Taalgenoot Klankbaan

4 Episodes
Subscribe

By: Jaco van der Merwe & Angie Gallagher

Taalgenoot Klankbaan is ’n oudio-uitbreiding van die ATKV se kwartaallikse tydskrif, Taalgenoot. Taalgenoot bied soveel meer as die tradisionele nistydskrif: boeiende, interessante stories en artikels oor die Afrikaanse taal, kultuur en leefstyl. Taalgenoot is vir jonk en oud; vir mense wat in Afrikaans leef, liefhet en werk. Die podsending word aangebied deur Angie Gallagher en Jaco van der Merwe.

Janke Mostert (van Dierbaar)
#4
Today at 8:34 PM

Angie & Jaco het opgevang met Janke Mostert, sangeres en liedjieskrywer van die band Dierbaar, by Rosemary Hill Farm in Gauteng, waar Janke besig was met 'n artist residency. Hierdie is 'n tydlose gesprek oor kreatiwiteit en menswees, en Janke sing ook 'n handvol liedjies wat tussen die geselsery gehoor kan word.


Lynthia Julius
#3
12/12/2025

Lynthia Julius lees haar gedigte vir 'n live audience by Railways Cafe, en dan gesels sy met Angie en Jaco direk na die show by 'n gastehuis in Irene, en weer met Angie die volgende oggend op pad terug lughawe toe. Die warrelwind van 'n ervaring is vasgevang in hierdie podsending, en daar's 'n hele paar quotable quotes in hierdie gesprek wat jy heel moontlik nooit sal vergeet nie...


'n Klapgeveg in Benoni
#2
10/21/2025

Angie, Jaco en Anika gaan kuier by ’n Punisher Slap Fight-byeenkoms in Benoni. Die klappe het behoorlik gereën, en ons was daar om met ’n paar van die klappers te gesels. Ná die tyd deel ons ook ’n paar filosofiese gedagtes oor die ervaring.


Charl du Plessis
#1
07/27/2025

'n Gesprek tussen Angie, Jaco en bekroonde musikant Charl du Plessis, langs Charl se klavier. Stories, musiek, herinneringe.