Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Spektrum: Publiek se samewerking gevra ná negende vroueliggaam aan Oos-Rand gevind is
17 September 2026: Die publiek se samewerking gevra nadat 'n negende vrou se liggaam aan Gauteng se Oos-Rand gevind is. 'n Petisie vra die parlement om die Gautengse departement van onderwys onder administrasie te plaas. Die Amerikaanse Reserwebank verhoog sy repokoers vir die eerste keer in drie jaar - wat beteken dit vir Suid-Afrika?
Spektrum: Tshwane-verkiesingsdebat
President Cyril Ramaphosa het 4 November as 'n openbare vakansiedag verklaar, want dit is die dag wat Suid-Afrikaners na die stembus toe gaan om te stem vir leiers in hulle munisipaliteite. Dit is seker die een verkiesing waar jou stem op voetsoolvlak 'n impak sal maak, omdat jy toegang het tot die raadslede en die party in jou wyk. Dit maak die verkiesing dus baie belangrik. Ons praat met 'n paar van die grootste partye in die Tshwane Metro. Op ons paneel is Hannes Coetzee van Action SA en 'n burgemeesterskomiteelid, Willie Spies, die burgemeesterkandidaat van die VF Plus, Cilliers Brink...
Spektrum: Sesde liggaam van 'n vrou in Ekurhuleni gevind
15 September 2026: 'n Sesde liggaam van 'n vrou word in Ekurhuleni gevind, die keer in KwaThema in Springs. Die ANC se besware oor sy kandidaatlyste wat laat ingedien is, word in die hof aangehoor. Die Madlanga-kommissie hoor getuienis aan oor die infiltrasie van die Johannesbur Metropolisie.
Spektrum: Liggaam van vyde vrou in Kemptonpark gevind
14 September 2026: Forensiese kundiges van die polisie is op die toneel in Kemptonpark waar ‘n vyfde lyk van ’n vrou gevind is. 'n Gru-ongeluk in die Karoo waarin twee minibustaxis en 'n motor betrokke is, eis die lewens van 21 mense. Cosatu oorweeg wigtige sake by sy 15de kongres in aanloop tot November se plaaslike regeringsverkiesings.
Spektrum: Ses Nigeriërs aan VSA uitgelewer
11 September 2026: Ses Nigeriërs wat glo met 'n R100 miljoen bedrogspul verbind word, word aan Amerika uitgelewer. Suid-Afrikaanse kersieprodusente kry vir die eerste keer toegang tot die Chinese mark. Nampo Kaap bewys sy gewildheid onder boere.
Spektrum: Jacob Zuma maak weer groot veranderings in MK-party
10 September 2026: Die DA dien hofdokumente in om 'n party van belang te wees in die ANC se saak teen die OVK. MK-president Jacob Zuma maak vir die tweede keer in ses week groot verskuiwings aan die partyleierskap. Swak dienslewering kan dorpe wat op toerisme staatmaak, benadeel.
Spektrum: Belgiese Herdershond by polisiekademie beseer, uitgesit
9 September: Ekurhuleni se vroeë kinder-ontwikkelingsprogram van R57 miljoen in die kollig weens ernstige uitdagings. 'n Ondersoek nadat 'n afgetrede polisiehond erg beseer is by ’n polisieakademie, en uitgesit moes word. Die aansoekdatums vir spesiale stemme is bekend.
Spektrum: ANC sleep OVK hof toe
8 September 2026: Suid-Afrika se ekonomie krimp in die tweede helfte van die jaar. Die ANC sleep die Verkiesingskommissie kieshof toe oor die indien van sy kandidaatlyste. Ladingsvermindering is amptelik in sewe provinsies beëindig.
Spektrum: Waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors
7 September 2026: Die geregtelike ondersoek na die dood van Anele Tembe word in die Kaapstad-landdroshof voortgesit. Die waarnemende bestuurshoof van Onderstepoort Biologiese Produkte geskors, hangende 'n ondersoek. Sommige skole verbied matrieks wat hulle wangedra, om hulle matriekafskeid by te woon.
Spektrum: AGOA tot 2028 verleng
4 September 2026: Die AGOA-ooreenkoms word tot 2028 verleng. Aansoeke vir skoolplasings in Gauteng vir graad een en agt leerlinge in 2027, sluit vandag. Die Vryheidsfront Plus wys Franco De Lange as sy burgemeesterskandidaat in Johannesburg aan.
Spektrum: Tongaat Hulett sukkel om produsente betyds te betaal
3 September 2026: Die minister van basiese onderwys skort die implementering van 'n nuwe handboekkatalogus vir die grondslagfase tydelik op. Tongaat Hulett sukkel om suikerrietprodusente betyds te betaal. Die jaarlange nasionale ingryping in die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes is onder die vergrootglas.
Spektrum: El Niño kan lei tot bo-normale temperature in die lente
2 September 2026: Operasie Prosper gaan voortaan bendeleiers teiken. Die Weerdiens waarsku dat 'n sterk El Niño-verskynsel bo-normale temperature hierdie lente kan veroorsaak. Die Verkiesingskommissie ontken dat hy die ANC toegelaat het om kandidatelyste ná die registrasiesperdatum in te dien.
Spektrum: Waarskuwing oor Rotavirus
1 September 2026: Wie is Leonard Lekgetho, die nuwe hoof van die Spesiale Ondersoekeenheid? 'n Waarskuwing oor die voorkoms van die Rotavirus by kinders jonger as vyf jaar. Dis Lentedag, maar koue en reën is op pad na groot dele van die land.
Spektrum: Kommer oor koringoes in die Swartland
31 Augustus 2026: Twee oudpresidente se Konstitusionele Hof-aansoek van die hand gewys. Kommer oor die droogte se impak op die koringoes in die Swartland. Rassie maak die Bok-span vir Saterdag bekend.
Spektrum: Gift of the Givers gereed om hulp in Nepal te verskaf
28 Augustus 2026: Gift of the Givers is gereed om in Nepal hulp te verskaf. 'n Ma van een van die vermiste Suid-Afrikaners het steeds hoop. Politieke partye het tot vyfuur vanmiddag kans om hulle kandidatelyste by die OVK in te dien.
Spektrum: Weermag oorskrei sy begroting met R3,3 miljard
27 Augustus 2026: 'n Geoloog verduidelik die Nepal-ramp. Die weermag se begroting reeds met R3,3 miljard oorskrei, terwyl tweederdes aan salarisse spandeer word. Suid-Afrika versterk handelsbande met Brasilië.
Spektrum: Kriktiek op polisie se hantering van 10111-oproep
26 Augustus 2026: Ondersoekbeamptes is steeds op die toneel waar 'n 50-jarige polisiekaptein vanoggend doodgeskiet is. Die polisie word weens hulle hantering van 'n 10111-oproep gekritiseer. 'n Mosie van wantroue in die Speaker in die parlement, Thoko Didiza, word vanmiddag aangehoor.
Spektrum: Motoronderdelebedryf bloei
25 Augustus 2026: Die motoronderdelebedryf bloei duisende poste in drie jaar. Die voormalige Vryheidsfront Plus koukusleier in die Tshwane Metro, Grandi Theunissen, stap oor na die DA. Suid-Afrika kry dalk twee nuwe private universiteite.
Spektrum: ANC oorweeg voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt
24 Augustus 2026: Die ANC oorweeg 'n voorstel om Gauteng se drie metro's saam te smelt. Duisende onderwysposte is steeds nie gevul nie. Die Springbok-breier maak veranderinge aan die span vir die tweede toets teen die All Blacks in Kaapstad.
Spektrum: Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg
21 Augustus 2026: Politieke moorde in Knysna in die Wes-Kaap is onder die vergrootglas, nadat nóg twee ANC-lede vermoor is. Action SA nader die hof oor die polisiediens se tugproses teen generaal-majoor Wally Rhoode, wat hom van wangedrag vrygespreek het. Die ANC lê strafregtelike klagte teen ‘n maatskappy, wat deur die DA-LP dr. Mark Burke gestig is. Al hoe meer mense steek hulle spaargeld onder die matras weg.
Spektrum: Moontlikheid van hoër brandstofpryse in September
20 Augustus 2026: Die Amerikaanse Nasionale Instituut vir Gesondheid hef sy verbod op die toestaan van navorsingsubsidies op. Hoe diepgewortel lê die probleem van bendeverwante misdaad? Soos sake nou staan, sal brandstofpryse in September styg.
Spektrum: DA se Mark Burke reageer op aantygings
19 Augustus 2026: Die DA se woordvoerder oor finansies, Mark Burke, reageer op die aantygings teen hom. Pas op vir vervalste gewisverliesmedikasie - jy kan tronk toe gaan! Afriforum en March and March gaan saamwerk.
Sal jy mediese produkte gebruik waarvan die inhoud onseker is?
Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku burgers om versigtig te wees nadat 'n toename in die verkoop van onwettige medisyne aangemeld is. Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsprodukte Regulerende Owerheid (SAHPRA) sê die produkte word veral op sosiale media verkoop, maar is ook by gimnasiums en skoonheidswinkels beskikbaar. Corlea Kruger, 'n mediese beheerbeampte by SAHPRA, verduidelik...
Spektrum: Tiener van Malmesbury in hof oor kinderuitbuitingsnetwerke
18 Augustus 2026: 'n Tiener van Malmesbury in die Wes-Kaap verskyn in die hof in verband met ekstremistiese aanlyn-kinderuitbuitingsnetwerke. Strafregkenners gaan by polisiestasies ontplooi word om polisiebeamptes by te staan. Suid-Afrika se gesondheidsreguleerder waarsku mense om versigtig te wees vir onwettige medisyne.
17 Augustus 2026: Johannesburg wil straaturineerders vasvat
17 Augustus 2026: Die dodetal in Saterdagaand se bendeskietery in Newclare in Johannesburg styg tot vier. Die drukgroep teen ongedokumenteerde buitelanders, March and March, trek saam by die SAOG-beraad in Durban, op die dag wat die beraad migrasie bespreek. Johannesburgse beoog streng optrede teen mense wat op straat urineer.
Spektrum: Solidariteit sê hy hou Media24 se herskikkingsplan fyn dop
14 Augustus 2026: Die Spesiale Ondersoekeenheid gaan byna R4 miljard se kontrakte tussen Khumzi Investments en die Oos-Kaapse Departement van Onderwys ondersoek. Solidariteit sê hy sal Media24 se sakeplan fyn bestudeer om vas te stel wat die maatskappy se rede vir sy herskikkingsplan is. Daar is kommer dat vroue steeds met stereotipes, kritiek en strukturele hindernisse te kampe het.
Spektrum: Graan SA ongelukkig oor JSE se sojaboonprysmodel
13 Augustus 2026: Graan SA betoog teen die JSE se sojaboonprysmodel. 'n Beloning uitgeloof ná 'n beweerde brandstigtingsvoorval by die Bloedrivier-erfenisterrein. Zambiërs trek vandag hulle kruisies in dié land se algemene verkiesing.
Spektrum: Hoe lank is ysige weer nog SA se voorland?
12 Augustus 2026: Uitspraak verwag in die saak teen die man, wat na bewering verantwoordelik is vir die brand by die Usindiso-gebou. Ysige weer tref groot dele van die land, maar vir hoe lank? Die gemeenskapspolisiëringsforum in Reiger Park sê meer mans moet betrokke raak in die stryd teen bendegeweld.
Spektrum: 14 vermeende onwettige mynwerkers in Noordwes dood
11 Augustus 2026: Ons praat met ons verslaggewer op die toneel waar 14 mynerwerkers dood is. Die jongste oor watter passe oop en watter toe is weens sneeu. Die tweede kwartaal se indiensnemingstatistiek is pas bekend.
Spektrum: Waar gaan nóg sneeu val?
10 Augustus 2026: Versoeke dat misdaadintelligensie-operasies versterk word in bendegeteisterde gebiede soos Reigerpark. 'n Weerkundige verduidelik waar nóg sneeu gaan val. Arrive Alive waarsku dat sneeu- en ystoestande uiters versigtig aangepak moet word.
Spektrum: Bibberweer, sneeu en reën vir SA
7 Augustus 2026: Kiesers kan nog tot middernag aanlyn registreer. Ons praat met die OVK oor die proklamasie van die verkiesingsdatum. Kommer oor e-taxis se veiligheid nadat 'n vrou ontvoer is. Reën en sneeu van Sondag af oor groot dele van die land.
Spektrum: Ebola-gevalle in DRK styg tot meer as 1 800
6 Augustus 2026: Vier mense wat by die Madlanga-kommissie geïmpliseer is, word vir misdaadondersoek verwys. Die geskorste adjunkhoof van die Ekurhuleni-metropolisie, Julius Mkhwanazi, en vier ander is in Brakpan se landdroshof in verband met die moord op Emmanuel Mbense in 2022. Die aantal gevalle van Ebola in die Kongo styg tot meer as 1 800.
Spektrum: SA teken grootste mielieoes ooit aan
5 Augustus 2026: President Cyril Ramaphosa mag glo voor die afsettingskomitee gedaag word om te getuig. Die Departement van Binnelandse Sake kan nie meer weier om die geboorte van 'n kind in Suid-Afrika te registreer nie bloot omdat die ouers nie geldige immigrasiedokumente het nie. Suid-Afrika teken die grootste mielieoes ooit aan.
Spektrum: Geordin Hill-Lewis sê Kaapstad wil nié die rol van SA Polisiediens oorneem nie
4 Augustus 2026: Inwoners van Westbury in Johannesburg eis optrede teen bendegeweld. Opposisiepartye sê 'n leierskapskrisis dreig in die Noord-Kaapse kabinet ná die bedanking van nog 'n LUR. 'n Formele inter-regeringsgeskil is verklaar oor die afwenteling van polisiemagte na die Kaapse Metropolisie. Die gedrag van ouers by skolesportwedstryde onder die vergrootglas.
Spektrum: 1-miljoen dosisse bek-en-klouseer-entstof reeds by boere
3 Augustus 2026: Rooivleisbedryfsdienste sê ‘n miljoen entstofdosisse teen bek-en-klouseer het reeds boere bereik. Die hooggeregshof in Kaapstad hoor betoë aan oor die grondwetlikheid van die Onteieningswet. 'n Nuwe entstof bring hoop om die stryd teen TB te wen.
Spektrum: Stropery van vetplante onder vergrootglas
31 Julie 2026: Vyf Suid-Afrikaanse veldwagters is die afgelope jaar dood terwyl hulle aan diens was. Op Wêreld Veldwagterdag eer ons die manne en vroue op die voorpunt teen stropery. Die stropery van vetplante is onder die vergrootglas.
Spektrum: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh
30 Julie 2026: Kommer oor sluiting van Premier Foods se aanleg op Tulbagh. Die DA sê die president se Nasionale Water Aksie Plan is gebrekkig. 'n Prysskok vir dieselverbruikers volgende week.
Spektrum: Wes-Kaap kry nuwe polisiekommissaris
29 Julie 2026: Die Wes-Kaap kry 'n nuwe polisiekommissaris. 'n Ondersoek is gelas na die toekoms van duisende residensiële eiendomme in staatsbesit. Brandbestryders in Frankryk worstel om veldbrande onder beheer te bring te midde van 'n hittegolf.
Spektrum: Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf?
28 Julie 2026: Ons praat met Retief Odendaal oor sy versoek vir presidensiële ingryping by die Nelson Mandelabaai Metro. Het president Trump homself in 'n hoek vasgeverf? Wêreld Natuurbewaringsdag word vandag gevier.
Spektrum: Andrea Johnson by Madlanga-kommissie ondervra oor veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting
27 Julie 2026: Die voormalige hoof van die Ondersoekdirektoraat Teen Korrupsie, advokaat Andrea Johnson, word by die Madlanga-kommissie ondervra oor haar gevolgtrekking dat veiligheidsklaringsprosesse by Misdaadinligting gemanipuleer is. Ons praat oor die verskynsel van amptenare - soos Johnson - wat bedank voor hulle tot verantwoording geroep kan word. 'n Verdagte wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op die DA-kandidaat-raadslid, Sinovuyo Dyokwe, sal na verwagting vandag in die landdroshof in Kaapstad verskyn.