Van die spoor af

10 Episodes
Subscribe

By: Lelanie du Preez

Van die Spoor Af is ‘n podcast, ‘n youtube channel en ‘n joernaalprogram met vriendskap, filosofie, vreugde en opregtheid as sentrale temas. JW en Lelanie opper hulle menings oor verskeie Onderwerpe soos dit aan hulle voorgelê word deur kunsmatige intelligensie, oftewel artificial intelligenceVan die Spoor Af is die eerste Afrikaanse podcast ter wêreld wat aan die hand van K.I. vervaardig word.

Oopkyktyk
#7
04/08/2024

Kuns, invloedrykes en modegiere. JW en Lelanie lewer hulle mening oor die sikluse aard van die heelal en die feit dat niks nuut is nie. Dit terwyl daar blinkertjies op hulle lippe is.


Tussen Vloere en Bestemmings
#6
03/11/2024

Na 'n lekker lang vakansie ontmoet JW en Lelanie mekaar vir 'n koppie Seattle koffie in ongevalle by die Hospitaal 'Stray-Grown Memorial'. Hulle delf diep in die emotionele en filosofiese kant van vriendskap, afskeid, ondersteuning en die skoene wat Meredith in seisoen 1 gedra het.


Net jy kry 'n mug.
#5
12/04/2023

In die laaste episode voor Kersfees, verras JW en Lelanie hulle gehoor met geskenke eg aan die chaos wat net Van Die Spoor af kan opdis. Lelanie delf diep in die sportspel van "The Bachelor" en JW lees die eerste hoofstuk van Jwanie se nuwe boek. Maar wag tot die einde om te sien watse verrassing Jwanie vir JW en Lelanie weggesteek het.


Sink of swem?
#4
11/20/2023

Kampvuurpraatjies oor realiteitsprogramme en natuurverskynsels lei na die onvermydelike kronkelpadjies waarin JW en Lelanie telkens afdraai. Dit dwing Jwanie om in te gryp en die onderwerp te verander met 'n fiktiewe teks wat voorgelees word asof dié twee weer oudisie vir Survivor en FliekNet Foendies.


Late Night met JW en Lelanie
#3
11/14/2023

Episode 3 is die tipe laatnagvermaak waarvan JW en Lelanie nog altyd droom - 'n Talk Show! Jwanie verras die twee met 'n verskeidenheid insetsels, geïnspireer deur hulle gunsteling programme. Hulle verwelkom ook vir die eerste keer 'n LIVE Studio Audience!


Net 'n teorie
#2
10/23/2023

Dis dou voor dag en JW en Lelanie is voor die lens. Die twee probeer hul heel bes om, in opdrag van hulle vervaardiger, so vroeg gefokus te wees terwyl hulle 90's cartoons en hulle daaglikse roetines bespreek. Kwantum meganika, allelopatie, sekondêre metaboliete en 'n splinternuwe instagram account.


A lil' bit Jwanie
#1
10/09/2023

Met die loods van Reeks 4, word JW en Lelanie met 'n nuwe karakter gekonfronteer, wat dinge effens meer gestruktureer laat geskied. Hulle herhinner mekaar aan die oorsprong van @vandiespooraf, maar in getroue opregtheid, bly hulle steeds wie hulle is.

Spesiale bedanking aan FKN MAN Podcast vir die gebruik van sy PodMics

https://www.instagram.com/fknman_official


Seisoen 4 - Ons is op die podium
10/02/2023

Voor Reeks 4 van @vandiespooraf loods, deel JW en Lelanie hulle opwinding oor die nuwe formaat en lewer hulle insigte oor dié nuwe trajek 🚂 🚀


Die begin van 'n nuwe avontuur
#14
07/10/2023

In die laaste episode van die derde reeks bespreek JW en Lelanie die toekoms van die podcast, die nuwe normaal na covid, Wes Anderson se ikoniese styl en nog vele meer!


Trouvideos, alweer
#13
07/03/2023

Nadat Lelanie 'n trou video klaar gemaak het bespreek die vriende weer die ins and outs van trou videos, hoekom Lelanie dit nog doen en JW deel insig oor hoekom hy van haar werk hou.