbladnuus gehaal het: Behoort geweldsmisdadigers parool te kry, of nie? (Die program is nie geskik vir sensitiewe luisteraars of kinders nie, aangesien dit beskrywings van geweld bevat)


SWARTKOPS-SOUTPANNE: VAN SEE TOT SOUT deur Jacques Arendt
SWARTKOPS-SOUTPANNE: VAN SEE TOT SOUT deur Jacques Arendt episode artwork
02/20/2025

Langs die kus van die Oos-Kaap, waar die Swartkopsrivier sy sout water in die see uitstort, lê ’n storie gewortel in die aarde, die see, en die hande van mense. Dit is die verhaal van Swartkops-seesout – ’n natuurlike skat wat met geduld en sorg geskep word. Jacques Arendt neem jou op ’n reis na hierdie unieke plek, waar tradisie, natuur, en gemeenskap hand aan hand gaan. Seesout het al vir eeue 'n belangrike rol gespeel in die geskiedenis van Swartkops. Die inheemse bewoners was die eerste mense wat sout as 'n waardevolle hulpbron gebruik het. Hulle het dit nie net gebruik o...


DIE SKATKIS VAN DIE SAUK deur Elsje van Jaarsveld
DIE SKATKIS VAN DIE SAUK deur Elsje van Jaarsveld episode artwork
02/13/2025

Iewers in ‘n kelder by die nasionale uitsaaisentrum in Aucklandpark lê ‘n skatkis. ‘n Skatkis met pêrels van uitsaaiwese, wat strek oor langer as ‘n eeu. Dié skatte behoort aan elke Suid-Afrikaner. Dis volksbesit. Elsje van Jaarsveld ontdek weer hierdie juwele. Hier tref sy die voetspoere van wêreldklas joernaliste en vermaaklikheidsterre van ouds aan. Dis ‘n roete tussen geskiedenis, mensestories, opinies en ligte oomblikke, wat weer herleef word. Die argief is nie net ‘n plek waar ou opnames geberg word nie. Dit is ‘n plek waar ou stories, nie oud word nie.


HIER VOLG DIE NUUS deur Ina Strydom
HIER VOLG DIE NUUS deur Ina Strydom episode artwork
01/30/2025

Mariëtta Kruger se uitsaailoopbaan strek oor meer as vier dekades, en sy is ewe bekend op radio as op televisie. Sy is bekend vir haar keurige taalgebruik, haar werksetiek en uiterste professionaliteit, en haar kundigheid.


JAMESTOWN: 'N STUKKIE PARADYS deur Haidee Muller-Isaacs
JAMESTOWN: 'N STUKKIE PARADYS deur Haidee Muller-Isaacs episode artwork
01/23/2025

Haidee het afgesit na Jamestown, ook bekend as Webersvallei, 'n hegte gemeenskap met 'n ryk erfenis. Daar het sy die mooiste stories gehoor van ‘n gemeenskap wat passievol is oor dié dorpie aan die buitewyke van Stellenbosch. Vandag nog deel hulle in mekaar se lief en leed.


DIE VERDWYN VAN DIE AFRIKAPIKKEWYN deur Martelize Brink
DIE VERDWYN VAN DIE AFRIKAPIKKEWYN deur Martelize Brink episode artwork
01/16/2025

Volgens sommige omgewingskundiges is dit nie meer ‘n vraag of die brilpikkewyn, ook bekend as die Afrikapikkewyn, sal uitsterf nie. Die pikkewyn, endemies tot Afrika, is krities bedreig. Met só min individuele voëls in die natuur, sal die bevolking funksioneel uitgesterf wees teen 2035. Martelize Brink besoek ‘n skuiling vir die brilpikkewyn; bespreek die druk waaronder die spesie tans probeer oorleef met verskeie wetenskaplikes; en vra die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing watter regulasies in plek is om die spesie te red. Sy praat ook met die Biodiversiteit Regsentrum oor hulle hofsaak teen die departement.


KAALKOP DIE WAARHEID deur Flip Loots
KAALKOP DIE WAARHEID deur Flip Loots episode artwork
01/09/2025

Watter invloed het haarverlies op veral jonger mans se emosionele ingesteldheid? Is daar hoop dat iets aan die kaalkoppe gedoen kan word? Flip Loots  het die antwoorde gaan soek by ‘n haarkapper, ‘n dermatoloog, ‘n sielkundige en ‘n verteenwoordiger van ‘n maatskappy wat hulp in dié verband verleen.


DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA deur Kobus Rudolph
DIE BERGKLUB VAN SUID-AFRIKA deur Kobus Rudolph episode artwork
01/02/2025

Die Bergklub van Suid-Afrika is een van die oudste bergklubs in die wêreld, met 6 000 lede wat passievol is oor die natuur, bewaring, berge, stap, klim, rotsklim, die buitelewe en gewaagde vryklim. Hulle soek- en reddingspanne is die mense wat dwarsoor die land verantwoordelik is vir soek- en reddingsoperasies in die die berge, veld en afgeleë plekke. Deel van elke lid se taak is om die bergklub se gebied te patrolleer vir oortreders, soos stappers of klimmers wat onwettig kamp. Bykans elke naweek is daar spanne op verskeie plekke besig om indringerplante en onkruid uit te roei. Op sommige plekke wo...


WEESKINDERS: DIE MENSE VAN PLATFONTEIN deur Fritz Klaaste en Johann Pieterse
WEESKINDERS: DIE MENSE VAN PLATFONTEIN deur Fritz Klaaste en Johann Pieterse episode artwork
09/26/2024

Die !Xu en Khwe het in vrede en harmonie geleef in die suide van Angola en die noorde van Namibië. Die Portugese Weermag het hierdie natuurmense opgekommandeer om saam met hulle te veg in die Angolese Vryheidsoorlog van die jare 70. Met die onttrekking van Portugese troepe uit Angola, is hulle ‘n nuwe bataljon van SA Weermag, 31 Bataljon, opgeneem. In die periode voor Namibiese onafhanklikheidswording, het hulle ‘n kopseer geword, totdat die Verenigde Nasies se gesant, Martti Ahtisaari, ingestem het om hulle vry te stel sodat hulle in Suid-Afrika hervestig kon word. Die soldate en hulle gesinne is tydelik in ‘n tentedo...


OP SOEK NA LEVONA: DIE ZEPHANY NURSE-VERHAAL deur Heindrich Wyngaard
OP SOEK NA LEVONA: DIE ZEPHANY NURSE-VERHAAL deur Heindrich Wyngaard episode artwork
09/19/2024

Heindrich Wyngaard herbesoek die Zephany Nurse-verhaal. Sy is in 1997 as ‘n drie dae oue baba uit die hospitaal gesteel, en is in 2015 as ‘n matrikulant met haar biologiese ouers herenig. Haar steelma is in 2016 tot tien jaar tronkstraf gevonnis, en is ‘n jaar gelede op parool vrygelaat. Heindrich het in 2015 die eerste boek oor die gebeure geskryf, A HOME FOR ZEPHANY (Naledi Uitgewers). Hy het oor die jare met Zephany in verbinding gebly. In hierdie dokumentêr praat hy met haar, asook met Rachel Waterloo (‘n oudkollega van Levona Solomon) en die joernalis Kevin-John Brand.