Kosmos 94.1

40 Episodes
Subscribe

By: Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. The...

Op'ie Kantlyn, 12 Desember 2025
Today at 5:33 PM

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sĂȘ jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.


Die dag wat was, 12 Desember 2025
Today at 5:10 PM

Jou dag se nuusstories, in 'n neutedop.


Die 18:00 nuus
Today at 4:06 PM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Ry versigtig op nat paaie, maan MVA
Today at 3:14 PM

Terwyl swaar reën deur 'n groot deel van die land voortduur, doen die Motorvoertuig Ongelukkefonds 'n beroep op motoriste om ekstra versigtig op die paaie te wees. Die fonds waarsku dat nat, gladde oppervlaktes en stygende watervlakke gevaarlike rytoestande skep, veral naby waterdeurdrenkte gebiede en rivierkruisings. Motoriste word daaraan herinner om nooit deur vloeiende water te ry nie, maak nie saak hoe vlak dit lyk nie. Fondswoordvoerder John Haufiku het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:


Een dood, vele vasgekeer toe KZN-tempel ineenstort
Today at 3:11 PM

Een persoon is dood, en verskeie ander is vasgekeer nadat 'n vierverdiepingtempel wat in aanbou is in Redcliffe, noord van Durban, KwaZulu-Natal, ineengestort het. Die presiese aantal mense wat vasgekeer is, is onbekend. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Senzelwe Mzila, sĂȘ rampbestuur en gespesialiseerde reddingspanne is op die terrein, om die beseerdes te help en persone wat onder die puin vasgekeer is, te bevry:


Die hoofnuus om 17:00, 12 Desember 2025
Today at 3:08 PM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Petrofund stel talentdatabasis bekend vir olie en gas
Today at 2:27 PM

Daar is 'n nuwe hupstoot vir Namibiërs wat die petroleumsektor wil betree. Petrofund het PetroConnect bekendgestel, 'n moderne CV- en talentdatabasis wat plaaslike professionele persone met geleenthede in die olie- en gasbedryf verbind. Die platform, wat nou op Petrofund se webwerf beskikbaar is, is daarop gemik om plaaslike inhoudontwikkeling te versnel en die land se groeiende vaardigheidsgaping te oorbrug. Petrofund-woordvoerder Shoki Kandjimi:


Die 16:00 nuus
Today at 2:25 PM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Dis kleinboere wat rooshout, kiaat uitroei - ekoloog
Today at 2:04 PM

Kommer word uitgespreek oor 'n kennisgewing oor 'n aansoek vir 'n omgewingsklaringsertifikaat vir die oes van rooshout en kiaat op kleinskaalse plase in die Kavango Oos-streek. Die onwettige oes van die bome is gereeld in die nuus. Belanghebbendes kan registreer en kommentaar lewer teen Vrydag, 12 Desember. Die konsultant is Savannah Environmental Consultants Services en die proponent is Nondunge Brands and Investment. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham gepraat wat sĂȘ die eintlike probleem lĂȘ by boere wat die bome uitroei.


Lucas Muha herverkies as Nasionale Raad-voorsitter
Today at 2:03 PM

Lucas Muha is terug aan die stuur van sake by die Nasionale Raad, en sal die sewende raad lei nadat hy ook die sesde voorsitter was. Elke streek word verteenwoordig deur drie raadslede, verkies in die streeks- en plaaslike owerheidsverkiesings in November. Swapo se Emma Muteka tree in as adjunkvoorsitter en volg Victoria Kauma op. Muha belowe om met deursigtigheid en integriteit te lei.


Williston kry droogtehulp van Saai, AfriForum
Today at 1:17 PM

Williston in die Boesmanland-streek van die Noord-Kaap, worstel steeds met 'n erge droogte, terwyl swaar reën oor dele van Suid-Afrika geval het. AfriForum en Saai het 12-ton voer aangekoop om die boere te help. Tarien Cook van AfriForum bepleit regeringsingryping en openbare steun, en waarsku plase, gemeenskappe, skole en inkomste kan sonder noodhulp in 'n ernstige maatskaplik-ekonomiese krisis gedompel word:


NNN prys Nasionale Jeugdiens se programme
Today at 1:17 PM

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het vanoggend die 16de Nasionale Jeugdiens se uitpasseringsparade by die Rietfontien-opleidingsentrum in Grootfontein gelei. Altesaam 1 036 leerlinge sal van basiese opleiding na die volgende fases van die Nasionale Jeugdiens se driefaseprogram oorgaan en voorberei om hul gemeenskappe te dien. Nandi-Ndaitwah het die werk wat deur die program gedoen word, geprys.


Die 15:00 nuus
Today at 1:11 PM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Die 14:00 nuus
Today at 12:24 PM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


OR Tambo-grensbeheer onderskep Ethiopiërs, Bangladesjis
Today at 12:05 PM

Die Grensbestuursowerheid het hierdie week twee belangrike onderskeppings by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gemaak. In die eerste voorval is 14 Ethiopiese burgers met aankoms onderskep, nadat 'n ontleding van passasierbesonderhede hul bewegingspatroon as verdag uitgewys het. Die owerheid se woordvoerder, Mmemme Mogotsi, sĂȘ in nog 'n voorval is 16 mans van Bangladesj ook onderskep nadat hulle Donderdag by die lughawe aangekom het:


Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop word werklikheid
Today at 12:05 PM

Die Namibiese Afrika-Millimeter-teleskoop beweeg van visie na werklikheid, gelei deur projekleiers professor Michael Backes, ZandrĂ© Duvenhage, dr. Marc Klein Wolt en John Pallett. Die projek op die plaas Göllschau, sowat 120km wes van Windhoek, langs die gevestigde HESS-sterrewag, het 'n kritieke fase betree. Die omgewingsassesseringsproses is nou in sy omvangsfase. Die teleskoop sal 'n 14-meter-skottel hĂȘ en as 'n enkelskottel-instrument funksioneer. Dit sal deel wees van die wĂȘreldwye Event Horizon-teleskoopnetwerk, om 'n virtuele Aarde-grootte teleskoop te vorm. Kosmos 94.1 Nuus se Francois Lottering is op die terrein en het met Duvenhage gepraat, wat die opwindende projek verduidelik.


Die hoofnuus om 13:00
Today at 11:05 AM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Voorstel oor SA se minimumloon verwelkom
Today at 10:38 AM

Die vakverbond Cosatu verwelkom die voorstel dat die nasionale minimum loon volgende jaar met 1,5-persent bo die inflasiekoers styg. Dit sal beteken dat die huidige 28 Suid-Afrikaanse rand en 79-sent per uur in 2026 die 30 rand-kerf verbysteek. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sĂȘ die verhoging sal verligting bring vir 5,5-miljoen werkers in die landbou-, konstruksie-, kleinhandel en skoonmaak-sektore wat die minimum loon verdien:


Almal moet tafel toe kom vir werklike sekuriteitswaarborg vir OekraĂŻne
Today at 10:37 AM

President Volodymyr Zelensky het aanlyn met leiers in die EU en Brittanje vergader. Dit kom na president Donald Trump sekuriteitswaarborge beloof het as ‘n ooreenkoms vir vrede onderteken kan word. Daar is eise vir ‘n verkiesing in die OekraĂŻne en Zelensky en die EU werk aan ‘n aanpassing van die Amerikaanse plan. Zelensky sĂȘ almal moet tafel toe kom.


Wenke vir veilige swempraktyke die vakansie
Today at 10:11 AM

Na die tragiese verdrinking van paramedikus Brian Low Donderdagmiddag terwyl hy gepoog het om drie swemmers by te staan, word hernude pleidooie gebring aan vakansiegangers om by veilige swempunte te swem. Mede-eienaar van Code Red Medical Services aan die kus, Aubrey Oosthuizen, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.


Savanna vorder, sal '26 EU-uitvoere begin
Today at 10:10 AM

Dinge vorder uiters goed by Savanna Beef en tussen 12 en 15 November het die maatskappy die streeks-SAOG-slagting-ouditinspeksie suksesvol deurgesien. Hierdie oudit is noodsaaklik, aangesien dit die verpligte eerste stap vorm om te kwalifiseer vir die volledige EU-uitvoerstatusoudit en uiteindelik goedgekeurde EU-notering. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die hoof uitvoerende beampte van Savannah Beef Processors gepraat wat sĂȘ hulle wil graag vroeg teen volgende jaar na die EU uitvoer.


Savanna vorder, sal '26 EU-uitvoere begin
Today at 10:10 AM

Kry die nuus soos dit breek.


NSX beleef goeie jaar, vertoon veerkragtig
Today at 10:09 AM

Die jaar 2025 was positief vir NamibiĂ« se aandelemark. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus het die uitvoerende hoof van die Namibiese Sekuriteitebeurs, Tiaan Bazuin, gesĂȘ die Namibiese mark bly positief, met die sekuriteitebeurs wat agtste in die top 10 Afrikalande met die grootste aandelemark-handelsvolumes in 2025 is. Die beurs spog met 'n markkapitalisasie van ongeveer 2 triljoen Namibiese dollar, wat dit 'n beduidende finansiĂ«le instelling in Suider-Afrika maak.


Die 12:00 nuus op 12 Desember
Today at 10:06 AM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Nampol se stelsel vir gedragsertifikate is aflyn
Today at 9:13 AM

Nampol sĂȘ sy kriminele rekordstelsel is tans landswyd nie aanlyn nie en dus, kan die polisie nie die publiek bystaan met gedragsertifikate nie. Die sertifikaat word algemeen vereis vir werksaansoeke, visumaansoeke om in die buiteland te werk of te studeer, of ander amptelike doeleindes om te bewys dat 'n persoon geen kriminele rekord het nie. Nampol-woordvoerder, adjunkkommissaris Kauna Shikwambi, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:


Kommer oor amper 80 000 werksverliese in SA
Today at 9:12 AM

Die vakbondfederasie, Saftu, sĂȘ die land se ekonomie staan nie net stil nie, dis struktureel nie in staat om selfs Ɖ deel van die jaarlikse toetreders tot die arbeidsmag te hanteer nie. Volgens die September 2025-verslag oor kwartaallikse indiensneming en vergoeding, het indiensneming in die formele sektor op Ɖ jaargrondslag met 79 000 werksgeleenthede afgeneem. Saftu-woordvoerder Asive Dyani sĂȘ dis kommerwekkend dat afleggings in talle bedrywe plaasgevind het:


Die 11:00 nuus
Today at 9:03 AM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Die nuus om 10:00
Today at 8:02 AM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


VK se griep-epidemie: Mense wil nie ent nie
Today at 8:01 AM

Die Britse-gesondheidsdiens, die NHS, sĂȘ dat hy die ergste scenario in die gesig staar nadat die aantal mense in die hospitaal met griep met 55 persent in 'n week gestyg het. Die uitbreking is normale seisoenale griep en nie Covid nie. Huisdokter, Raj Arora, sĂȘ aan Britse media mense is huiwerig om ingeĂ«nt te word.


Vlakke van armoede daal in SA
Today at 8:00 AM

Die regering het die jongste verslag van Statistieke Suid-Afrika oor armoedesyfers in die land verwelkom. Dit wys 'n merkbare afname in armoedevlakke oor die afgelope 17 jaar. Volgens die verslag het die persentasie Suid-Afrikaners wat onder die laagste armoedelyn leef met 1 300 Suid-Afrikaanse rand per persoon per maand met pryse van 2023, met 37,9 persent in 2023 gedaal het. Die woordvoerder van die regering, William Baloyi, sĂȘ hoewel die vordering bemoedigend is, is dit nog nie genoeg nie:


NamRA eis handelaar se ID-nommer teen April
Today at 7:06 AM

Alle invoerders, uitvoerders, verrekenings- en versendingsagente, pakhuisoperateurs, skeepsrederye en die algemene handelsgemeenskap sal verplig word om 'n handelaarsidentifikasienommer te gebruik vir alle doeaneverwante transaksies. NamRA woordvoerder Steven Ndorokaze het aan Kosmos 94.1 Nuus gesĂȘ dit word gedoen om nakoming te verseker en te help om NamibiĂ« teen doeanebedrog, smokkelary en onderverklaring te beskerm.


Die 09:00 nuus
Today at 7:05 AM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


EFF sĂȘ sy lede moet stembus toe stroom in '26 se stemmery
Today at 7:05 AM

Die EFF doen 'n beroep op sy lede om voor te berei vir 'n oorlog in volgende jaar se plaaslike regeringverkiesing, wat daarop gemik is om beheer oor munisipaliteite terug te eis van korrupte en ondoeltreffende amptenare. Die leier van die EFF, Julius Malema het aan die media gesĂȘ die komende verkiesing sal 'n beslissende stryd wees om dienslewering terug te neem, bestuur te versterk en mislukte koalisieadministrasies in sleutelmetros te onttroon:


Ojtomuise-bib doen goed met rekenaars, internet
Today at 6:17 AM

Die Kommunikasie-reguleringsowerheid van Namibië, Cran, het in Junie 2024 rekenaartoerusting en digitale dienste aan die Khomasdal Rössing-biblioteek en die Otjomuise-gemeenskapsbiblioteek geskenk om universele toegang tot inligting en digitale dienste te bevorder. Dit het ontvangers vir 'n tydperk van 24 maande toegerus met rekenaars en toegang tot gratis internet. Cran het die biblioteke besoek om die impak op die twee gemeenskappe te bepaal. Ella-Betty Chapoto, Cran se praktisyn vir verbruikersverhoudinge en voorspraak, gee meer inligting.


Gwarube se ondersoek na uitgelekte vraestelle verwelkom
Today at 6:16 AM

AfriForum verwelkom die minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwarube, se vinnige ondersoek nadat sewe matriekeksamen-vraestelle by sewe skole in Pretoria uitgelek het. Die organisasie doen 'n beroep vir die strengste moontlike strawwe teen diegene wat verantwoordelik is. Twee amptenare van die departement is sedertdien geskors. Alana Bailey van AfriForum sĂȘ sulke bedrog is onaanvaarbaar en vra ernstige gevolge vir diegene wat hul vertrouensposisies misbruik:


Die 08:00 nuus
Today at 6:05 AM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.


Windhoek, Walvis-lughawens voldoen aan internasionale vereistes
Today at 5:17 AM

Die Namibiese Burgerlugvaartowerheid het onlangs 'n sertifikaat aan die Namibiese Lughawensmaatskappy oorhandig om te bevestig dat die Hosea Kutako Internasionale Lughawe en die Walvisbaai Internasionale Lughawe steeds voldoen aan internasionale vereistes veiligheids- en sekuriteitsvereistes. Hersertifisering van vliegvelde is 'n streng en omvattende proses wat aansienlike belegging in infrastruktuur noodsaak. Kosmos 94.1 Nuus het met Dan Kamati , die woordvoerder van die Lughawensmaatskappy, gepraat.


2026 se stemmery sal toets vir ANC wees
Today at 5:17 AM

ANC-president Cyril Ramaphosa sĂȘ die 2026 munisipale verkiesing sal Ɖ belangrike toets wees om te bepaal tot watter mate die party daarin geslaag het om die kieserskorps se ondersteuning en vertroue te hernu. Hy het gisteraand die slotrede gelewer by die vyfde Nasionale Algemene Raad in Boksburg, Gauteng. Ramaphosa sĂȘ om te wen, moet die ANC die mees toegewyde, eerlike en bevoegde kandidate benoem:


Holtzhausen onderneem in2026 demensie-bewusmakingveldtog
Today at 5:14 AM

Berrie Holthauzen, demensie lyer en aktivis, gaan volgende jaar op 'n landwye toer om bewusmaking oor die siekte aan te wakker. Holthauzen is in 2020 met die siekte gediagnoseer en het sedertdien so goed as moontlik 'n normale lewe probeer lei. Holthauzen is ook die stigter van Alzheimer Dementia Namibia. Hy gee meer inligting oor die veldtog.


Die bulletin om 07:00
Today at 5:06 AM

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.