Monitor

40 Episodes
Subscribe

By: RSG

Die Monitorspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

✂️ Clip this podcast
Monitor: Groot daling in petrolprys verwag
Monitor: Groot daling in petrolprys verwag episode artwork
Today at 4:00 AM

27 November 2026: Munisipale rade moet vandag hulle eerste sittings hou om provinsiale ingryping te vermy. 'n Groot daling in die petrolprys word vir volgende week voorspel. Uitspraak voorbehou in Afriforum se hofsaak oor 'n skikkingsooreenkoms ná Nersa se kragtariefflater.


Monitor: Kommer oor El Niño-impak op kleinskaalse vissers
Monitor: Kommer oor El Niño-impak op kleinskaalse vissers episode artwork
Yesterday at 4:00 AM

26 November 2026: Die nasionale polisiekommisaris gryp in om die tekort aan verkragtingtoetsstelle te pak. Kommer oor El Niño se impak op kleinskaalse vissers. Die voorverhoor van beskuldigdes in die Jagersfontein-slikramp tot volgende jaar uitgestel.


Monitor: Is dit finaal dat DA in Johannesburg en Tshwane se opposisiebanke sal sit?
Monitor: Is dit finaal dat DA in Johannesburg en Tshwane se opposisiebanke sal sit? episode artwork
Last Wednesday at 4:00 AM

25 November 2026: Die MRK sê oorvol klaskamers en onveilige sanitasiegeriewe kelder basiese onderrig. Die TEARS-stigting vra die president om sy beloftes oor die bekamping van geslagsgeweld gestand te doen. Is dit 'n uitgemaakte saak dat die DA in die opposisiebanke in Johannesburg en die Tshwane Metrorade sal sit? Ons praat met die leier van die party.


Monitor: Kenners waarsku dat ESKOM alle tekens toon van ‘n doodspiraal
Monitor: Kenners waarsku dat ESKOM alle tekens toon van ‘n doodspiraal episode artwork
Last Tuesday at 4:00 AM

24 November 2026: Die verkiesing van Johannesburg se ampsdraers uitgestel tot Vrydag. 'n Samewerkingsooreenkoms tussen die ANC, MKP, ActionSA, EFF en IVP in alle plaaslike regeringsrade waar die partye verteenwoordig is. Kenners waarsku dat ESKOM alle tekens toon van ‘n doodspiraal.


Monitor: Continental Tyres dalk weg uit Gqeberha
Monitor: Continental Tyres dalk weg uit Gqeberha episode artwork
Last Monday at 4:00 AM

23 November 2026: Continental Tyres oorweeg dit om produksie by sy Gqeberha-aanleg te staak. Die DA paai die ANC met 'n sogenaamde bestendigheidsraamwerk. 'n Nuwe pil kan 'n deurbraak in die behandeling van pankreaskanker meebring.


Monitor: Het Helen Zille die aftog geblaas?
Monitor: Het Helen Zille die aftog geblaas? episode artwork
11/20/2026

20 November 2026: Ons praat met die teen-bendegroep, PAGAD, oor sy strategie in Kaapstad. Die ANC, ActionSA, die EFF en die MK-Party skuif al hoe nader aan koalisievorming, terwyl Helen Zille volgens berigte die aftog blaas. Paspoortaansoeke is nou sonder afspraak by banke beskikbaar.


Monitor: Sal Reserwebank rentekoers verhoog?
Monitor: Sal Reserwebank rentekoers verhoog? episode artwork
11/19/2026

18 November 2026: Hoë brandstofpryse stoot inflasie op tot die hoogste vlak in meer as 2 jaar. Sal die Reserwebank torring aan sy uitleenkoers? Wat behels die polisie se nuwe Herstel Agenda - ons praat met 'n parlementslid wat toesig moet hou oor die uitvoering van dié plan.


Monitor: SASKOK ondersoek Swem SA/Tatjana Smith-petalje
Monitor: SASKOK ondersoek Swem SA/Tatjana Smith-petalje episode artwork
11/18/2026

18 November 2026: SASKOK word beveel om die debakel tussen Swem SA en Tatjana Smith te ondersoek. Die DA stel beginsels vir sy moontlike koalisieregerings bekend. Amerika verloor sy maselvrye-status.


Monitor: Waterbeperkings dalk weer in Wes-Kaap ingestel
Monitor: Waterbeperkings dalk weer in Wes-Kaap ingestel episode artwork
11/17/2026

17 November 2026: Waterbeperkings is binnekort weer Wes-Kapenaars se voorland. MTN probeer weer om Telkom oor te neem, vier jaar ná 'n mislukte poging. China wil teen 2030 KI-geletterdheid onder alle skoolkinders vestig.


Monitor: Daling in petrolprys voorspel
Monitor: Daling in petrolprys voorspel episode artwork
11/16/2026

16 November 2026: 'n Daling in die petrolprys word voorspel. Die ANC stel 'n nasionale koalisie-onderhandelingspan aan onder leiding van sy sekretaris-generaal. Negentig persent van die land se kudde is reeds teen bek-en-klouseer ingeënt.


Monitor: ANC gee terugvoer oor koalisies
Monitor: ANC gee terugvoer oor koalisies episode artwork
11/13/2026

13 November 2026: Die ANC gee terugvoer oor koalisies: Klop die syfers om rade te vorm? Ons praat met 'n navorser. Die Amerikaanse Demokraat, Scott Colom, word verkies as Mississippi se eerste swart Senator. Boere word gemaan om betyds gereed te wees vir El Niño se hoogtepunt.


Monitor: Waar staan dinge met koalisie-onderhandelinge?
Monitor: Waar staan dinge met koalisie-onderhandelinge? episode artwork
11/12/2026

12 November 2026: Die Helen Suzman-stigting sê Julius Malema het die afgelope sewe jaar volgehoue aanvalle op die regbank gedoen en kan dus nie op die Regterlike Dienskommissie dien nie. Waar staan dinge tans met onderhandelinge om koalisies te vorm. Hoe sal Republikeine, met twee jaar van president Trump se ampstermyn oor, hom benader? Swartvrydag-winskope het reeds afgeskop - 'n kenner waarsku teen die slaggate.


Monitor: Werkloosheidskrisis verdiep
Monitor: Werkloosheidskrisis verdiep episode artwork
11/11/2026

11 November 2026: Suid-Afrika se werkloosheidskrisis verdiep. Soos sake nou staan, sal brandstofpryse aanstaande maand daal. Ons vra 'n kenner hoekom meer as 14 miljoen geregistreerde kiesers nie gaan stem het nie.


Monitor: Kommer oor verhoging in skoolfooie
Monitor: Kommer oor verhoging in skoolfooie episode artwork
11/10/2026

10 November 2026: Die saak teen die 10 mense wat stembriewe in Douglas opgeskeur het, gaan vandag voort. Erge kommer oor die meeste skole wat hulle fooie bó die inflasiekoers verhoog. Ons fokus op Postmasburg in die Noord-Kaap, waar 'n nuwe gemeenskapsparty koning kraai.


Monitor: Action SA oor hulle sukses en koalisieplanne
Monitor: Action SA oor hulle sukses en koalisieplanne episode artwork
11/09/2026

9 November 2026: Ná die verkiesing is die uitslag in 137 rade steeds onbeslis - ons bespreek die opsies en moontlikhede van hoe jy op plaaslike regeringsvlak regeer sal word. Action SA praat oor hulle sukses en koalisieplanne. Wat sê die afgelope verkiesing vir ons oor die verdieping van die Suid-Afrikaanse demokrasie?


Monitor: Koalisieregerings vir Gauteng se drie groot metro’s
Monitor: Koalisieregerings vir Gauteng se drie groot metro’s episode artwork
11/06/2026

6 November 2026: Die ANC se steun hou aan om te kwyn; koalisieregerings blyk die voorland te wees vir Gauteng se drie groot metro’s. Ons praat met Hellen Zille, die DA se burgemeesterskandidaat vir die Goudstad. Action SA maak geskiedenis in die Karoo.


Monitor: Die verkiesings in SA en die VSA is verby - wat nou?
Monitor: Die verkiesings in SA en die VSA is verby - wat nou? episode artwork
11/05/2026

5 November 2026: Ons hoor by die OVK hoe die verkiesing verloop het en hoe die tellery vorder. Wat sal nou in Amerika gebeur ná die Demokrate se geskiedkundige oorwinning in die middeltermyn-verkiesing.


Monitor: Dit is stemdag
Monitor: Dit is stemdag episode artwork
11/04/2026

4 November 2026: Stembusse maak oor minder as 'n uur oop in die plaaslike regeringsverkiesing. Kommer oor werksverliese in die landbousektor nadat Suid-Afrika uit AGOA geskop is. Dit lyk of die Demokrate die Huis van Verteenwoordigers van die Republikeine in die middeltermynverkiesing in Amerika kan wegrokkel. 'n Fliek vir die eerste keer sedert 2013 in Suid-Afrika verban.


Monitor: SA uit AGOA geskop
Monitor: SA uit AGOA geskop episode artwork
11/03/2026

3 November 2026: Amerika se weglating van Suid-Afrika uit die AGOA-handelsprogram, ontlok wye reaksie. Meer as 200 stemlokale in Kaapstad het gister laat geopen. Die Menseregtekommissie maak sy verslag oor die waterkrisis in Johannesburg bekend.


Monitor: Vyf verdagtes môre in hof oor Donovan Marx-plaasaanval
Monitor: Vyf verdagtes môre in hof oor Donovan Marx-plaasaanval episode artwork
11/02/2026

2 November 2026: Vyf verdagtes sal na verwagting môre in die hof verskyn in verband met die Donovan Marx-plaasaanval. Sowat 2,6 miljoen mense kan vandag en môre spesiale stemme uitbring. 'n Honderd jaar gelede is die aktivis Emily Hobhouse met 'n staatsbegafnis in Bloemfontein vereer.


Monitor: Kaapstad verskerp veldtog teen taxigeweld
Monitor: Kaapstad verskerp veldtog teen taxigeweld episode artwork
10/30/2026

30 Oktober 2026: Die polisie en die Kaapstad-metro verskerp hulle veldtog teen taxigeweld. Parlementslede eis deursigtigheid oor die Iran-vlootherrie. 'n Back-A-Buddy-veldtog om die 53-jarige Sydney Hill wat 'n motorkaper in KwaZulu-Natal geskiet het, te ondersteun, staan op meer as R425 000.


Monitor: Suid-Afrikaners reis minder plaaslik, maar spandeer meer
Monitor: Suid-Afrikaners reis minder plaaslik, maar spandeer meer episode artwork
10/29/2026

29 Oktober 2026: Suid-Afrikaners reis minder binne die landsgrense, maar spandeer meer op hulle reise. Meiringspoort sal betyds oop wees vir motoriste wat dié feestyd kuswaarts reis. Betree Suid-Afrika 'n nuwe era van vroueleierskap? Ons bespreek drie prominente vrouepolitici met ontleders.


Monitor: Tesourie beplan om brandstofheffings permanent te skrap
Monitor: Tesourie beplan om brandstofheffings permanent te skrap episode artwork
10/28/2026

28 Oktober 2026: 'n Nuwe varsproduktemark in Mpumalanga wil 150 000 kleinskaalse en opkomende boere direkte toegang tot formele handelsmarkte gee. Duduzile Zuma-Sambudla gaan aansoek om ontslag doen, nadat die staat sy onrus-saak in Durbanse Hooggeregshof sluit. Die jongste oor Israel se verkiesing.


Monitor: Gevalle van maagdermontsteking in Bronkhorstspruit neem toe
Monitor: Gevalle van maagdermontsteking in Bronkhorstspruit neem toe episode artwork
10/27/2026

27 Oktober 2026: Die aantal maagdermontsteking-gevalle in Bronkhorstspruit styg tot 833. Die voormalige Vlakplaas-bevelvoeder sê die NVG het versuim om sy werk te doen. Wat lok swart kiesers na die Vryheidsfront Plus? Ons praat met die party se leier en 'n ontleder.


Monitor: Parlement eis optrede oor waterkrisis in Tshwane
Monitor: Parlement eis optrede oor waterkrisis in Tshwane episode artwork
10/26/2026

26 Oktober 2026: Die polisie loof 'n beloning uit ná 'n skietvoorval in Lavender Hill op die Kaapse Vlakte. Die parlement eis optrede oor die waterkrisis in die Tshwane-metro. Boere in Limpopo lei groot finansiële verliese weens die uiters swak toestand van die R572-pad.


Monitor: Witskrif oor plaaslike regering bekendgemaak kort voor verkiesing
Monitor: Witskrif oor plaaslike regering bekendgemaak kort voor verkiesing episode artwork
10/23/2026

23 Oktober 2026: Die regering stel die finale hersiene witskrif oor plaaslike regering bekend. 'n Belangrike bedrogsaak waarby spioene betrokke is, sal in die openbaar gehou word. Die Minister van Finansies reageer skerp op beskuldigings dat die verligting in brandstofheffings 'n politieke set is om stemme te werf.


Monitor: Effe verligting vir motoriste
Monitor: Effe verligting vir motoriste episode artwork
10/22/2026

22 Oktober 2026: Effe verligting vir motoriste. Politieke partye reageer uiteenlopend op die mediumtermyn-begrotingsraamwerk. Die polisie is op soek na rekrute uit minderheidsgroepe.


Monitor: Sal die minister van finansies brandstofprysverligting aankondig?
Monitor: Sal die minister van finansies brandstofprysverligting aankondig? episode artwork
10/21/2026

21 Oktober 2026: Motoriste hoop dat die minister van finansies verligting by die brandstofpomp sal aankondig. Kritiek teen die stiging van die Rooivleisforum. Ons vind uit watter stappe die regering sal neem, nadat talle inwoners in die Bronkhorstspruit-omgewing maag- en dermsiektes opgedoen het.


Monitor: Mbeki ontken inmenging in vervolging van WVK-sake
Monitor: Mbeki ontken inmenging in vervolging van WVK-sake episode artwork
10/20/2026

20 Oktober 2026: Oudpresident Thabo Mbeki ontken inmenging in die vervolging van die Waarheid- en Versoeningskommissie-sake. Wat wil die Vryheidsfront Plus bereik met sy dispuut in die RNE oor AGOA.'n nuwe boek vertel Roelf Meyer se politieke- en lewensverhaal.


Monitor: Wat is Trump se doel met opskorting van Rusland-sanksies?
Monitor: Wat is Trump se doel met opskorting van Rusland-sanksies? episode artwork
10/19/2026

19 Oktober 2026: November se SASSA-uitbetalings gaan vroeër plaasvind. Net vyf van die Ekurhuleni-metro se 37 swembaddens in 'n werkende toestand. Wat voer president Trump in die mou met die opskorting van sanksies teen Rusland?


Monitor: Nóg ’n skerp styging in brandstofprys?
Monitor: Nóg ’n skerp styging in brandstofprys? episode artwork
10/16/2026

16 Oktober 2026: Die OVK sê hy sal die Konstitusionele Hof se bevel oor kandidaatlyste uitvoer. Nog 'n skerp styging in die brandstofprys voorspel. Miljoene Suid-Afrikaners ly honger, maar wat doen die regering aan dié probleem? Ons praat met die Minister van Landbou, Willie Aucamp.


Monitor: PAGAD se herverskyning op die Kaapse Vlakte
Monitor: PAGAD se herverskyning op die Kaapse Vlakte episode artwork
10/15/2026

15 Oktober 2026: 'n Verdagte sal na verwagting vandag in die hof verskyn in verband met die skietery in Katlehong aan die Oos-Rand wat die lewens van vier lede van die ANC-jeugliga geëis het. Ons praat met die polisie se voormalige misdaadintelligensie-operateur, David Africa, oor die herverskyning van PAGAD op die Kaapse Vlakte. Rioolwater in Hartebeespoortdam wek opnuut kommer.


Monitor: Nasionale Verbruikerskommissie onder skoot oor telebemarkerriglyne
Monitor: Nasionale Verbruikerskommissie onder skoot oor telebemarkerriglyne episode artwork
10/14/2026

14 Oktober 2026: Die Nasionale Verbruikerskommissie se riglyne om telebemarkers te beheer, kom onder skoot. Die regering se pogings om met landsburgers te kommunikeer word dikwels deur waninligting gefrustreer - ons praat met 'n adjunk direkteur-generaal van die regering se kommunikasie-en-inligtingstelsel-afdeling hieroor. City Power in Johannesburg tree teen die sindikate op agter onwettige elektrisiteitsverbindings.


Monitor: Tshwane-burgemeester sê stad se finansiële situasie is omgekeer
Monitor: Tshwane-burgemeester sê stad se finansiële situasie is omgekeer episode artwork
10/13/2026

13 Oktober 2026: Tshwane se burgemeester beweer dat die stad sy finansiële situasie omgekeer het. Die adjunk nasionale polisiekommisaris se bedanking behoort nie die einde van verantwoordbaarheid te wees nie, sê die parlementere polisiekomitee. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof hoor aansoeke aan deur die EFF en 'n ander party oor die artikel 89-komitee se besluit om die aanbeveling van advokaat Thandazani Madonsela as hoofbewysleier terug te trek.


Monitor: Matrieks begin met hulle finale eksamen
Monitor: Matrieks begin met hulle finale eksamen episode artwork
10/12/2026

12 Oktober 2026: Meer as 'n miljoen matrikulante sal van vandeesweek af in die finale eksamen pen op papier sit. Asielaansoeke deur buitelanders sal na verwagting van 10 November af weer verwerk word. Spanning laai op binne die Regering van Nasionale Eenheid oor die ANC se hantering van betrekkinge met Amerika.


Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede
Monitor: Gewelddadige onluste teen migrante in talle stede episode artwork
10/09/2026

9 Oktober 2026: Gewelddadige onluste teen migrante breek uit in Durban, Gqeberha en Soweto in Johannesburg. Druk uit talle oorde vir 'n brandstofprysverliging - ons praat met 'n ekonoom oor wat die regering kan doen. In Geestesgesondheidsmaand val die fokus vandag op aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom.


Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak
Monitor: Ian Cameron gaan identiteit van seksuele oortreders bekendmaak episode artwork
10/08/2026

8 Oktober 2026: Die voorsitter van die polisieportefeuje-komitee, Ian Cameron, gaan sélf die identiteite van seksuele oortreders bekendmaak. Volgens 'n Konstitusionele hof-beslissing mag niemand weggewys word wat om asiel wil aansoek doen nie, maar hoe strook dit met ongedokumenteerde buitelanders wat die land moet verlaat? 'n Nuwe webportaal maak dit moontlik om alle ongebruikte staatsgrond en -eiendom in KwaZuluNatal te huur of te koop.


Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel
Monitor: Plaasmoord in Noordwes wyd veroordeel episode artwork
10/07/2026

7 Oktober 2026: 'n Plaasmoord naby Ottosdal in Noordwes word wyd veroordeel. Die Dierebeskermingsvereniging lê misdaadklagte teen polisiebeamptes betrokke by die dood van die polisiehond, Sky. Hoe baat die onwettige brandstofbedryf by die hoë brandstofprys? Ons praat met 'n kenner oor brandstofskelms se foefies.


Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting
Monitor: Pleidooie vir brandstofprysverligting episode artwork
10/06/2026

6 Oktober 2026: Met hemelhoë brandstofprysverhogings vanaf middernag, rig politieke partye en vakbonde 'n dringende versoek vir prysverligting. Kommer oor 'n ten-alle-koste-wen mentaliteit in skolesport. 'n Groot internasionale toekenning vir die Suid-Afrikaanse kunstenaar Zanele Muholi.


Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte
Monitor: Die Weermag bestee miljarde aan private huurvlugte episode artwork
10/05/2026

5 Oktober 2026: Die Weermag bestee bykans R4,2 miljard aan private huurvlugte. Iran sê die Straat van Hormoes bly gesluit tot die VSA aan sewe voorwaardes voldoen. ’n Herrie dreig oor die Minister van Polisie en sy voorganger se jaarlikse gesamentlike salaris.