Nuus met Spies

38 Episodes
Subscribe

By: Mia Spies & Volume

Nuus met Spies is 'n podsending wat elke Vrydag die voorafgaande week se belangrike nuusgebeure akkuraat, betroubaar en sinvol uiteensit. Die joernalis Mia Spies vat die inligting wat elke landsburger behoort te weet saam en verweef dit met nuusmakers se eie woorde. Die grootste nuusgebeurtenis van die week word ook kortliks deur 'n kenner op die gebied ontleed. Ons vervaardigers is Roland Perold en Andisiwe May. Nuus Met Spies is ‘n produksie in samewerking met die potgooi-produksiehuis Volume. Vir meer inligting oor Volume gaan na https://www.volume.africa. Indien jy elke Vrydag hierdie podsending in jou WhatsApp inboks wil kr...

26/11 - SA op rooilys weens ‘super’ Covid-variant; Kommer oor kinderontvoerings; DA vat Gauteng metro’s; én Kaapse wind waai woes
#38
Last Friday at 3:00 AM

In ‘n neutedop: Nuwe variant van koronavirus, bekend as B.1.1.529, in SA, Botswana en Hong Kong waargeneem; Suider-Afrika terug op Brittanje se reisrooilys; Kabinet waarsku oor kinderontvoerings; DA burgemeesters verkies in drie Gautengse metro's; President sê ANC-regering sal koalisieregerings steun; Planne om Eskom op te deel vorder; Polisie gereed ná dreigemente oor KZN-onluste op Swart Vrydag; Rassie laat vaar appèl teen Wêreldrugby; Noord-Korea gee doodstraf oor Squid Game en Weerdiens waarsku teen skadelike wind in die Noord- en Wes-Kaap.


19/11 - Eskom hou SA in donker; Rand verswak ná repokoers besluit; én Rasperstemsanger Theuns sterf
#37
11/19/2021

Beurtkrag is die week ingestel weens enorme druk op die kragnetwerk; Repokoers styg die eerste keer in 3 jaar; Kortlys vir die amp van hoofregter bekend gemaak; Kaapstad se jongste burgemeester nóg ingesweer; Tiener van Driehoek-brugramp ontvang nasionale orde; Afriforum sal hof toe om aandklokreël te eindig; Medelye stroom in vir oudbok Jannie du Plessis ná seuntjie sterf; Rassie Erasmus skuldig bevind oor videosage; én Sanger Theuns Jordaan verloor sy kankerstryd.


12/11 - Ontslape De Klerk sê jammer; Staatskuld in minister se visier, wys ‘mini-begroting’; én Eskom sit ligte aan (vir nou!)
#36
11/12/2021

Oudpresident FW de Klerk vra om verskoning vir apartheid in video-boodskap kort voor sy dood; Minister van Finansies, Enoch Godongwana lewer sy eerste mediumtermyn-begrotingsraamwerk; Eskom skaal beurtkrag af ná ‘n donker week; Moti-broers wat in Polokwane ontvoer is gevind; ‘nDerde van volwasse Suid-Afrikaners ten volle teen Covid-19 ingeënt; Leeus in Singapoer-dieretuin toets positief vir koronavirus en Travis Scott gedagvaar ná stormloop by konsert 8 lewens eis.


05/11 - Verkiesingsuitslae verklaar, nou moet partye saamwerk, vra Ramaphosa; Nuwe rekord brandstofprys; én SA skrywer wen gesogte Booker-prys
#35
11/05/2021

Uitslag van plaaslike verkiesings verklaar, nou moet partye bedmaats kies; Magashule-saak uitgestel tot Februarie; Na skerp styging is brandstof duurste óóit; Kaal vrou skop bohaai op in Kaapse bank; SA het laagste positiewe Covid-persentasiekoers sedert pandemie begin, WGO bekommerd oor Covid-syfers in Europa; Vermiste 4-jarige in Australië gevind; COP26 beloof miljarde om SA groener te raak; en Een van ons eie skrywers wen gesogte Britse Booker-prys, vind uit wie dit is.


15/10 - Ministers in gyselaarsdrama met militêre veterane; Chaos in Gqeberha; én 90-jarige akteur oudste mens in ruimte
#34
10/15/2021

Ministers gyselaar gehou deur oudstryders; Zuma vaar uit teen howe tydens sy biddag in KZN; Chaos breek in Gqeberha uit ná ongeluk; Wes-Kaap owerhede pak Cele oor polisiehulpbronne; LUR van Mpumalanga in hegtenis vir dubbele moord; Beurtkrag kan weer op kort kennisgewing geïmplementeer word, waarsku Eskom; Numsa-staking gaan voort; Verpligte inentings by universiteite bespreek; Olimpiese atleet van Kenia vermoor; Star Trek-akteur oudste mens óóit in buitenste ruim én Hittegolf-toestande heers, waarsku weerdiens.


08/10 - Beurtkrag is terug, Britte verwyder SA van reisrooilys; én Tutu word 90.
#33
10/08/2021

Eskom hou land in duister die naweek; Brittanje verwyder uiteindelik SA van rooilys vir toeriste; Kortlys bekend vir SA se nuwe hoofregter; Nasionale polisiehoof se skorsing dreig, DA verwyder omstrede plakkate in KZN; Inentings vir kinders in SA word bespreek; WGO beveel Malaria-entstof vir kinders aan; Ma wat glo dogtertjies in NZ vermoor se verhoor begin 2023; Pandora-dokumente lê rykes se wegsteekplekke bloot, én Wêreld vier emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se 90ste verjaarsdag.


01/10 - Koppe rol oor Digital Vibes én 007 is terug...vir die 25ste keer!
#32
10/01/2021

Suid-Afrika is uiteindelik terug op vlak 1 van die staat van inperking; Inentingspaspoorte op pad; Politieke partye maak groot beloftes voor die plaaslike regeringsverkiesing; Verdoemende bevindings in verslag oor Digital Vibes-tenderskandaal; Staatskapingskommissie kry weer uitstel; Bendegeweld eis 4-jarige in Kaap; Klimaataktivis kap wêreldleiers se “blah blah blah” en Bond is terug…James Bond.


24/09 - Volstoom vorentoe met verkiesing; NZ-tragedie: Pa het vergewe; en Beste braaibroodjie bekroon
#31
09/24/2021

Noudat die registrasieproses afgehandel is, gaan politieke partye hard vry na stemme voor die plaaslike regeringsverkiesing; Johannesburg se nuutverkose burgemeester verongeluk; Kaapse onderwyser by skool doodgeskiet; Nagwaak vir vermoorde SA sussies in Nieu-Seeland gehou; Zuma oorweeg strafregtelike klag teen staatsaanklaer in korrupsieverhoor; Afrikaans moet terug by Unisa, beslis hof; en ‘...Maar kan jy braaibroodjies maak?’


17/09 - SA terug op Vlak 2; Zuma hoor sy lot én Verkiesing vevroeg matriekeindeksamen
#30
09/17/2021

Inperkingsregulasies verslap na Vlak 2 nadat nuwe Covid-infeskies afneem; Meer as 15,4 miljoen inentings nou al in die SA toegedien; Sahpra het die Pfizer-entstof vir 12-jariges en ouer goedgekeur; Landsburgers kan die naweek registreer vir die munisipale verkiesing; Matrieks se eksamenrooster aangepas oor verkiesing; Zuma hoor Vrydag of sy tronkstraf herroep word en die Curriebeker bly in Pretoria.


10/09 - Zuma op vrye voete; Verslapping van inperkingsregulasies ‘bespreek’; én ABBA maak Kaapse draai!
#29
09/10/2021

Oudpres. Jacob Zuma is vrygelaat én sy korrupsieverhoor is uitgestel; ANC dank Carl Niehaus af; SA hou 1 November munisipale verkiesing; Net drie partye verklaar skenkings by OVK; Gesprekke is aan die gang om inperkingsmaatreëls te verslap; Wes-Kaap premier Alan Winde vra dat die Nasionale Ramptoestand opgehef word; Covid-19-entstofproewe vir kinders begin in SA; Heldeontvangs vir Paralimpiese sterre; én die Moederstad is op ABBA se virtuele toer.


03/09 - ‘Inent-paspoorte’ vir SA oorweeg ; 8 vas vir fluitjieblaser-moord; én Paralimpiërs “sit ons op wêreldkaart”
#28
09/03/2021

Hoofnuus die week is dat ‘n nuwe variant van die koronavirus, bekend as C.1.2, in agt provinsies in die land geïdentifiseer is; Die regerig oorweeg inent-paspoorte vir landsburgers; Agt vergdates vas vir moord op fluitjieblaser Babita Deokaran; In KZN is 11 dood in twee massaskietvoorvalle in Umlazi; Nog net een SA’ner oor in Kaboel; Orkaan Ida saai verwoesting in New York; en Paralimpiese sterre sit SA “op die wêreldkaart”, sê Ramaphosa.


27/08 - Bloedbad in Kaboel; NW-premier bedank; en Eers intense kouefront dán lente
#27
08/27/2021

Twee bomontploffings in Afghanistan eis tientalle lewens; Adjunk-president David Mabuza is terug in die land; Noordwes-premier Job Mokgoro bedank; ANC-personeellede staak oor salarisse; ANC-lede hou die land se howe besig; Fluitjieblaser Babita Deokaran in Johannesburg vermoor; Pfizer-entstof volledig deur FDA goedgekeur; Genoeg entstofdosisse vir SA tot die einde van die jaar; SA in aksie by die Paralimpiese Spele in Tokio; En ‘n intense kouetront beweeg oor die land voordat die lente aanbreek.


20/08 - SA’ner vertel oor “benoude oomblikke” in Afghanistan; Nosiviwe is nuwe speaker; én 18-plussers kan inent
#26
08/20/2021

‘n Suid-Afrikaner vertel in ‘n eksklusiewe onderhoud vir my hoe hy uit Kaboel gevlug het nadat die Taliban die land se hoofstad die week oorgeneem het; Nosiviwe Mapisa-Nqakula is as die nuwe speaker vir die Nasionale Vergaderingaangewys; Meer as 10 miljoen Covid-19-entstofdosisse in SA toegedien en van vandag af kan 18 - 34 jariges hulle ook inent; Gru-busongeluk in die Oos-Kaap eis 30 lewens; Oktober-skoolvakansie in die weegskaal; én vind uit waarom Rammstein by die Paralimpiese Spele gehoor gaan word.


13/08 - “Rooi vlae” oor korrupsie gemis, erken Cyril; Ramptoestand verleng én Winter wys tande
#25
08/13/2021

President Cyril Ramaphosa is met vrae gepeper toe hy die staatskapingskommissie se getuienis afsluit; Nuwe ministers na kabinetskommeling ingehuldig; Oudpresident Jacob Zuma se korrupsiesaak uitgestel weens sy hospitaalopname; Geskorste sekretaris-generaal van die ANC Ace Magashule se korrupsieverhoor óók uitgestel; Ramptoestand tot 15 September verleng; Verslag oor aardverhitting 'kode rooi’ vir mensdom en SA skitter steeds in groen-en-goud.


06/08 - Cyril skommel kabinet; EFF ruk op na Phoenix en ‘Hie Kommie Bokke!’
#24
08/06/2021

President Ramaphosa het Donderdagaand uiteindelik veranderinge aan sy kabinet aangekondig, ek vertel jou wie bly en wie gly; Die politieke ontleder prof. Dirk Kotze sê wat die skuiwe beteken; Sommige dele van Suid-Afrika is oor die kruin van die derde vlaag Covid-19 infeksies, maar die Wes-Kaap is in die oog van die storm; SA se entstofprogram tel stoom op, meer as 8 miljoen landsburgers nou al ingeënt; Die EFF ruk op na die Phoenix-polisiestasie naby Durban na beweerde rassisme tydens verlede maand se onluste; Heldeontvangs in SA vir ons nuwe Olimpiese kampioen en wêreldrekordhouer Tatjana Schoenmaker; én Dis bok teen...


30/07 - Entstowwe vir Afrika!; Ramptoestand in KZN én Schoenmaker is Olimpiese kampioen
#23
07/30/2021

Daar sal genoeg entstowwe vir die land én die vasteland wees, belowe president Cyril Ramaphosa. Kommer oor hospitaalkapasiteit in Wes-Kaap wat binnekort die piek van die derde vlaag gaan bereik; Suid-Afrika tel steeds die skade na die onluste vroeër die maand en KZN kondig ramptoestand af; Taxi-roetes in die Kaap gesluit na voortslepende geweld; Oktober se plaaslike regeringsverkiesings uitgestel oor pandemie; Rassie Erasmus braak gal oor skeidsregters in video; SA spog met nuwe Olimpiese kampioen nadat Tatjana Schoenmaker die wêreldrekord in die 200m-borsslag gebreek het; en Devilsdorp, die dokkie oor Krugersdorp-afspraakmoorde, wyd geloof.


23/07 - Dodetal styg ná onluste, Weermag ingeroep oor Taxi-geweld én Beurtkrag & bibberweer is hier
#22
07/23/2021

Die dodetal na verlede week se onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng het tot 337 gestyg; Die presidensie sê meer van die opstokers wat daaragter sit gaan vasgetrek word; Oudpres. Jacob Zuma se wapenskandaalverhoor uitgestel; Pres. Cyril Ramaphosa se naam op uitgelekte spioenasie-lys; Taxi-oorlog in Kaapstad teiken ander vervoerdienste; Gaan inperkingsmaatreëls Sondag aangepas word?; Oorstromings eis lewens in Europa en Asië én dele van Suid-Afrika sprokiesagtig en betowerend ná swaar sneeuneerslae.


16/07 - Onluste ruk SA; Soldate bring stabiliteit en dié ouer as 35 registreer vir inenting
#21
07/16/2021

Die nuus is hierdie week oorheers deur die gewelddadige oproer en plundery wat dele van Suid-Afrika soos ‘n oorlogsone laat lyk het; Die geweld in KwaZulu-Natal en Gauteng het tientalle lewens geeis en miljarde rand se skade aangerig; Dit lyk egter of daar ‘n mate van stabiliteit is nadat duisende weermaglede ontplooi is; Dan is die land steeds in die derde vlaag van Covid-19-infeksies met meer as 205 000 aktiewe gevalle; Die ouderdomsgroep 35 tot 49 kan van dié week af registreer vir inentings; en in weste van Europa is tientalle dood ná oorstromings.


09/07 - Tronkdeur klap toe agter Zuma; Word Vlak-4 verleng?; én Haïti-president vermoor
#20
07/09/2021

Die tronkdeure van die Escourt-gevangenis het agter oudpresident Jacob Zuma toegeklap, maar hy word eers twee weke in isolasie aangehou; Een van sy grootste ondersteuners, die geskorsde ANC-lid Carl Niehaus, is in hegtenis geneem; Covid-infeksies styg in bykans alle provinsies en dit laat almal wonder of die Vlak 4-inperkingsregulasies ná Sondag verleng word: Ek het die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging daaroor gevra; Nog ‘n kouefront tref die Kaap; Taxi-oorlog eis 7 op een dag in die Kaap; Haïti se president in ‘n sluipmoordaanval doodgeskiet; En laastens…vind uit watter vier kleurvolle karakters onlangs ingeënt is.


02/07 - Tjoekie wag op Zuma; Padblokkades in Gauteng; én Ons buurland ‘brand’
#19
07/02/2021

Die hoogste hof in die land het oudpresident Jacob Zuma 15 maande tronkstraf opelê, nou beplan sy ondersteuners ‘n massa optog; Dieselfde hof bevind president Cyril Ramaphosa het nie die parlement mislei oor sy CR17-veldtog nie; Einde in sig vir staatskapingskommissie se verslag, Entstowwe vir 50-plussers en joernaliste op pad; Padblokkades opgerig om te keer dat mense onnodig in of uit Gauteng, Skole sluit tot 19 Julie; Geweldadige betogings ruk eSwatini; én Hittegolf eis talle lewens in Kanada.


25/06 - Episode 18
#18
06/25/2021

25/06 - Episode 18


18/06 - Vlak 3 vir 3de-vlaag wat hard tref; Onnies kry eersdaags entstof én Steeds g’n teken van ‘Tembisa 10-ling’
#17
06/17/2021

Suid-Afrika skuif na 3 van die inperking soos wat derde vlaag infeksies landwyd hard tref; Besending van 300 000 Johnson & Johnson entstowwe arriveer binnekort vir personeellede in die onderwyssektor; Die regering verkoop 51% van SAL; Zondo-kommissie vra vir nog ‘n uitstel; 3de grootste diamant óóit in Botswana gevind; Zambië se voormalige president sterf; Tembisa-tienling-debakel “laagtepunt” vir SA joernalistiek, sê Sanef én kankerlyer bekoor wêreld met haar nagtegaal stem.


11/06 - Einde van beurtkrag in sig?; SA in 3de vlaag; en TV-legende gegroet
#16
06/11/2021

Beurtkrag tot Fase 4 verhoog die week, maar wysigings aan die Elektrisiteitsreguleringwet bring lig in die kragkrisis-tonnel; Die minister van gesondheid is op spesiale verlof geplaas na Digital Vibes-tenderskandaal; Die instituut van oordraagbare siektes bevestig ons is nou amptelik in die derde vlaag koronavirusinfeksies; Die legendariese aktrise Shaleen Surtie-Richards sterf; én Jessica van Namibië weet nie sy is “regstreeks op tv” nie.


04/06 - SA-ekonomie toon tekens van herstel; Klag teen Mkhize ingedien; Strop trek nouer om Guptas én olifantbul pak bakkie
#15
06/03/2021

President Cyril Ramaphosa sê die ekonomie toon tekens van herstel, hy sê ook dat die ‘Digital Vibes’-skandaal waarby die minister van gesondheid dr. Zweli Mkhize betrek word nie ‘onder die mat’ gevee sal word nie; Gupta-bondgenoot in hof en Interpol gevra om die Guptas te help aankeer; Suid-Afrika is die week in ‘n aangepaste Vlak 2 van die inperking sowel as fase 2 van beurtkrag; Ondersoek bevind Eskom-hoof het nie rassisties opgetree; Dit was ‘n geskree, geskop en gevloek by die Pan-Afrika Parlement se sittings die week; Matrieks se Junie-eksamen geskrap; en bestuurder se noue ontkoming toe olifantbul bakkie pak.


28/05 - Ramaphosa praat binnekort; Hofuitspraak nog ʼn slag vir Zuma; Mej. SA nou oop vir transgender-vroue; én Friends hou reünie op kassie
#14
05/27/2021

Ramaphosa praat binnekort met SA; Mkhize erken Digital Vibes-kontrak was onreëlmatig; Zuma ontken skuld op al die wapentransaksie-aanklagte teen hom; Geskorsde Magashule weer by Zuma in die hof; ANC sê Israelse ambassade moet sluit; Myeni voor Zondo maar eers ná bevel; Beurtkrag is terug; Mej. SA nou oop vir transgender-vroue; én vind uit hoe jy Sondag die 'Friends' reünie-program kan kyk.


21/05 - Fase 2-inentings stadig uit die blokke; Covid-19-toename kniehalter skolesport; én Twee kouefront bring bibberweer (en sneeu!) die naweek
#13
05/20/2021

Fase 2 van die regering se Covid-19-entstofprogram het begin; Daar is kommer oor ‘n styging in nuwe Covid-19 infeksies, dit is ook die rede dat is kontaksport by skole opgeskort is; Dan het oudpresident Jacob Zuma ín die hof en die geskorsde ANC-sekretaris-generaal, Ace Magashule, búite die hof opslae gemaak; Afrikaans as onderrig taal het ook weer in die hof gedraai; Twee kouefronte tref die land en die BBC sê jammer oor dáái Diana-onderhoud.


14/05 - Is 3de Covid-vlaag nou hier, of nie?; Cele sê DNS-krisis hou hom saans wakker; én Israeli-Palestynse konflik op mespunt
#12
05/14/2021

Derde vlaag van pandemie is hier”, sê Zweli - maar sy department sê hokaai: Nog nie helemal nie; Fase 2 van die entstofprogram begin Maandag; Gaan Ace jammer sê dat hy Cyril “geskors” het?; Polisieminister vra om verskoning vir DNS-krisis; Zwane sê vir Zondo hy weet nie Guptas het vir sy vlug betaal nie; Registrasienaweek vir plaaslike verkiesing in Julie; én VN bekommerd oor Israeli-Palestynse konflik, wat op oorlog kan uitloop.


07/05 - Ace geskors, toe 'skors' hy Cyril ook; 2 dood in hospitaalbrand én Suid-Afrika kry sy eie Chuck Norris
#11
05/06/2021

Dit was hoogdrama in die ANC die week, met ‘n oor en weer geskorsery; Die president beantwoord vrae in die Nasionale Vergadering en sê die regering se inentingsporgram is op koers; ‘n Brand eis twee Covid-pasiënte in ‘n Limpopo hospitaal, Gedenkdiens gehou vir Suid-Afrikaner wat in Hawaii deur die polisie doodgeskiet is; Einde in sig vir geblikte leeujag in die land, Storms in Kaap eis lewens; Suid-Afrika spog met sy eie Chuck Norris na skietery in Pretoria én vind uit van watter land Bafana Bafana se nuwe afrigter afkomstig is.


30/04 - Ramaphosa voor Zondo; Covid-19 inenting gratis vir alle SA'ners; en Oscar-eerste vir SA
#10
04/29/2021

Pres. Cyril Ramaphosa lewer getuienis voor die Zondo-kommissie, en 'n ontleder sê waarom dit belangrik is; Die vervreemde vrou van minister Malusi Gigaba verskyn ook voor kommissie; Brittanje stel sanksies teen Guptas en 18 ander korruptes in; Kubaanse ingenieurs ingevoer om SA se waterkrisis op te los; Mango se vlugte tydelik gestaak oor skuld; Johnson en Johnson inentings hervat in SA - en sal gratis wees vir alle landsburger; En die plaaslike dokumentêre rolprent, My Octopus Teacher, wen Oscar.


23/04 - SA gaan wél vanjaar plaaslike verkiesing hou; Verwoestende brand ruk Kaapstad; en J&J-entstof kry weer groenlig
#9
04/22/2021

Suid-Afrikaners gaan 27 Oktober stembus toe vir die plaaslike verkiesing; Verwoestende brand veroorsaak groot skade in Kaapstad; Zuma se regsverteenwoordigers gooi die handdoek in; Die Johnson & Johnson-entstof gaan weer in Suid-Afrika toegedien word, nadat dit tydelik opgeskort is; en in die VSA is die oudpolisieman Derek Chauvin skuldig bevind aan die moord op George Floyd.


16/04 - Gebruik van J&J-entstof tydelik opgeskort; Tiener in boelie-video neem eie lewe; Ace drink ook tee by Nkandla en Brittanje se ysterprins gegroet
#8
04/15/2021

Die toediening van die Johnson & Johnson-entstof in Suid-Afrika is tydelik opgeskort ná enkele gevalle van bloedklonte in die VSA; Graad 10-leerling van Limpopo neem haar eie lewe na opspraakwekkende boelievideo wat wyd versprei is; Die Wes-Kaapse LUR Bonginkosi Madikizela geskors terwyl die DA sy tersiêre kwalifikasie ondersoek; ANC voorsitter Gwede Mantashe voor Zondo-kommissie die week; maar oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou Norma Mngoma nie; Ace Magashule konsulteer met oudpres. Jacob Zuma by sy woning in Nkandla; én Brittanje se Prins Philip word Saterdag begrawe.


09/04 - Paasnaweek-padsterftes bekend; Brandstof duurste nog ooit in SA; Kwesbares dalk van volgende maand ingeënt, én Streek gryp in na Mosambiek-bloedbad
04/08/2021

Volgens amptelike syfers is 235 mense tydens Paasnaweek op die land se paaie dood, baie van hulle voetgangers; Die brandstofprys het ook skerp gestyg die week, soveel so dat landsburgers nou die meeste ooit vir brandstof in Suid-Afrika betaal; Dis alweer die Ramaphosa-groep teen die Magashule-kamp; Dan in Covid-19 nuus het die minister van gesondheid bevestig dat die tweede fase van die regering se intengprogram volgende maand begin; In Mosambiek het die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap vergader oor die terreur in noorde van daardie land; en laastens getuig oudminister Malusi Gigaba se vervreemde vrou glo voor Zondo-kommissie.


02/04 - Paasnaweek-drankreëls veroorsaak verwarring; Bloedbad in ons buurland; Drama by die SAUK; én Duurste brandstofprys nóg in SA kom
04/01/2021

Inperkingsregulasies aangepas vir Paasnaweek: Strenger regulasies rondom alkohol geld tot Maandag, maar regulasies oor samekomste verslap; Fase 2 van die land se intentingsprogram glo op koers om Mei te begin; Die ANC se sekretaris-generaal Ace Magashule loop op dun ys na die party se NUK vergader; Die Islamitiese staat aanvaar verantwoordelikheid vir die terreuraanval in Mosambiek: Ek vra ‘n kenner of die streek moet bekommerd wees; Meer as 600 SAUK-werknemers verloor hulle werk nadat die openbare uitsaaier sy afleggingsproses afhandel; legendariese SAUK-nuusleser Noxolo Grootboom groet die kassie; én Die skerpste brandstofprysstyg in jare kom, so maak jou motor voor Woensdag vol!


26/03 - Kom ‘n Paastyd-inperking?, ‘Shut up’, hoor Zondo én nuwe onteieningswet by laaste hekkie
03/25/2021

Almal wil weet, gaan ons na ‘n strenger inperkingsvlak skuif voor Paasnaweek, en wat gaan dit behels; Dit was ‘n besige week by die Zondo-kommissie, daar is iets gesê wat adjunkhoofregter Raymond Zondo “nog nooit voorheen in ‘n hof of kommissie gehoor het nie”; Grondkenner prof. Elmien du Plessis vertel ons waar die proses tans is met die onteieningswetsontwerp, sy sê SA sal dalk al teen Mei weet of die Grondwet aangepas gaan word om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak, Die minister van hoër onderwys Blade Nzimande sê studentebetogings maak hulle “angstig”; én die brandstofprys gaan glo skerp styg volgende week...


19/03 - Eskom hou SA (steeds) in donker, studentebetogings kring uit én Hamba kahle koning Goodwill Zwelithini
03/18/2021

Fase 2, toe Fase 1, toe vir ‘n paar uur ‘Fase 0’ en toe terug na Fase 2: Wat op dees aarde gaan aan by Eskom?; Studentebetogings teen finansiële uitsluiting dwing kampusse tot stilstand; SA groet Zoeloekoning Goodwill Zwelithini; Tanzanië kry eerste vroue president ná John Magufuli se afsterwe; Hoe ver is die derde Covid-vlaag?; Én verdagte wat agt in VSA spa’s doodskiet aangekla.


12/03 - Dis weer Zuma teen Zondo, betoging by Wits en beurtkrag is terug
03/12/2021

Dit was ‘n besige nuusweek daarom bring die joernalis Mia Spies jou soos elke Vrydag op hoogte van alles wat jy behoort te weet met die weeklikse Nuus met Spies-potsending: ANC se top-6 leiers vergader met Zuma, Omstander dood tydens Wits-betoging en Beurtkrag is terug.


05/03 - Lê die derde Covid-19-vlaag en wag, en is beamptes in booswigte se visier?
03/04/2021

Suid-Afrika het Sondag om middernag na Vlak 1 van die inperking geskuif, maar kenners meen die derde Covid-19-vlaag kan al rondom paasnaweek verwag word; Sewe polisiebeamptes is die laaste twee weke in SA vermoor, Eskom is weer in die soeklig by die Zondo-kommissie; Bloedbad in Mianmar en die Sussexe se eksklusiewe onderhoud Maandag in SA.


26/02 - Het Covid Jan Taks geknou en weet jy waar Gqeberha is?
02/25/2021

Dit was ‘n besige nuusweek in Suid-Afrika daarom bring die joernalis Mia Spies jou soos elke Vrydag op hoogte van alles wat jy behoort te weet met die weeklikse Nuus met Spies-potsending.